aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

Sessies

PSALM 99

Psalm99

Ons kyk so baie na die Liefde en Genade van God, maar ons vermy om oor Sy heiligheid te praat.  Die Heiligheid van God verwys na Sy uniekheid, wat Hom anders maak en afsonder van die mensdom en die wêreld.  Dit omvat Sy totale eienskappe.  

Lees Psalm 99.  Wat staan vir jou uit in hierdie Psalm?  

Sien jy die vergelykings met Jesaja se visioen van God, of die engele se sang in Openbaring 4?  

Wat staan vir jou uit oor God?  En oor jou as mens?

 Slide3

Die Psalm kan in 3 dele opgedeel word, wat elke keer eindig met "U is Heilig!".  Die eerste drie verse verwys na God se Heerskappy.  Hy is ver verhewe bo alles en enige leierfiguur wat ons ken.  

Hoe laat hierdie wete jou voel in krisistye?  Hoe laat dit jou voel oor Sy koninkryk en jou rol daarin?  God se kerk gaan voort, Sy plan en werke duur voort!  Besing die heilige Naam van God ons Vader en Koning!

Hoe sien jy jou roeping in 'n deurmekaar wêreld?

 vers4

Lees nou Psalm 4-5.  God is 'n regverdige God wat reg en geregtigheid tot stand gebring het en lief het.  

Wat beteken dit vir ons in vandag se lewe?  Wat beteken dit vir ons vir die toekoms?  

God is heilig, Hy is in beheer en Hy sal laat geregtigheid geskied!

 vers6

Die laaste gedeelte van vers 6-9 is asof God van Sy troon af beweeg en Sy heiligheid meer persoonlik raak.  Hy roep ons op om heilig te wees (1 Petrus 1:15-16) en daarom te deel in Sy heiligheid.  

In Psalm 99:6-9, wat word van ons verwag in antwoord op God se heiligheid?  

Wat is jou siening van 'n heilige Christen?  Het hierdie teksgedeelte jou siening van 'n heilige persoon verander?  

 kruis

God het aan die kruis Sy perfekte woede en perfekte straf vervolmaak met Sy perfekte liefde en genade... sodat Hy perfek heilig kan wees.  God roep ons op tot gehoorsaamheid en dankbaarheid of lofprysing in antwoord op hierdie geskenk wat Hy vir ons gegee het.  En daarmee saam het Hy ons die Heilige Gees gegee om ons te help in hierdie proses van heiligmaking!  

Lees Hebreers 12:14-28.  Wat leer jy verder uit hierdie teksgedeelte?  Hoe laat dit jou voel oor God?  En oor jou verhouding met God?

 sanitiser

Heiligmaking is 'n voortdurende proses wat ons moet nastreef.  Dit is amper soos om afgesonder te wees in die tyd waarin ons nou is.  Dis nie 'n opsie nie en sekere dinge moet jy uit jou lewe sny om God duidelik te kan sien.  Dit maak jou nie beter as ander nie, maar dis beter vir jou en eer God se heiligheid.  

Wat moes jy opgee in hierdie tyd... wat is die belangrike dinge waaraan jy nou aandag gee wat goed is vir jou?  

Watter inperkings moet jy doen om seker te maak dat jy na afloop van die afsonderingstydperk steeds vir God afgesonder is?  

Waarvoor gaan jy nee sê en waarvoor gaan jy ja sê?  Wat is die REGTE goed wat jy moet doen en wat is die VERKEERDE goed waarvan jy moet wegstap om in God se heilige koninkryk te pas?

BID:

Here, help ons om onsself nie met ander mense of die wêreld se standaarde te vergelyk nie, maar met U.

Here, help ons in hierdie proses om meer en meer soos U te word.  

Here, help ons om gehoorsaam te wees aan U wet en U voorskrfite.

Here, U naam is groot en almagtig en ons loof en prys U as ons Heilige Koning!  Heilig, heilig, heilig is die Heer!

  • Afrikaans (ZA)
  • English (UK)

Website Developed and Hosted by
greendoor 12 - software it and hosting