Wat staan vir jou uit as jy hierdie aanhaling lees en dit gebruik om na jou eie lewe tans te kyk?
Hoekom is dit soms moeilik om self ondersoek in te stel oor jou eie rigting wat jy tans in beweeg?
Wat is die kern elemente van 'n gesonde lewens pad?
Die "Darwin Awards" is 'n beginsel waar objektiewe partye van buite kyk na individue wat besig is met aksies wat dodelike gevolge gaan hê.
Hierdie is baie keer die geval met elkeen van ons op ons eie lewens padjie, onbewus van die dodelike gevolge van ons keuses wat ons besig is om te maak.
Lees die volgende stuk teks:
Wat staan vir jou uit in hierdie stuk teks?
Bespreek gevalle waar jy al gesien het hoe mense om jou besig was met dinge wat gelei het tot negatiewe gevolge.
Wat staan vir jou uit in die kontras tussen die perspektief van Salomo en die jong onverstandige man se perspektief?
Hoekom gebeur dit so maklik dat ek en jy vasgevang word in 'n rigting wat 'n sekere dood as bestemming het?
Lees die volgende stuk teks:
Wat staan vir jou uit in hierdie stuk teks?
In tye van versoeking wanneer ek en jy swak voel - is dit juis hierdie tye wanneer die Here sterk is, wat beteken dit vir jou?
Ons perspektief is baie keer soos hierdie jong man, iemand wat nog onvolwasse en onverstandig handel. Hoe kan ek en jy dit verander?
Lees die volgende stuk teks:
Wat staan vir jou uit in hierdie teks as jy dink aan God se genade?
Lees weer Spreuke 7:14, wat beteken hierdie woorde van die vrou?
Baie keer maak ons God se genade goed koop en loop ons in 'n bepaalde rigting want ons weet God sal ons elke keer vergewe.
Bespreek sulke tye waar jy al dinge gedoen of gesê het want jy weet die Here sal jou vergewe?
Kyk die volgende clip: (click op die rooi)
Waaraan dra jy tans?
Wanneer laas het jy vir jouself gevra wat dra ek? Dit wat jy dra bepaal jou rigting?
Kyk die volgende clip: (click op die rooi)
Wat is daar in jou lewe wat jy tans doen, op 'n gereelde basis vir geen duidelike rede?
Wanneer laas het jy jou aksies geweeg en jou rigting waarin jy loop evalueer?
Mag jy opnuut besef dat al jou aksies hoe klein of groot bepaal jou rigting waarin jy leef
Mag jy opnuut besef jou rigting bepaal jou bestemming!
Mag jy opnuut 'n rigting inslaan saam met God en Sy genade keer op keer ervaar!
Bid saam...
Lees die volgende stuk teks: Matteus 28:16-20
Wat staan vir jou uit aan Jesus se laaste woorde op aarde?
Hoekom dra iemand se laaste woorde soveel gewig?
Wanneer jy vers 18 lees - wat beteken die term "alle mag in die hemel en aarde" vir jou?
Wanneer ons kyk na Jesus se woorde in die vier evangelies in terme van Jesus se mag; dan kry ons die volgende ses aspekte.
Lees Markus 2:5
Wat staan vir jou uit in hierdie teks oor Jesus se mag?
Lees 1 Timoteus 2:5
Wat staan vir jou uit in hierdie teks oor Jesus se mag?
Lees Lukas 24:45
Wat staan vir jou uit in hierdie teks oor Jesus se mag?
Lees Johannes 15:26
Wat staan vir jou uit in hierdie teks oor Jesus se mag?
Lees Johannes 10:27-28
Wat staan vir jou uit in hierdie teks oor Jesus se mag?
Lees Johannes 6:40
Wat staan vir jou uit in hierdie teks oor Jesus se mag?
Hierdie 6 aspekte wat Jesus se mag op aarde en in die hemel omskryf gee my vrede - Goddelike vrede wat alle verstand te bowe gaan soos Filippense 4:7 beskryf omdat ek weet dat ek en jy nie hierdie goed op ons eie kan doen nie!
Wat staan vir jou uit oor hierdie ses aspekte?
Ons teks vir die week fokus ook baie sterk op die "GAAN"
Om hierdie gaan te verstaan moet ons eers weer kyk na die definisie van die woord dissipel; Stephan Smallman skryf in die ByFaith tydskrif die volgende eenvoudige definisie:
Hoe help hierdie definisie ons met die "GAAN"?
Een van die belangrikste aspekte van die gaan behels - dat die "GAAN" nie altyd daar ver is nie, maar meeste van die kere hier in die nou wat jou tans omring.
Rob Bell het 'n baie smart boek geskryf; "How te be here" wat ons help met hierdie proses van dissipelskap in die nou.
Een van die belangrikste aspekte van dissipelskap behels 'n proses, dis nie 'n "once-off" ding nie!
Om alles te leer en om meer spesifiek mense dit te leer om dit te onderhou behels 'n proses.
Hoe maak jy dit deel van jou lewens proses?
Hoe maak jy dit deel van jou alle daagse lewe?
Ek en jy groei daagliks in ons verstaan van Jesus, in ons verstaan van die evangelie...
Om 'n dissipel te wees en "JA" te antwoord om Jesus se roep behels om dit te deel met ander-
Hoe doen jy dit tans in jou daaglikse proses van lewe?
Dit behels om anders te leef - "heilig te wees" want God is heilig!
Lees 1 Petrus 1:16; Levitikus 20:7 en Efesiërs 4:24
Wat beteken dit vir jou?
Hoe kan ons dit prakties verstaan? Wat is die verskil tussen die wagkamer waar kandidate wag vir 'n werks onderhoud en 'n dokter se spreekkamer se wagkamer?
In die een sit almal hulle beste voet voor - die ander een weet almal - almal is siek en kort hulp!
Ons moet nooit leef asof ons alles uitgesorteer het nie- ons moet elke dag leef in totale afhanklikheid van die Here!
Dis hoekom Jesus se laaste woorde in Matteus 28:16-20 so belangrik is - Immaneul God met ons!
Jesus wandel elke dag saam met my en jou om ons te versterk in ons daaglikse proses om Sy dissipels te wees!
Mag jy opnuut dit wees en leef!
Bid saam
Lees die volgende stuk teks:
Wat staan vir jou uit in hierdie gelykenis?
Kyk die volgende clip: (click op die rooi)
Wanneer jy dink aan die gelykenis is dit maklik om te verstaan dat die saad die evangelie verteenwoordig.
Die evangelie behels die goeie nuus - Jesus het jou lief nes jy is en sal jou nooit los nes jy is nie. Jesus het ook gesterf vir al jou en my sondes.
Hierdie evangelie transformeer mense van binne en word nie met geweld afgedwing nie.
Wanneer jy hierdie evangelie deel maak van jou lewe het dit krag onder leiding van die Heilige Gees
om jou van binne af te verander.
Daar is soveel voorbeelde waar mense gesaai het - en asgevolg van hulle gehoorsaamheid om die evangelie aan te hou deel, het talle harde harte sag geword en het ook 'n kragtige deel in die koninkryk van die Here gespeel.
Hoekom dink jy is hierdie nuus so belangrik?
Lees die volgende stuk teks:
Wat staan vir jou uit in hierdie teks?
Het jy al besef asgevolg van jou gehoorsaamheid kom daar nog 'n dele van die liggaam by?
Dele wat 'n baie belangrike rol moet speel in die liggaam.
Wat keer jou om daai dooie dele - te bedien met die lewend-gewende evangelie saad?
Wanneer jy hierdie gelykenis lees besef ons net Jesus kan saad laat groei.
Ons word geroep tot gehoorsaamheid om elke dag die evangelie te saai...
As jy dink aan die verskillende tipes grond waarin die saad beland;
hoe sou jy sulke individue beskryf vir wie ek en jy geroepe word om aan die evangelie te verkondig?
Een van die kern elemente van hierdie gelykenis is die feit dat ek en jy nie die "evangelie" kan laat groei nie, maar ons word geroep om te saai!
Waar word jy geroep om te gaan saai?
Een van die wonderlike aspekte van die evangelie is die verandering wat dit bring van binne, dis soos 'n saadjie wat onder die grond verander in die donkerte. Hierdie is die kern van die evangelie, dit is nie iets wat geforseer word op die individue nie.
Bespreek hierdie lewens veranderende proses van die evangelie.
Dis 'n vriendelike uitnodiging soos saad wat gesaai word.
Hoe lyk dit prakties?
Hoe lyk die manier waarop jy tans saai?
Hoe lyk 'n geforseerde saai van die evangelie?
Hoekom is gebed so belangrike fasset na afloop van die saai?
Mag jy opnuut besef 'n sagte benadering in liefde is die manier waarop Jesus gesaai het.
Mag jy opnuut besef jy het soveel evangelie om te saai - moenie die saai geleenthede mis nie.
Mag jy opnuut gehoorsaam wees aan hierdie groot opdrag
Bid saam