Lees Johannes 2:1-11
Wanneer ons hierdie teks lees in die evangelie van Johannes dan is dit belangrik om te kyk na die begin van die boek van Johannes en hoe Johannes, Jesus bekend stel in sy boek
Lees die volgende teks gedeelte ook:
Wanneer ons Johannes 2:1-11 lees vanuit 'n Johannes 1:1-5 perspektief gee dit 'n dieper perspektief
Jesus se aardse bediening begin met die woord dat Hy het gekom om lig te wees in die duisternis-
Jesus het gekom om deel te wees van ons lewe en elke fasset van ons lewe ook die alledaagse aspekte
Hoekom?
Om in 'n verhouding te lewe met Jesus is nie 'n Sondag ding nie, maar 'n daaglikse ding waar ons Jesus nooi om deel te wees van elke fasset van ons lewe, waar ons werk, waar ons, ons probleme in die gesig staar en ook waar ons fees vier.
Deel van hierdie storie is 'n oproep om weer opnuut Jesus te nooi na daai areas van jou lewe wat jy op jou eie hanteer...
Juis daai dele wat jy al vir hoe lank op jou eie stoom hanteer
Juis daai dele wat jy dink Jesus nie in belang sal stel nie
Juis daai dele wat maandag - vrydag gebeur
Hierdie storie is 'n storie waar Jesus en Sy dissipels ook by normale dele van die lewe was, waar Hy genooi was om saam met mense fees te vier om saam die normale gang van die lewe te geniet
Wanneer ek en jy dit doen is die volgende twee teks gedeeltes die effek (lees beide teks gedeeltes)
Wat staan vir jou uit in hierdie teks gedeeltes - Wat beteken dit vir jou as jy Jesus nooi om deel te wees van elke fasset van jou lewe?
Hierdie is die woorde van 'n bekende "hymn" - wat staan vir jou uit daarin?
Daar is soveel areas in jou lewe waar ek en jy steeds ons eie lewe bestuur en nie Jesus nooi nie- wat lei na probleme?
Kom ons kyk na die probleme van die bruilof in Johannes 2:1-11
Die bruidegom en sy familie was verantwoordelik vir die wyn, die fees het gewoonlik 'n hele week geduur, wat baie wyn behels het-
As die wyn nie genoeg was, het dit gelei na 'n openbare verleentheid vir die bruidegom asook 'n moontlike boete.
Wanneer ons kyk na die probleme in ons eie lewe en die proses om Jesus te nooi om Here te wees van elke area gee dit die volgende effek -
Lees die volgende teks gedeelte saam:
Hoe wonderlik is die vrede van die Here
Wat staan vir jou uit in die teks gedeelte?
Maria speel 'n baie belangrike rol in die teks vir elkeen van ons -
Sy leer ons opnuut wanneer die probleme in die lewe kom, want hulle sal kom - vlug na Jesus
Sy leer ons opnuut - vertrou hom in totale gehoorsaamheid - leef sy bevele.
Lees die volgende stuk teks:
Die Amos profesie wys na hierdie gebeurtenis in Johannes 2:1-11
Dis 'n profesie wat wys daarna dat Jesus is die nuwe seisoen - In Hom lê die vryheid vir mense om na Hom te vlug
Deur Sy krag en mag - kan ons die vrede hê wat alle verstand te bowe gaan interme van ons probleme -
Want Jesus is die antwoord
Jesus wil deel wees van elke fasset van jou lewe
Nooi Hom opnuut vandag - om Here te wees van elke deel van jou lewe
en Deur Hom jou probleme aan te spreek in die Naam van Jesus
Bid saam