aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

Sessies

Geloof sonder dade is dood

Screenshot 2019 12 01 at 3.45.33 PM

Lees hierdie teks saam as groep

Lees dit vers vir vers - wat staan vir jou uit in elke vers?

Screenshot 2019 12 01 at 3.45.42 PM

In die 1ste wêreld oorlog was daar 'n soldaat wat wou "awol" - hy het dit toe ook een donkermaan aand gedoen. Hy het die loopgraaf verlaat en die pad na die kus geneem. Hy was afkomstig van Engeland en wou aan die kus van Italië waar hy gebaseer was 'n boot vat terug na Engeland. Dit was so donker dat hy nie eens sy eie hand kon sien voor sy gesig nie.

Oppad moes hy 'n padbord uitklim om sy weg te kan vind en te sien waar hy op daardie stadium is, en steek toe 'n vuurhoutjie aan om te kan sien. Tot sy verbasing sien hy toe die bord is een van Jesus aan die kruis met die volgende woorde: "Keep your faith active."

Screenshot 2019 12 01 at 8.56.50 PM

Met die woorde het die soldaat besef - hy kan nie glo in Jesus Christus en dit nie aktief uitleef nie.

Hy is dieselfde aand terug na sy mede-soldate in die loofgraaf en hy het sy volle termyn gedien in die weermag.

Wanneer ons Jakobus 2:26 lees word dit bevestig - 'n Geloof wat nie oorgaan in dade is dood!

Lees die volgende stuk teks:

Screenshot 2019 12 01 at 4.11.33 PM

Wat staan vir jou uit in hierdie vers?

Hoekom is dade so belangrik?

Screenshot 2019 12 01 at 8.46.57 PM

 Lees weer Romeine 13:11-14.

Wanneer die temas van 'tyd' en 'dag van die Here' in die Bybel voorkom, verwys dit na die koms van God.

Wat behels dit om te slaap of om net in stand te hou?

Hierdie is belangrik in terme van ons manier hoe ons "wakker" en aangeskakel is om dade te doen vir Jesus.

Hierdie dade kan nie soos die wêreld s'n lyk nie, want geloofsdade getuig van 'n lewende verhouding met Jesus.

Hoe lyk jou geloofsdade tans?

Screenshot 2019 12 01 at 8.50.25 PM

Waaraan spandeer jy tans baie tyd wat jy eerder op ander geestelike aspekte kan spandeer?

Om tyd uit te koop behels om tyd op 'n Goddelike manier te spandeer - waaraan moet jy meer tyd spandeer?

Screenshot 2019 12 01 at 8.52.41 PM

Een van die belangrikste aspekte van deelwees van die gemeenskap van gelowiges is dat elkeen 'n aktiewe rol het om te speel in die area waar God jou gebruik om mense te bedien.

Die hartseer is wanneer mense nie met passie en dryf hulle deel doen nie.

Beskryf 'n situasie waar mense net sloer en slaap, eerder as om aktief die evangelie te bevorder?

Hoe kan dit verander word?

Lees die volgende stuk teks:

Screenshot 2019 12 01 at 8.55.00 PM

Wat staan vir jou uit aan hierdie geestelike klere? 

God het ons geskep om te werk, in watter area van jou lewe moet jy jou geestelike wapenrusting aantrek en aktief begin gebruik?

Screenshot 2019 12 01 at 8.56.44 PM

Hierdie aktief tyd uitkoop en die meeste maak van elke geleentheid behels om in die eeue oue "coram deo" te wandel.

Om soos Genesis 17:1 "naby aan die Here te leef in opregtheid".

Mag jy opnuut besef - Christus se lewe was een van oorgawe.

Mag jy opnuut versterk word om aktief elke oomblik van jou lewe vir die Here te lewe!

Screenshot 2019 12 01 at 8.56.57 PM

Bid saam

 

Is Jesus jou alles of is Jesus eerste

Screenshot 2019 11 24 at 3.36.19 PM

As jy dink aan die jaar 2019 wat amper verby is wat was jou hoogte- en laagtepunte?

Wat gebruik jy as kriteria om prestasies te bepaal?

Baie mense koppel prestasie aan geld of status.

Wat behels 'n Goddelike prestasie?

Screenshot 2019 11 24 at 3.36.26 PM

Die gemeente in Kolosse het hulle prestasie gekoppel aan aardse dinge, wat nie altyd verkeerd is nie, maar as dit die enigste faktor is het jy 'n probleem.

Hulle was onder die indruk dat net geheime kennis en seremonies jou toegang na God en redding gee.

Hulle het dubbel standaarde gehad, Paulus skryf vir hulle die volgende:

Lees Kolossense 1:11-20

Screenshot 2019 11 24 at 3.36.32 PM

Hierdie is 'n baie besonderse stuk teks wat die kern van Jesus se wese baie mooi omskryf.

Wat staan vir jou uit in hierdie stuk teks?

Watter aspekte gee vir jou dadelik die kern boodskap -

"Jesus moet jou alles wees"?

Watter verse gee vir jou die kern boodskap -

"Jesus bepaal jou waarde"?

Screenshot 2019 11 24 at 3.59.27 PM

Wat dink jy bepaal jou waarde tans?

Hierdie gedeelte herinner ons opnuut dat ons elkeen se waarde deur Jesus Christus bepaal word!

Die harde realiteit is Jesus wil ons middel punt wees.

Kyk die volgende clip (click op die rooi)

Jesus be my centre 

Wat is tans die middel punt wat jy jaag om te presteer?

Wat is daar tans in jou lewe wat jy moet herevalueer? 

Lees Lukas 1:28-33

Screenshot 2019 11 24 at 4.06.45 PM

God ontmoet Maria en deel Sy Goddelike plan met haar, haar reaksie is een van "Laat met my gebeur wat U wil behels"

Wanneer laas het jy vir die Here gesê "Here laat U die middelpunt van my lewe wees. Vul my met kennis van U."

Lees weer Kolossense 1:11-20

Wat staan vir jou uit in hierdie gedeelte?

Wanneer jy dink aan jou menswees tans en jou afgelope jaar - wat is tans eerste in jou lewe?

Screenshot 2019 11 24 at 4.13.04 PM

Wanneer jy jouself bevind in daai plek wat jou jaar nie "great" was nie.

Mag jy opnuut besef "Wanneer ek niks het is God steeds genoeg"

 Lees die volgende teks:

Screenshot 2019 11 24 at 4.12.55 PM

 Wat staan vir jou uit in hierdie teks?

Die Griekse woord vir ken is "kinooskoo" - intieme kennis.

Mag jy ook opnuut die keuse maak om Jesus so te ken en Hom die middelpunt van jou lewe te maak.

Screenshot 2019 11 24 at 4.17.17 PM

Bid saam en maak die volgende teks gedeelte deel van jou gebed:

Screenshot 2019 11 24 at 4.25.09 PM

Lig jou game

Screenshot 2019 11 17 at 8.31.20 PM

Wanneer jy dink aan die briewe van Tessalonisense watter gedagtes kom by jou op?

Die kern van die eerste brief behels dat die dag van die Here is baie naby

Die tweede brief behels om aan te hou om goed te doen (kern vers 2 Tessalonisense 3:13)

Screenshot 2019 11 17 at 8.37.36 PM

Paulus is die outeur van hierdie twee briewe, wanneer jy dink aan Paulus watter gedagtes kom by jou op?

'n Man wat die kerk en Jesus se volgendelinge fanaties vervolg het en toe na sy eie radikale bekering die 'n grootste kerk planter in die Nuwe Testament geraak het-

Paulus se ontmoeting met die kerk / gelowiges in Tessalonisense speel af in Handelinge 17:1-9

Lees die volgende stuk teks saam:

Screenshot 2019 11 17 at 8.37.47 PM

Wat staan vir jou uit in hierdie teks gedeelte?

Wat staan vir jou uit in die manier hoe Paulus leegleêrs beskryf?

Wat behels dit om 'n leeglê-er te wees?

Lees die volgende stuk teks:

Screenshot 2019 11 17 at 9.04.04 PM

Wat staan vir jou uit in hierdie teks?

Wat staan vir jou uit in die manier wat Paulus se gedagtes handel oor die leegleêrs?

Een van die kern beginsels van Paulus se leefwyse is 'n leefwyse wat getuig van voortdurende, amper fanatiese dryf na werk.

Paulus was 'n tentmaker wat behels het dat hy 'n ander werk gedoen het om homself te onderhou om sy roeping te kon uitleef en finansier-

Screenshot 2019 11 17 at 9.08.15 PM

 Hoekom het is leegleêrs so negatiewe effek op die geloofsgemeentskap?

Watter areas in jou eie lewe is jy tans lui in met betrekking tot jou uitleef van die evangelie?

Wat moet gebeur om dit te verander?

Screenshot 2019 11 17 at 9.10.30 PM

Wanneer ons as gelowiges saam met ander gelowiges leef, saam anders gelowiges praat, saam ander gelowiges die lewe doen - het dit 'n kragtige effek

Hierdie effek word beskadig wanneer individue lui raak, hoe kan ons as gelowiges hierdie lui gelowiges weer opgewonde maak oor die krag van die evangelie?

Mag jy opnuut besef ek en jy word geroep om ons "game te lig" en passievol die Here Jesus te volg-

Mag jy opuut weer betrokke raak, moeite maak en hard werk om God se koninkryk te groei-

Screenshot 2019 11 17 at 9.12.31 PM

Bid saam... 

 

  1. Hoop Gefokus op Ewigheid
  2. Ons is trots op jou!
  3. Gebede gefokus op God
  4. Vrygewig

Bladsy 1 van 49

  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • ...
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • 10
  • Volgende
  • Einde
  • Afrikaans (ZA)
  • English (UK)

Website Developed and Hosted by
greendoor 12 - software it and hosting