aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

Sessies

Die dag uit die koper-berge

Screenshot 2020 08 24 at 1.39.24 PM

Hierdie week sluit Fresh Namibia ons reeks af oor die 8 visione in die boek van Sagaria.

Wat het vir jou uitgestaan in die 7 visione wat ons gedoen het tot nou, die afgelope 7 weke?

Deel met jou groep wat elkeen vir jou beteken het - 

Lees nou die laaste vision/droom in die volgende teks gedeelte:

Screenshot 2020 08 24 at 1.42.33 PM

Wat staan vir jou uit in die teks gedeelte?

Wanneer daar verwys word na koper in die Bybel, kom die tema en konneksie van oordeel sterk na vore- 

Screenshot 2020 08 24 at 1.44.54 PM

Die perde gaan die rigtings in om die oordeel te voltrek - hierdie is baie belangrik in die visione en drome om rede dis 'n werklikheid, jy kan letterlik doen net wat jy wil in hierdie lewe, maar jy is nooit vry van die gevolge-

Screenshot 2020 08 24 at 1.45.03 PM

Hoe sou jy die ewige oordeel verduidelik aan iemand?

Lees die volgende teks gedeeltes:

Screenshot 2020 08 24 at 1.45.55 PM

Wanneer ons in hierdie teks lees dat strydwaens en perde die oordeel bring uit die berge van koper behels dit die geweldadigste militêre mag van die tyd waarin hierdie boek geskrywe is - dit behels dat geen persoon dit kan kwyt spring nie -

Screenshot 2020 08 24 at 1.47.39 PM

Dit kan in vandag se tyd vergelyk word met 'n tank - 'n tank loop oor alles, niks kan God se oordeel vry spring nie.

Die visione uit Sagaria het ons keer op keer herinner aan die volgende teks-

Screenshot 2020 08 24 at 1.47.32 PM

Om 'n lewende verhouding met Jesus Christus te leef, behels 'n daaglikse keuse. Een waar elkeen van ons daagliks hom kies- 

Kies met jou woorde en dade - 

Hierdie behels 'n liefdevolle verhouding waarin ons nie bang hoef te wees vir Sy oordeel want ek en jy staan onder die bloed van Christus-

Lees die volgende teks:

Screenshot 2020 08 24 at 1.53.29 PM

Wat staan vir jou uit in hierdie teks?

Wat maak gelowiges anders?

Anders in die sin dat ons nie hoef bang te wees vir die oordeelsdag nie?

Screenshot 2020 08 24 at 1.57.22 PM

Daar is 'n storie van 'n  man wat die perfekte bank roof gedoen het - ver van die bank toe hy al begin feesvier het oor sy rooftog het die kleurplofstof tussen die note wat hy gesteel het ontplof.

Die man het ernstig seer gekry want die note het hy verberg in sy broek-

Hierdie storie leer ons elkeen opnuut dat maak nie saak of jy en ek die perfekte sonde in die wêreld doen waarvan niemand weet nie, God se oordeel is soos die kleurplofstof - dit gaan ontplof! Maak nie saak wat jy doen nie-

Screenshot 2020 08 24 at 2.07.00 PM

Wanneer jy dink oor die 8 verskillende visione wat Sagaria vir ons gee - hoe help dit jou en my om reg te wees vir die oordeelsdag?

Mag jy opnuut weer dink aan die visione en opnuut besef God is 'n God van genade

Hy weet waar jy is! Hy is genadig! Jesus was die perfekte offer gewees!

Leef dit! Praat dit! Doen dit!

Screenshot 2020 08 24 at 1.59.32 PM

Bid saam - 

SAGARIA SE 7de GESIG

SAGARIA SE 7de GESIG

 

VIR DIE AFGELOPE 6 WEKE IS ONS BESIG OM NA DIE PROFEET SAGARIA SE VISIOENE, OF GESIGTE, TE KYK.

sAGARIA 5.1.JPG

NA 6 GESIGTE VAN WAAR DIE HERE VIR DIE NASIE VAN ISRAEL BELOFTES GEMAAK HET EN VIR HULLE GEWYS HET DAT HULLE BINNEKORT WEER IN JERUSALEM IN SY TEENWOORDIGHEID GAAN LEEF.

MET DIE 7de GESIG WYS DIE HERE DAN WAT NOG IN DIE HARTE VAN DIE ISRAELIETE AANGAAN.

LEES SAGARIA 5:5-11 SAAM

sAGARIA 5.2.JPGDIE MANDJIE WAS GEBRUIK IN DIE ISRAELIESE KOOP EN VERKOOP VAN GRAAN. DIT WAS SO RONDOM 34 LIETER, WAT N GROOT MANDJIE WAS. 

DIE LOOD DEKSEL IS VAN LOOD, EN LOOD WAS OOK GEBRUIK IN DIE KOOP EN VERKOOP VAN GOED. DINK AAN N SKAAL WAT LOOD GEBRUIK OM TE SIEN WAT DIE WAARDE VAN N SEKERE HOEFEELHEID 'IETS' SOU WEES.

sAGARIA 5.3.JPG

DIE MANDJIE WAS GROOT OM DIE GODELOOSHEID VAN DIE NASIE WEG TE NEEM. SOOS ONS GESIEN HET, DIE VROU IN SAGARIA SE VISIOEN VERTEENWOORDIG DIE GODELOOSHEID VAN DIE ISRAEL NASIE.

DIE ISRAEL NASIE WAS SLAWE IN N VREEMDE LAND VIR 70 JAAR LANK EN HULLE HET TERUG GEKEER JERUSALEM TOE, OMDAT DIE HERE VIR HULLE GESE HET HULLE MOET DIE TEMPEL HERBOU. ONGELUKKIG HET DIE ISRAELIETE DIE GEBRUIKE, TRADISIES EN RITUELE VAN DIE VREEMDE LAND AF SAAM GEBRING, EN DIT BEINVLOED NOU HULLE LEWENS. HULLE SUKKEL OM IN GOD SE WIL TE LEEF.

sAGARIA 5.4.JPG

DIE HERE KOM WYS VIR SAGARIA DIE GRAAN MANDJIE EN DIE LOOD DEKSEL OM DIT DUIDELIK TE MAAK DAT WAARMEE HULLE BESIG IS HULLE VERHOUDING TE BREEK MET DIE HERE.

DIE ISRAELIETE SOU HULLE KOOP EN VERKOOP VAN GOEDERE SO BEINVLOED DAT HULLE MINDER BETAAL VIR WAT DIE WAARDE IS VAN WAT HULLE KOOP, EN DIT WAT HULLE VERKOOP MINDER MAAK AS VIR WAT DIE HOEFEELHEID SE EGTE WAARDE WAS. HULLE HET MEKAAR BESTEEL EN BEDROG GEPLEEK.

DAAROM WYS DIE HERE HOE HY DIE GODELOOSHEID VAN DIE NASIE TERUG GAAN STUUR NA DIE VREEMDE LAND WAAR HULLE DIE MANIER VAN GOED DOEN GELEER HET, EN DEEL VAN HULLE 2de NATUUR GEWORD HET. 

HY VAT DIT TERUG SINAR TOE SODAT DIT NIE MEER DEEL VAN DIE NASIE SE GEBRUIKE SAL VORM NIE.

DINK BIETJIE, WAT IS DAARDIE SONDE WAARMEE JY AL SO LANK BESIG IS, DAT JY NIE MEER SLEG VOEL DAAROOR NIE, DAT DIT AL SO HALF JOU 2de NATUUR GEWORD HET.

KOM ONS BID SAAM, EN VRA DIE HERE DAT HY ONS SAL HELP OM DAARDIE SONDE VAN ONS TE VERWYDER SOOS WAT HY DIT VER VAN DIE ISRAEL NASIE AF WEG GENEEM HET.

BESEF DAT GOD DIT REEDS IN JESUS CHRISTUS GEDOEN HET, TOE JESUS VIR AL ONS SONDES OP DIE KRUIS GESTERF HET, TOE HY DIT OORWIN HET EN OP GESTAAN HET UIT DIE DOOD UIT. HY HET REEDS DIE PRYS VAN ONS SONDE BETAAL, EN HY HET DIE SONDE REEDS OORWIN.

BID DAT DIE HERE JOU SONDES SAL VERGEWE EN DAT JY VAN JOU SONDE AF SAL WEG DRAAI, EN DIE HERE SE WIL SAL NASTREEF.

AMEN.

WAT STAAN OP JOU BANIER

Hierdie week kyk ons na die sesde gesig wat Sagaria gesien het.  Lees saam Sagaria 5:1-4. 

august1

Watter beeld kom by jou op as jy lees van die oop boekrol?  Is daar enige plekke in die Bybel wat jy kan onthou wat ook na boekrolle verwys?  Hierdie spesifieke boekrol is oopgerol en dit bevat 'n boodskap aan albei kante (sien ook ander vertalings wat uitbrei op die beeld).  

Dit herinner ons aan die boekrol in Openbaring 5. Lees hierdie teksgedeelte.  

august2

Wat staan vir jou uit?  Wat beteken dit dat die boekrol in Sagaria oop is en so groot soos 'n banier?  God is die enigste een wat die antwoorde in Sy handpalm hou.  Hy bepaal die toekoms, Hy het die oplossings.  

As jy vasgevang voel in jou omstandighede, sê God vir jou - kyk op.  

As jy opsoek is na antwoorde en vra waar jou hulp vandaan gaan kom - kyk op.  Jou hulp kom van die Here.  

kykop

In Eksodus 17:8-16 het Josua ook opgekyk na Moses, Aaron en Hur tydens 'n geveg teen die Amalakiete.  Elke keer wat Moses se arms omhoog was, het die Israeliete die oorhand in die geveg gehad, elke keer wat hy sy arms laat sak het, was hulle agter.  Sy hande in die lug verwys na God se teenwoordigheid, Sy beskerming en dat Moses bewys hulle "kyk op na God."  

Hy rig 'n altaar op en noem dit Jehovah Nissi - God is ons oorwinning, ons vaandel, ons banier.  Wat beteken dit vir jou dat God jou banier is?  Wat verteenwoordig die beeld van 'n banier vir jou?

nissi

Dis 'n manier om God te onthou soos wat Hy sy volk onthou het.  

Onthou om te onthou om My te onthou (ken jy daardie liedjie van Laurika Rauch?).

God herinner vir Sagaria dat Hy nog daar is met 'n reuse boekrol wat in die lug bo alles sweef, maar dat die volk Hom ook moet onthou, en Sy standaarde, Sy wil.

onthou

Die oop boekrol is 'n herinnering aan God se teenwoordigheid, Sy heerskappy, Sy beskerming.  Die boekrol herinner aan God se voorsiening, maar as ons die verwoestende boodskap lees, ook aan God se oordeel.  Daar gaan oordeel wees - daar gaan verwoesting wees - dis 'n realiteit en die waarheid.

Hoe laat dit jou voel?  Wat beteken God se oordeel vir jou?  

Dink aan 'n sportwedstryd sonder reels of 'n skeidsregter of grenslyne.  Dit sal totale chaos wees - dit het geen doel - daar is nie 'n uitslag of uitkoms nie.  Dink aan 'n hofsaak waar twee partye baklei, maar daar is nie 'n regter om die saak te verhoor en 'n beslissing te maak nie.  

Oordeel is eintlik 'n lig in 'n donker wereld, dis 'n antwoord op onopgeloste sake,dis 'n standaard wat bepaal of ons nog naby aan ons doel is of nie.  

 tien

Lees weer Sagaria 5:3-4.  Waaraan laat hierdie oortredings jou dink?  

Die Tien Gebooie -  elkeen van hierdie sondes verteenwoordig 'n plaat van die Tien Gebooie - met ander woorde al God se standaarde wat Hy vir ons ophou - teenoor Hom en teenoor mekaar.  

Daar waar God hang - soos 'n banier en 'n laken wat beskerm - daar kan sonde nie hang nie.  

door

Watter toegewings of kompromiee maak jy in jou lewe?  Watter dubbel standaarde het jy? Staan jou huis vir sekere standaarde en waardes, of is dit maar net "anything goes?"  

Nes die Israeliete bloed aan hul deurkosyne gesmeer het soos God hul beveel het - om beskerming te geniet van Hom - so word ek en jy gevra om God se banier bo ons deurkosyn vas te spyker en vir Hom te staan.  

God kom herinner ons daaraan dat Hy in beheer is en dat Hy ons oortredings uitwis en daarvan vergeet... maar dat ons Hom nie moet vergeet nie, en wat Sy wil vir ons is nie - en die standaard hoog sal hou.

banier

Hoe lyk jou banier?  Hoe hou jy God se naam hoog in jou alledaagse lewe?  Wat is die standaarde waarop jy geen toegewings maak nie?  God belowe beskerming vir die huis wat op Sy rots staan, maar nie vir die huis wat op leuens en valsheid en dubbele standaarde gegrond is nie.  

 

BID:  Here, herinner my en wys vir my die areas in my lewe waar ek dubbele standaarde het

Here, dankie vir u vergifnis en genade, maar ook vir U oordeel en regverdigheid

Here, dankie dat U banier hoog vlieg en vir ons lig in 'n donker wêreld bring!

Amen

 

 

 

 

  1. Nie my krag, maar deur die krag van die Heilige Gees
  2. VUIL WASGOED
  3. DIE MAN MET DIE MAATLYN
  4. Jou ambag gee lewe

Bladsy 6 van 65

  • Begin
  • Vorige
  • 1
  • 2
  • 3
  • ...
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • ...
  • Volgende
  • Einde
  • Afrikaans (ZA)
  • English (UK)

Website Developed and Hosted by
greendoor 12 - software it and hosting