aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

Sessies

Gemak na roeping - jou werk

Screenshot 2020 09 13 at 8.35.44 PM

Ons is hierdie week besig met die 3de aspek van ons reeks gemak na roeping 

Kyk ook ons link na die week se preek (click op die rooi)

Gemak na roeping in jou werk

Ons fokus die week is jou werk

Screenshot 2020 09 13 at 8.39.30 PM

Verduidelik in jou groep wat elkeen van julle doen by jou werk-

Screenshot 2020 09 13 at 8.36.43 PM

Elkeen van ons is ontwerp en geskape om te werk, dis 'n groot deel van jou dag.

Ons gaan die week kyk na vier verskillende werke, hoe ons die begrip van gemak na roeping in ons werk daardeur kan verstaan.

Ons eerste teks gedeelte neem ons na Daniël

Lees die volgende teks gedeelte saam:

Screenshot 2020 09 13 at 8.46.17 PM

Wat staan vir jou uit in die manier hoe Daniël sy werk gedoen het?

Daniël het sy werk so goed gedoen dat baie ander jaloers op hom was, hy het God heeltyd eerste gestel in alles wat hy gedoen het ook in sy werk.

Wat staan vir jou uit in Daniël se werk etiek?

God gee ook vir Daniël guns by sy werk- 

Daniël was ook nie bang om manne aan te vat wat nie in lyn was met die werks etiek as ook met sy beginsels waar volgens hy geleef het nie.

Lees die volgende stuk teks:

Screenshot 2020 09 13 at 8.52.15 PM

Jesus was 'n timmerman - 

Een van die hartseer dinge van die menslike kondisie behels dat ons mense takseer op die tipe werk wat hulle doen

Ons gee voorgee aan sekere beroepe wat gewoonlik gekoppel is aan die hoveelheid geld wat hulle verdien.

God leer ons dat alle werk is adel, werk is deel van die lewe 

Ook dat jou werk maak saak vir God en God maak saak vir jou werk.

Jesus wil jou ook buite jou beroep gebruik - 

Wat staan vir jou uit in hierdie teks gedeelte as jy dink oor werk?

Lees die volgende stuk teks:

Screenshot 2020 09 13 at 8.57.42 PM

Wat staan vir jou uit in die teks as jy dink oor werk?

Jesus gebruik die vissermanne om vissers van mense te raak-

Jesus is opgewonde om jou en my baie keer te neem van een beroep na 'n roeping

Wat staan vir jou uit as jy dink die dissipels was eintlik baie eenvoudige ongeleerde mense en tog het Jesus hulle gebruik om die wêreld te verander?

Het jy al ooit gedink dat die Here Jesus jou brei in een beroep vir sy roeping?

Lees die laaste teks gedeelte vir die week se sessie-

Screenshot 2020 09 13 at 8.57.55 PM

Paulus se storie getuig van 'n werk wat gedoen word om sy roeping te finansier

Het jy al ooit daaraan gedink dat Paulus tente gemaak het om so sy bediening te finansier?

Deur tente te maak en te herstel het hy twee derdes van die nuwe testament geskryf en talle ongelowiges bedien met die evangelie van Jesus.

Wat staan vir jou uit in die beginsel?

Het jy al gedink dat die werk wat jy tans doen jou voorsien van 'n platvorm om op 'n ander plek te bedien?

Screenshot 2020 09 13 at 9.04.18 PM 

Wat staan vir jou uit persoonlik as jy dink aan die bogenoemde opsomming oor die vier teksgedeeltes?

Kyk na die volgende vier vrae-

Screenshot 2020 09 13 at 9.05.19 PM

 Mag jy opnuut besef die Here gebruik jou by jou werk

Mag jy opnuut besef die Here se roeping vir jou is deel van jou werk

Mag jy daagliks werk by jou werk vir die Here

Screenshot 2020 09 13 at 9.11.49 PM

Bid saam

Screenshot 2020 09 13 at 9.05.44 PM

Dankie vir jou finansiële bydrae - dis maak 'n groot verskil by baie fresh besighede waar ons mense daagliks bedien met die evangelie

Gemak na Roeping - Finansies

Screenshot 2020 09 07 at 9.49.53 AM

Ons is besig met ons reeks wat ons neem van 'n plek van gemak na 'n plek van roeping

Laas week het ons gefokus op ons verhouding met mense om ons-

Hierdie week fokus ons op finansies

Hier is die skakel na die week se preek

6 September 2020

Fresh poppe skakel 

Fresh Poppe 6 September 2020

Lees die volgende stuk teks:

Screenshot 2020 09 07 at 9.50.10 AM

Wat staan vir jou uit in hierdie teks gedeelte?

Baie duidelik dat 'n 10de van alles wat ons bestuur/besit is die Here sin. Hierdie teks maak dit ook duidelik dat mense sukkel met die terug gee aan die Here...

Hierdie teks gedeelte het my laat dink aan Genesis 1 - lees die volgende stuk teks:

Screenshot 2020 09 07 at 9.59.28 AM 

Wat staan vir jou uit in die manier wat God - Adam en Eva aanstel as rentmeesters?

Rentmeesterskap is die kern beginsel van finansies-

Screenshot 2020 09 07 at 9.59.20 AM

Ek en jy kom met niks in die lewe en jy gaan met niks uit die aardse lewe behalwe jou verhoudings (God, jouself en met jou mede-mense)

Wanneer ek en jy dit besef begin ons met ander oë kyk na hoe ons vir God terug gee-

Screenshot 2020 09 07 at 9.59.37 AM 

Om vir die Here te gee - behels 'n hartshouding - dis meer as 'n wet wat moet nagekom word-

Gee jy omdat jy wil gee of omdat jy moet gee?

 Daar is 'n storie in Eksodus 36:2-6 waar die volk meer gee as wat nodig is vir die bou van die ark.

Kan jy dink aan 'n tyd waar die kerk gesê het los die offers ons het genoeg-

Wat getuig dit van die volk se harthouding met God in Eksodus 36? 

Screenshot 2020 09 07 at 10.33.00 AM

Een van die kern teksgedeeltes wanneer ons praat om te beweeg van 'n plek van gemak na 'n plek van roeping behels die houding van jou hart-

Ons lees in 2 Korintiërs 8:7 die Here hou van 'n vrygewige, blye gewer-  

Screenshot 2020 09 07 at 10.32.50 AM

In die Bybel lees ons ook van iemand wat net wou sit in die gemakstoel - wat nie met sy finansies oorbeweeg van gemak na roeping- 

Screenshot 2020 09 07 at 10.39.47 AM

Wat leer jy persoonlik uit die storie van die ryk dwaas?

Screenshot 2020 09 07 at 10.39.59 AM 

Baie van ons leef met die gedagte ons het hard gewerk vir ons bates en ons geld, maar Tim Keller het 'n baie oulike vraag om ons aan die dieper waarheid te herinner -  

Wie het vir jou en my die krag, geleenthede en vermoë gegee om te werk vir geld?

Screenshot 2020 09 07 at 10.42.32 AM

Die Bybel leer ons, ons kan nooit te veel gee vir die Here nie, want alles is Syne- vertrou jy die Here in die proses om jou te neem van 'n plek van gemak na 'n plek van roeping met jou finansies?

Screenshot 2020 09 07 at 10.44.04 AM

 God is 'n God wat heeltyd gee - deel van ons roeping is ook om te gee-

God het sy seun Jesus Christus vir ons elkeen gegee op die naam-

God leer dit ook vir ons in die areas waar ons as rentmesters aangestel is om daar ook te ontvang om weer te gee. Dis die eeue oue beginsel waar God vir Abraham seën om tot seën te wees-

Screenshot 2020 09 07 at 10.46.12 AM

Daar is 'n baie mooi storie van 'n jong seun wat by sy oupa moes gaan bly het. Sy oupa was 'n baie mooi gelowige wat 'n nou intieme pad met die Here gestap het. Deel van sy oupa se leringe aan hom was om 'n 10de van sy sakgeld ook vir die kerk en die Here se werk te gee. Die jong man het dit ook so gedoen. Baie jare later het die jong man weer by sy oupa gaan kuier. Die oupa het dadelik met die groot vrae begin- hoe gaan dit met sy verhouding met die Here asook sy 10de. 

Die jong man het gesê hy lees bybel en bid, maar hy verdien nou N$200 000 'n maand en om N$20 000 vir die kerk te gee is net te veel.

Sy oupa het vir hom gebid aan die einde van hulle kuier en as volg gebid:

"Here maak die jong man weer arm sodat hy weer opnuut U kan vertrou met sy finansies"

Screenshot 2020 09 07 at 10.51.57 AM

Lees saam hierdie gedeelte in Spreuke, bid dit saam as kleingroep 

Screenshot 2020 09 07 at 10.53.36 AM

Mag jy opnuut die Here vertrou met jou finansies

Mag jy opnuut leef as 'n gelowige rentmeester

Amen

Comfort to Calling: Verhoudings

Indien jy die volledige boodskap wil luister, kan jy dit hier kry: https://www.youtube.com/watch?v=4yzrrWwDlD0&t=2s

johannes

Kom ons lees 1 Johannes 4:7-12 saam.  Die teks gaan oor die liefde - liefde vir God en liefde vir ons naaste en hierdie twee liefdes hou baie verband met mekaar.  

Wat is jou verstaan van die liefde?  Hoe laat liefde jou voel? 

Ons almal smag na liefde en aanvaarding, maar breek en bloei jou hart nog vir ware liefde vir mekaar?  

Lees weer vers 8 en 9 van ons teks.  Hoe is God se liefde aan ons openbaar deur die kruisiging van Jesus Christus?  Wat sê dit vir ons dat God Sy enigste Seun gestuur het?  

God se hart het gebreek vir die onreg, hopeloosheid, seer en swaarkry van mense en daarom het Hy Sy Seun gestuur.  Hy het liefde gestuur daar waar genade en liefde nodig was, nie omdat dit is waar Hy liefde terug ontvang het nie.  God se hart het gebreek oor mense wat hul potensiaal nie verwesenlik nie, mense wat hul kanse vermors, mense wat opgegee het op die lewe.  

Ken jy sulke mense in jou lewe?  Is jy dalk self daar?

godbreek

Indien hierdie dinge God se hart breek, dan behoort ons harte tog ook vir hierdie doel te breek...  Indien dit God met deernis vul, behoort dit ook ons harte met deernis te vul.  

Dit is maklik om God lief te hê (wanneer ons liefde van Hom terug ontvang), maar nie so maklik en gerieflik om lief te hê soos God nie (wanneer ons nie noodwendig liefde terug ontvang nie).  God roep ons om ongemaklike liefde uit te leef en nie net liefde op lekker en gemaklike plekke nie!  

Hoe beweeg God se liefde jou van een plek na 'n ander?  Liefde vir seer en stukkende mense op seer en stukkende plekke is liefde in aksie!

hartbreek

Hoe kan jy steeds lief wees vir jou man wat die vertrouensverhouding tussen julle verbreek het deur pornografie te kyk of egbreuk te pleeg? Hoe kan jy lief wees vir die persoon wat jou bedrieg het en korrupsie gepleeg het?  Hoe kan jy lief wees vir iemand wat onreg aan jou gedoen het?  Sien ons nog die onreg en gebrokenheid rondom ons raak en in ander mense? Kyk ons na hulle as gebroke mense in nood van 'n Redder?

Ons kan lief wees vir hulle as ons na hulle kyk deur God se oë en vanuit die perspektief dat hulle heling, herstel, vernuwing, redding, liefde en genade nodig het.  Dit is waarvoor God ons roep!

huilwereld

Lees Romeine 9:1-3.  Wat staan vir jou uit in hierdie teks?  

romeine

Hoe kan ek vir iemand lief wees sonder om die waarheid prys te gee?  

Dis vreeslik om te dink Paulus sou sy eie gemaksverhouding met Christus opgee ter wille van die openbaring van liefde aan ander...  Hoe beweeg hierdie liefde jou tot aksie?  

Die beloning om vir ons naaste lief te hê soos wat God ons lief het, is 'n intieme verhouding met God - diep kennis van God.  Lees Matteus 5:4.  

aandkerk 30 Augustus

Die bergrede gee 'n aantal riglyne van hoe om geluk en seën en gemak te ervaar.  Maar dit beteken dat ons ongemak moet verduur.  Breek jou hart vir die dinge wat God se hart breek?  Dan sal jy gelukkig wees, want jy sal God se hart ken en beleef!

God se hart breek vir die seer en pyn wat jy moet beleef!  Hoe kan jy leef sodat jy nie God se hart breek nie?

stukhart

Luister saam na die woorde van die lied Hosanna.  "Heal my heart and make it clean.  Open my eyes to the things unseen.  Show me how to love like You have loved me.  Break my heart for what breaks Yours.  Everything I am for Your kingdom's cause.  As I walk from earth into eternity."  

Watter gevoel bring dit by jou op?  Hoe beweeg dit jou van 'n gemaklike plek na 'n ongemaklike plek in jou verhoudings?  Hoe beweeg dit jou tot aksie?

Bid saam dat God jou hart sal breek vir:

* Mense wat nie terug wil keer na God toe nie, nie bely en bekeer nie

* Mense wat nie God se Woord lees en ken nie

* Mense wat nie die nood en dringendheid besef om God te openbaar nie

* Mense wat self-vernietigend is

* Mense wat nie besef dat God heling en herstel kan bring nie.

Amen.

 

 

  1. Die dag uit die koper-berge
  2. SAGARIA SE 7de GESIG
  3. WAT STAAN OP JOU BANIER
  4. Nie my krag, maar deur die krag van die Heilige Gees

Bladsy 5 van 65

  • Begin
  • Vorige
  • 1
  • 2
  • 3
  • ...
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • ...
  • Volgende
  • Einde
  • Afrikaans (ZA)
  • English (UK)

Website Developed and Hosted by
greendoor 12 - software it and hosting