Wanneer jy aan gebed dink - watter gedagtes kom by jou op?
Hoe moet die perfekte gebed klink. Deel met mekaar stories waar jy die mooiste gebed al gehoor het.
Wat is die moet's en moenie's as jy dink oor gebed-
Die Here Jesus gee vir ons die Onse Vader gebed om ons elkeen te help bid -
Lees die gebed Matteus 6:9-13
Wat staan vir jou uit in hierdie gebed?
Wanneer jy dink aan die vyf aspekte van die Onse Vader gebed wat staan vir jou?
Lees 1 Petrus 1:13-16
Hoe begelei die Onse Vader gebed ons na heiligheid - om meer soos God te wees?
Gebed help ons om 'n lewende verhouding in stand te hou met ons beste vriend- hierdie verhouding het altyd drie dele -
Hoe lyk jou verhouding met die Here?
Hoe lyk jou verhouding met ander om jou?
Hoe lyk jou verhouding met jouself?
Wanneer jy dink aan 'n tou met drie dele help dit jou en my om ook hierdie drie dele te integreer in jou gebed en gesprek met jou beste Vriend.
Maak elke keer as jy bid hierdie drie dele deel van jou gebed -
Wat leer hierdie twee teks gedeeltes ons oor 'n vriendskap verhouding met die Here?
Hoe help gebed jou om jou eie vriendskap verhouding met God te ontwikkel?
Kyk die volgende clip- (Click op die rooi)
Wat staan vir jou uit in die clip as jy dink aan gebed?
God is jou beste vriend en Hy los jou nooit ooit alleen want Hy is 'n verbonds-God (Genesis 17:7)
Hoe begelei die Onse Vader gebed ons om te doen wat God van ons vra? Dink weer aan die 3 toue wat saam een sterk tou maak?
Een van die gebruike van die vroeƫ kerk en steeds vandag is om die Here se woord te bid. Gebruik een van die Psalms wat talle gebede bevat en bid dit vir die Here die week. Psalm 150 is 'n lof gebed, Psalm 51 is 'n skuldbelydenis gebed.
Sluit af met gebed
Gebruik die tou beeld met die klein toue wat saamgevoeg word om 'n sterk tou te maak om te bid.
Bid oor jou verhouding met die Here
Bid oor jou verhouding met ander
Bid oor hoe die Here jou sien en jou verhouding met jouself
Amen