As jy deur die Bybel blaai is daar baie stories wat te doen het met mense wat wegkruip.
Wegkruip vir 'n vyand, wegkruip vir God en wegkruip vir foute wat hulle gemaak het.
Ons lees van profete, konings en disipels wat wegkruip. Die groot vraag is dan.
Is wegkruip 'n Bybelse beginsel en as dit is wat is die regte manier om dit te doen?
Hier is waar jy vir jouself moet vra.
Vir wat en hoekom kruip ek weg?
Lees Genesis 3:7-13 saam
Die heel eerste storie van wegkruip is baie bekend en leer vir ons dat wegkruip alles te doen het met eerlikheid.
Dat daar tye gaan wees waar jy skaam, bang of onseker is en dat in daardie tye God vir jou roep "Waar is jy?'
Kyk na die vrae wat God vir Adam en Eva gevra het en bespreek wat jou antwoord nou sou wees:
Waar is jy?
Hoekom is jy daar?
Wat het jy gedoen?
Ons vind onself baie in omstandighede waar ons nie wil wees nie en dit is tye soos dit dat ons, hoekom ons daar is en hoe God ons wil lei ons hoof fokus moet maak.
Lees Kolossense 3:1-5(As moontlik lees uit Amplified vertaling)
Wat verstaan jy onder die beginsel van om in Christus verskuil te wees?
Hoe sou jy prakties in "Jesus skuiling vind?"
Wat is die beginsels wat as ons daarmee aanhou gaan lei na gevaarlike en ongewensde toestande?(bv. om jou vertroue in finansies of wêreld se strukture te plaas)
Hoe sou jy jou perfekte skuiling beskryf?
Lees saam in Psalm 32:6-7 oor wat Dawid oor skuiling gesê het.
Ons het almal 'n beskrywing van ons idee van veilig wees en soos kinders wat wegkruipertjie speel ons gunsteling wegkruipplek.
God vra vir elkeen van ons om eerlik met Hom te wees oor wat ons voel en wil dan hê dat elkeen van ons Hom as daardie veilige hawe sien.
Deur meer en meer ons vertroue en veiligheid in God te soek leer ons dat wêreldse omstandighede nie ons veiligheid en sekerheid kan bepaal nie.
Wat sou jy sê sou God se opinie wees oor hoe jou wegkruipplek lyk en waar dit regtig moet wees? (dink aan Adam en Eva se bos en vyeblare)
Lees Johannes 20:19-23
As mense is een van die realiteite van ons lewens dat ons gaan bang word.
Hierdie is nie noodwendig oor jy jou lewe sal verloor nie, maar oor daar 'n negatiewe impak gaan wees wat jy nie kan beheer nie.
Jesus kom stap tussen ons en roep vrede uit. 'n Vrede bo ons verstand maar in ons vermoë om te behaal.
Wat is die opdrag wat Jesus vir Sy dissipels gee?
Waarna glo jy stuur die Here jou om vrede te bring?
Bespreek hoe om te vergewe, vrede kan bring?
Wat sê Jesus se opdrag en woorde vir ons oor die skuiling wat Hy bring?
Spandeer tyd saam in gebed waar jy jou vrees, bekommernis en twyfel met mekaar en God deel en deel moontlike openbarings wat God vir jul wys.