aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

Sessies

Genade onbeskryflik groot

Screenshot 2022 10 30 at 2.59.41 PM

Lees Matteus 20:1-16

Wat staan vir jou uit in die teks as jy op nuut besef God is die eienaar - besig om elke dag aktief individue te nooi om te kom werk in Sy koninkryk?

 

Wonderlik om te besef wie laaste is, is eerste! God se genade is genoeg vir elkeen van ons- 

Screenshot 2022 10 30 at 2.59.59 PM

Hierdie gelykenis herinner ons elkeen dat alles begin by 1, 2 en 3.

1. Glo in Jesus Christus (Hy soek ons elkeen aktief 6am, 9am, 12pm, 3pm en selfs 5pm

2. Besef die Here se genade is juis vir my en jou!

3. Dade - Werk in die wingerd die koninkryk van die Here (leef jou Goddelike roeping)

Hoe sien jy hierdie drie aspekte in die gelykenis?

Screenshot 2022 10 30 at 3.00.20 PM

Het jy al gevoel dinge is nie regverdig nie? Vertel vir jou groep 'n senario in jou lewe waar jy gevoel het iets is nie regverdig nie-

Baie keer kan mense dink God is nie regverdig nie, maar hierdie gelykenis is die boodskap van die evangelie. Die boodskap is vir almal en God is die boer/eienaar van die wingerd. Lees weer die laaste vier verse. Matteus 20:12-16.

Wat staan vir jou in die verse?

Screenshot 2022 10 30 at 3.10.09 PM

Wat is jou perspektief tans op die Here - wat aktief mense wat verlore is soek om Sy genade mee te deel en te nooi om in Sy koninkryk te werk?

Screenshot 2022 10 30 at 3.10.38 PM

Genade is die hartklop van hierdie gelykenis-

1. Genade is 'n werkwoord - dit nooi jou uit om deel te wees van werk in die wingerd

2. Genade is vir sondaars (mense soos ek en jy)

3. Genade maak mense nuut! Gee ewige potensiaal (deel van wingerd werk aksies)

4. Genade is nie eenmalig nie (daaglikse keuse om te ontvang)

5. Individue wat genade ontvang het is aansteeklik (lok ander mense)

Screenshot 2022 10 30 at 3.16.31 PM

Belangrikste genade het 'n gesig - Jesus Christus

Wat staan vir jou uit aan Goddelike genade as jy dink aan die 5 eienskappe?

Screenshot 2022 10 30 at 3.10.52 PM

Daar is soveel mense wat rond soek vir genade maar dit nooit kry nie want hulle aanvaar nie God se uitnodiging om te kom werk in die koninkryk nie (wingerd)

Kyk die volgende clip van Sing 2 (click op die rooi)

Still haven't found what I am looking for ... 

Screenshot 2022 10 30 at 3.19.27 PM

Hoe help hierdie teks gedeelte van Paulus se skrywe ons om die genade te verstaan?

Screenshot 2022 10 30 at 3.19.39 PM

Wat staan vir jou uit in hierdie aanhaling van David Platt?

Mag jy opnuut die daaglikse uitnodiging van God aanvaar

Mag jy dit ook aan ander gun en bly wees vir hulle, selfs as hulle dit 17h00 die middag aanvaar-

Mag jy opgewonde werk in wingerd van die Here

Screenshot 2022 10 30 at 3.19.48 PM

Bid saam 

 

 

  • Afrikaans (ZA)
  • English (UK)

Website Developed and Hosted by
greendoor 12 - software it and hosting