Lees die volgende teks. Hierdie is een van Jesus se talle reaksies op 'n vraag, met 'n gelykenis as reaksie.
Hierdie gelykenis is een van die minder bekende gelykenisse. Wanneer jy dit lees wat is jou eerste indruk?
Daar is drie kern elemente in die gelykenis
Om dit te verstaan moet mens kyk na die agtergrond van die vraag in interme van die versoek - "hoekom vas Jesus se dissipels nie?"
In die Ou Testament was die oorsaak en gevolg beginsels baie sterk.
Jode het talle gebruike gevolg om so hulle geloof te versterk en uit te leef. Hierdie bring Jesus se reaksie. Hy is die vervulling van die nuwe verbond. Die kern daarvan behels dat ek en jy word gered deur ons geloof in Jesus Christus. Die kern daarvan behels dat ons gered word deur genade. Asgevolg van die genade wat Jesus ons gee lei dit na dade.
'n Geloof wat nie dade is 'n doeie geloof.
Wat is daar wat jy tans doen om volgens jou eie dade jou geloof in God instant te hou?
Nuwe wyn en die ongekrimpte materiaal verteenwoordig 'n lewendige verhouding met Jesus - een waar jy intens bewus is van Sy genade vir my en jou.
Nuwe wyn kan nie in ou sakke gehou word nie - hierdie beteken letterlik om nie dinge te doen om gered te word nie, maar om in 'n lewende verhouding met Jesus te lewe. 'n Lewe wat getuig van genade dade om so God se koninkryk te groei.
Lees weer ons fokus teks vir die week -
Die eerste aspek van hierdie teks behels die naam Jesus Christus.
Jesus verteenwoordig die nuwe wyn. 'n Lewende verhouding met Jesus. Dit verteenwoordig ook die ongekrimpte materiaal.
Kern beginsel behels net Jesus gee lewe - ewige lewe.
Hoe verstaan jy jou eie toegang na God se genade?
Is daar iets anders wat jy tans doen wat jy doen om "genade" toegang te verkry?
Wat leer die teks gedeelte ons?
Net Jesus Christus kan hierdie genade vir jou gee-
Wat doen jy tans wat eintlik net instandhouding van elende behels maar nie regtig geestelike groei bewerkstellig nie?
Wanneer ek en jy oorgee aan God se genade kry ons krag.
Hierdie bring ons by ons twee punt van die gelykenis. Die ongekrimpte materiaal en nuwe wyn het krag.
Wanneer jy in 'n intieme lewende verhouding met Jesus Christus lewe is daar krag -
Dit kan nie in ou wynsakke gehou word nie -
Dit kan nie op ou materiaal vasgewerk word nie -
Hoe help hierdie twee verse ons om die krag te verstaan?
Hoe help hierdie teks ons om die krag van die nuwe wyn en ongekrimpte materiaal te verstaan?
Hierdie krag kom nie na vore wanneer ek en jy net dinge doen vir die doel van instandhouding nie - dit kom na vore wanneer ons leef vanuit die genade krag wat Jesus ons elkeen toegang gee deur 'n lewende verhouding met Homself.
Jesus se gesprek met Nikodemis herinner ons almal dat hierdie krag kom slegs na vore wanneer ons nuut gebore word - nuwe wyn in nuwe sakke. Die effek van die krag is dat dit dinge breek wat nie saak maak nie - dinge wat nie die kern groei van die evangelie bevorder nie-
Wat is daar in jou lewe wat jy moet stop - dinge wat jou verhouding met Jesus in 'n ou wyn sak tans verpak?
Die derde aspek van hierdie gelykenis behels die vermoƫ van die nuwe wyn / ongekrimte materiaal om goed te breek
Die woord wat gebruik word in hierdie gelykenis "bars" beteken letterlik uitmekaar skeur en totaal en al vernietig.
Deur die eeue het die krag van die evangelie die ou tradisies en instanthouding van dinge laat "bars"
Wat is daar in jou lewe wat jy moet laat vernietig om in nuwe sakke te leef?
Mag jy opnuut die dinge in jou lewe evalueer wat ou wynsakke behels?
Mag jy opnuut besef daar is krag in jou verhouding met Jesus
Sy genade los jou nooit op 'n plek van instandhouding nie, maar groei
Bid saam