Hierdie week lees ons deur Jesus se gelykenis oor die 10 meisies.
Dink saam oor wat julle van hierdie gelykenis kan onthou voor julle die teks gedeelte saam deur lees.
Lees nou Matteus 25:1-13 saam deur.
Wat staan vir julle uit in hierdie gelykenis?
Om die rede vir hierdie gelykenis bietjie beter te verstaan, daag ons jou uit om in jou stilte tyd Mateus 24 & 25 saam deur te lees.
Dink aan hoekom dit so belangrik was vir Jesus om hierdie gelykenis te vertel.
Om hierdie teks gedeelte of gelykenis bietjie beter te verstaan moet ons dink oor hoe die bruilofsfees in die Joodse kultuur in die tyd van Jesus gelyk het...
Die bruid se huis was die eerste plek waarheen die direkte familie bymekaar gekom het om haar voor te berei vir die bruilofsfees, terwyl die bruidegom hulle vriende en mense van die dorp bymekaar begin maak het om dan uiteindelik by sy huis die groot partydjie te hou; Die Bruilofsfees.
Voor die Bruidegom finaal sy bruid gaan haal, wag van die genooide mense, asook die lig draers (die meisies) vir hulle voor sy huis.
Hy kom dan soms bietjie laater as wat die mense verwag, en wat gebeur is, jy moet die heeltyd reg wees vir wanneer hy opdaag, want dan begin die partydjie, die maaltyd, die fees...
Ons sien in hierdie gelykenis dat 5 meisies geweet het dat die Bruidegom gaan opdaag, en dat hy moontlik later gaan opdaag as wat hulle verwag en daarom was hulle gereed vir wanneer hy opdaag, terwyl die ander 5 meisies nie gereed was nie, hulle lampies laat leeg brand het en nie beplan het om nog olie by hulle hê vir wanneer hy opdaag nie...
Is ons gereed vir wanneer die Bruidegom opdaag?
Is ons gereed vir wanneer die Bruidegom opdaag?
Is ons lampies vol olie en het ons genoeg olie om ons lampies te laat brand totdat Hy opdaag?
Die 5 meisies wat by die bruilofsfees in gegaan het, het nie hulle lampies dood geblaas en dit weer brand gesteek toe hulle die bruidegom hoor aankom nie, hulle het voorberie en hulle het hom verwag, tot as hy later kom as wat hulle gedink het Hy gaan kom. Hulle was gereed.
Teenoor die 5 meisies wie se olie op geraak het... Hulle was ook besig om vir die selfde bruidegom en vir dieselfde bruilifsfees te wag, maar hulle het nie genoeg olie gehad nie. Hulle was nie voorbereid vir as die bruidegom langer vat as wat hulle gedink het nie.
Vir ons is dit 'n wakkerskrik oomblik...
Ons is die mense met die lampies met olie in en wat brand, en ons is die mense wat wag vir die Bruid om op te daag.
Wat verseker is, is dat die Bruidegom oppad is en die Bruilofsfees gaan gebeur. Maar, daar gaan mense wees wat voor die deure wag om in te gaan, maar hulle is nie gereed of voorbereid nie. Van dié wat dink hulle gaan in gaan met 'n skok agterkom hulle is buite die hekke gelaat. Nie omdat hulle nie genooi is nie, maar omdat hulle olie op geraak het... Hulle was nie reg vir die Bruidegom om op te daag nie.
En dan is daar mense wat die Bruidegom verwag het, genoeg olie saam gebring vir wanneer Hy kom dat hulle saam met Hom aan die Bruilofs tafel kan gaan sit en fees vier.
Die Bruilofsfees gaan gebeur... Is jy gereed vir wanneer dit gebeur? Vir wanneer Jesus weer terug kom? Is jou lampie vol olie en het jy genoeg sodat jou vlammetjie nie dood brand nie?
Baie van ons het ons lampies gekry en die vlam groot laat brand, maar dit het ook maar net 'n tydjie gehou. En baie van ons het dalk nog nie eens besef dat ons 'n olie lampie gekry het toe ons sê ons glo in Jesus nie...
Die oomblik wat ons vir Jesus aanneem as ons redder en verlosser, is daar 'n vlam wat in ons brand... Ons lyk nou anders as wat die wêreld lyk, ons dink anders, praat anders en doen anders. Ons is geroep deur God om aan Hom te behoort. Hy maak ons Sy eie en Hy roep ons op ons naam. Ons is Christinne.
En dan wag ons, en ons wag en ons wag... En niks lyk of dit gebeur nie. Goed bly maar dieselfde as wat dit altyd gelyk het. Ja ons weet Jesus kom weer terug, maar definitief nie nou binnekort nie, soo, terwyl ek vir Hom wag kan ek mos seker eers bietjie my goed doen wat ek wil doen...
En voor jy jou oë kan knip staan jy voor die hek van die Bruilofsfees, maar dit is te laat...
Hy het gekom en jy was nie reg daarvoor nie.
Die Bruidegom is oppad, maar niemand weet presies wanneer Hy hier gaan wees nie...
Soos die meisies voor die Bruilofsfees se hekke gewag het, het hulle nie presies geweet wanneer die fees gaan begin nie. Die fees begin die oomblik wanneer die Bruidegom opdaag.
Is jy reg vir wanneer die Bruidegom, Jesus opdaag? Hy het gesê Hy kom weer, en Hy is oppad. Niemand behalwe die Vader weet wanneer Hy weer gaan kom nie, maar almal weet Hy kom weer...
Lees 2 Petrus 3:8-14 saam deur.
Soo, is jy gereed vir wanneer Hy weer kom?
Hou jou lampie aan die brand, moenie die vlam dood blaas tot net voor die Bruidegom opdaag nie, maar hou genoeg olie by jou vir wanneer die Bruidegom opdaag, sodat jy gereed kan wees en genoeg olie kan hê vir die Bruilofsfees.
Hoe lyk dit?
Hou aan om Jesus te soek, om Hom te volg en om op Hom te vertrou. Wees toegewyd aan Hom en lewe vir Hom. Hê 'n lewende verhouding met Hom. Stap saam met Hom. Vertel mense van Hom. Bid gereeld vir mekaar; vir jou gesin en vir ander. Lees saam Bybel en soek die waarheid in Sy Woord. Kry mense saam met wie jy vir die Bruilofsfees kan wag. Mense wat saam met jou hulle lampies aan die brand hou en genoeg olie by hulle dra vir wanneer Hy opdaag.
Bid saam.