Lees die volgende stuk teks:
In die laaste gedeelte van hoofstuk 16 kry ons 'n profesie, wat dui dat sekere individue nie sal sterwe voordat hulle Jesus in Sy koninkryk sal sien nie.
Die profesie word dan gerealiseer in hoofstuk 17
Lees weer Petrus se reaksie in vers 4-
Hoekom dink jy is dit normaal om by die Here te wil bly in sulke ervaringe?
Hoekom dink jy is dit nie goed om hutte daar te bou nie?
Jesus wil juis hĂȘ dat ons dit moet gaan deel met ander?
Petrus en Johannes deel hierdie geskrifte later in hul lewens, lees die volgende teks gedeeltes:
Wat staan vir jou uit in hierdie teks gedeeltes en die manier hoe hierdie twee dissipels Jesus se evangelie deel?
Wanneer ons dink aan bergtop ervarings is dit iets wat ons elkeen daagliks/weekliks ervaar-
Wat behels jou bergtop ervaringe waar jy saam met Jesus op die "berg" is?
Hoekom is dit belangrik om hierdie ervaringe- nie net vir jouself te hou nie?
As jy dink aan Moses op die berg verteenwoordig dit die wet-
Het jy al ooit jouself gevra is die goddelike ervaringe wat jy het in lyn met God se woord?
Elia verteenwoordig profete- wie se kern rol was om God se woord "evangelie" te deel?
Deel jy jou Goddelike ervaringe?
Lees die volgende stuk teks:
Wat staan vir jou uit in hierdie teks na afloop van die bergtop ervaringe?
Die lewe bly nie daar nie, mens kan nie hutte bou en daar bly nie, maar mens kan dit wat jy daar ervaar het,
deel met ander-
Waar ervaar jy die Here in jou lewe?
Op watter praktiese maniere kan jy dit deel met mense om jou?
Hoekom is die deel van hierdie Goddelike ervaringe so belangrik vandag?
Soveel mense kort lewend-gewende nuus, nuus wat niks anders is as die evangelie-
Lees die volgende teks:
Hoe help hierdie teks jou met Goddelike bemoediging om jou Goddelike ervaringe te deel?
Mag jy opnuut besef jy bou God se koninkryk wanneer jy die evangelie deel-
Mag jy opnuut hierdie Goddelike ervaring meet aan God se woord-
Mag jy opnuut hierdie Goddelike ervaring deel met ander om jou-
Bid saam-