welkom by fresh kerk namibië

NES jy is. waar jy is.

fresh

WIE IS ONS

Lees gerus ons storie, leer ken ons span en sien wie is ons leiers.

freshSESSIES

Ons bied weekliks vir jou sessies aan wat jy saam jou kleingroep kan deurwerk.

freshLEEF

Raak betrokke by verskillende bedieninge. Ons glo elkeen het ‘n God-gegewe gawe ontvang en ons het jou nodig.

freshWERK

Ons bedien weekliks by ‘n aantal besighede.  Ons kan ook by jou besigheid betrokke raak.

freshLIVE

Geniet die diens saam ons waar jy ookal is of kry die sessies van die week na afloop van die preek.

wie is ons

WIE IS ONS


Ons is ‘n kreatiewe span wat opgewonde is om die evangelie met jou te deel!

Fresh het begin om naas die bestaande NG Kerk bedienings ‘n netwerk in plek te stel wat mense op nie-tradisionele en kreatiewe maniere met die evangelie kon bedien.  Dit het tot gevolg dat ons tans ‘n groot aantal besighede en skole weekliks bedien en bestaande gemeentes ondersteun met ‘n vars aanslag op kerkwees.  Hiermee saam het ons ook op Sondae twee unieke bedieningspunte ontwikkel – ‘n oggenddiens vir gesinne en aandKerk vir jong volwassenes.

Fresh se bedienaars het almal teologiese opleiding ontvang en dit is ons passie om te investeer in die ontwikkeling van plaaslike studente om toegerus te wees met die nodige kennis, maar ook praktiese vaardighede wat daagliks in die bediening nodig is. 

Ons glo dat alhoewel God se waarheid en die beginsels van kerkwees vas staan, die konstante verandering van ons samelewing vra vir nuwe, vars en kreatiewe maniere van kerkwees.  Fresh Namibië speel ‘n belangrike rol om die brug en skakel tussen gemeentes en die gemeenskap te wees en mense weer opgewonde oor die kerk en evangelie te maak.  

DIENS TYE

DIENS TYE

FRESHKERK – 09:00

(vir gesinne)

  • Poppekas
  • Sondagskool vir Gr 1-6 tydens die diens.
  • Koffie en kuier voor en na die diens.

AANDKERK – 18:30

(vir die jonk van gees)

  • Lekker praise en worship.
  • Koffie en kuier voor en na die diens.

KALENDER

KALENDER