Wanneer ons na die boek Sagaria kyk - is dit belangrik om te kyk na die betekenis van die boek
"Die Here onthou"
Weet ook in die nou en die hier van 2020 - Die Here onthou jou
Hierdie boek is meer as 2500 jaar terug geskryf- vir tye soos die, 2020 is sover een van die meer uitdagendste jare wat ons generasie al beleef het -
Wat het vir jou uitgestaan sover in die eerste vier gesigde wat ons behandel het die afgelope vier weke?
Wat staan vir jou uit in elkeen?
Lees die volgende teks
Wat staan vir jou uit in hierdie teks?
Hierdie teks speel af in die pienk gedeelte - die volk is weer op pad terug na Jerusalem, hulle is besig om die tempel te herbou. Dis moeilik hulle is baie minder as in die tyd toe Salomo die eerste tempel gebou, baie minder bronne en hulle is baie meer weerloos.
Hierdie omstandighede maak die 5de beeld in Sagaria soveel meer spesiaal vir ons vandag-
Wat staan vir jou uit in die gesig in Sagaria 4?
Hierdie gesig getuig van twee olyfbome wat die olie van die kandelaar voed. Olie word regdeur die Bybel gebruik om na die Heilige Gees te verwys
Hierdie gesig herinner ons ook in vers 6 dat ons nie ons omstandighede uit ons eie mag en krag moet aanpak nie, maar deur die krag van die Heilige Gees
Lees weer vers 7?
Watter berge het jy tans in jou lewe wat jy tans uit jou eie mag en krag aanpak?
Wat staan vir jou uit in die rooi?
Hoekom is dit belangrik om dit weer as gelowiges te gaan deel met nie-gelowiges in die wêreld daar buite?
Lees die volgende teks
Hoe help hierdie teks jou interme van die krag van die Heilige Gees wat in jou en my is?
Ook die feit dat dit nie op raak nie? Dink weer aan die betekenis van die twee olyfbome langs die kamdelaar wat dit voed met olie
Hierdie kan ook gesien word as die kern van die lig - 'n boodskap van hoop vir die gelowiges in die tyd van Sagaria, maar ook vandag-
Wanneer ek en jy dink aan die betekenis van die boek - Sagaria (Die Here wat ons onthou) watter hoop gee dit vir jou tans?
Hoe help hierdie twee teks gedeeltes jou om jouself te herinner dat God getrou is?
God is betroubaar en dis deel van die boodskap van Sagaria- hoe help jou dit tans interme van die berge wat jy tans in die gesig staar?
Bid saam
- Dat die Here jou opnuut sal versterk met sy Heilige Gees (olie wat nie op raak nie)
- Dat jy ook ander sal versterk in tye soos die met die woorde van hoop
Hierdie week behandel ons die vierde gesig wat Sagaria gesien het in Sagaria 3:1-10. Lees dit saam en kyk veral hoe die toneel wat afspeel vergelyk met 'n hofsaak.
Niemand van ons hou daarvan om in die beskuldigde bank te staan nie. Of jy nou skuldig of onskuldig is, dit bly intimiderend. In hierdie gesig van Sagaria staan Jesua, die Hoëpriester in die beskuldigde bank en hy verteenwoordig die Israeliete, en as't ware die hele mensdom. God is in die regterstoel. Die aanklaer is niemand anders as die Satan nie - hy staan aan die regterkant en vinger wys.
Die Israeliete was vir seker skuldig omdat hulle God bedrieg en vir Hom gejok het, ander afgode gedien het - net so beweeg ek en jy ook op ongemaklike plekke en doen ongemaklike dinge in ons lewe.
Hoe laat dit jou voel? Hoe dink jy het Jesua gevoel om op so 'n ongemaklike plek voor God en Satan te staan?
Dikwels word die verkeerde daad wat ons doen vinnig uitsorteer, of ons vergeet daarvan en gaan aan, maar die effek daarvan kleef nog vir lank aan ons vas, soos vet kolle aan 'n jas. Die effek is - al hoe verder van God af as gevolg van wat ons gedoen het... en al hoe moeiliker vir ons om terug te kom, want ons is skaam en voel skuldig en verneder.
Dra jy dalk swaar aan emosionele en geestelike baggasie, onvergewensgesindheid, verwyte, skuld en skaamte, woede, angs? Hebreërs 12:10 vra dat ons hierdie laste sal afpak en sal fokus op die oorwinning in Christus.
Jesua se klere was liederlik bevuil, maar God roep hom na die hofsaal en aanvaar hom nes hy is, waar hy is, met vuil klere en al. Hy trek ook vir hom skoon klere aan, en sit 'n tulband op sy kop as 'n teken van oorwinning en nuut begin.
Lees nou vers 8 en 9 weer 'n keer deur. Verstaan jy die beelde waarna Sagaria verwys? Herken jy die goeie nuus wat hy voorspel? Sagaria voorspel die koms van die Messias, die Loot, die Nuwe Tak, Nuwe Begin, wat ons sondes kom verlos en dit in een dag mee afgereken het - aan die kruis. God, die regter, haat sonde, maar Hy lief sondaars! Hy stuur Sy Seun Jesus Christus om vir ons skuld te betaal en nou sit Jesus aan die Regterkant en nie Satan nie! Hy het met die skuld afgereken, maar ook die aanklaer se klag uit die hof gegooi (Openbaring 12). Dit het nie meer vatplek aan ons klere nie.
Lees Hebreërs 4:15-16. Wat staan vir jou uit in hierdie teks? Hoe laat dit jou voel ten spyte van jou skuldige gewete?
Is jy ook bang om na God toe te kom met jou probleme? Voel jy ook te skuldig en te skaam om voor Hom te verskyn? Voel jy soms die Heilige Gees laat jou ongemaklik voel en "kla jou aan" vir wat jy doen?
Die Heilige Gees is nie die aanklaer nie - Hy roep jou terug met 'n stem van verlossing en vergifnis na die feesmaal! Dis nie 'n veroordeling nie, dis 'n oorwinningsmaaltyd!
Romeine 8:1 sê dat daar nou geen veroordeling vir ons is nie, in Christus. Lees ook Romeine 8:31-34. Wat beteken dit vir jou? Sien jy die verskil tussen God se roepstem en die stem van die Satan?
Sien jy dat die bloed van ons dade 'n noodkreet is, maar dat Jesus se bloed met vergifnis en genade antwoord?
Is jy vandag bereid om jou vuil wasgoed by God se voete te kom neersit?
Wat maak jy met jou tweede kans wat God jou gegee het?
Is daar iemand wat jy dalk al afgeskryf het, wat jy dalk moet vergewe en 'n tweede kans gee?
Gaan vertel die goeie nuus vir almal daar buite, want God red ons nie net om 'n nuwe kleed te kry nie, maar om Sy grondgebied weer terug te eis, om die hekke van Jerusalem oop te maak vir alle nasies, Sy hele skepping roep Hy terug na Hom toe!
BID dat God jou sal gebruik om Sy grondgebied terug te eis en die oorwinning te verkondig!
DIE MAN MET DIE MAATLYN (SAGARIA 2:1-13)
DIE AFGELOPE 2 WEKE HET ONS NA DIE EERSTE TWEE VISIOENE VAN DIE PROFEET SAGARIA GEKYK.
HIERDIE WEEK GAAN ONS NA SY DERDE VISIOEN KYK; DIE MAN MET DIE MAATLYN.
LEES SAGARIA 2:1-5 SAAM.
WAT HOOR JY IN HIERDIE TEKS GEDEELTE?
WAT STAAN HIER VIR JOU UIT?
DIE MAATLYN VERWYS NA HERNUWING WAT GAAN KOM, NA DIE STAD VAN JERUSALEM WAT HERBOU GAAN WORD, EN DAT DIE NASIE VAN ISRAEL WEER TERUG SAL KOM OM IN DIE HEILIGE STAD VAN GOD, IN SY TEENWOORDIGHEID TE WOON.
LET OP DAT DIE ENGEL DIE JONG MAN KEER VOORDAT HY DIE OMTREK VAN JERUSALEM KAN MEET, WANT JERUSALEM GAAN N STAD SONDER MURE WEES.
GOD SAL DIE MUUR VAN DIE STAD WEES, HY SAL DIE MENSE IN JERUSALEM BESKERM, HY SAL N MUUR VAN VUUR OM DIE STAD WEES, EN HY SAL TEENWOORDIG WEES.
WAT SE HIERDIE GEDEELTE VIR JOU VAN JOU EIE LEWE EN VAN JOU VERHOUDING MET GOD?
LEES SAGARIA 2:6-13 SAAM.
WAT STAAN VIR JOU UIT IN HIERDIE TEKS GEDEELTE?
ONS MOET VERSTAAN DAT DIE NASIE VAN ISRAEL AL VIR OMTREND 70 JAAR LANK IN BALLINGSKAP WAS IN N ANDER LAND, EN HULLE HET GEMAKLIK GERAAK IN HULLE ONGEMAKLIKE OMSTANDIGHEDE. DAAROM WAS DIT VIR HULLE MOEILIK OM TERUG TE GAAN NA JERUSALEM. BAIE VAN DIE NASIE HET NIE EENS GEWEET HOE DIT VOEL OM AS N PERSOON WAT VRY IS TE LEWE NIE, OMDAT HULLE HUL LEWE LANK AS SLAWE GELEWE HET. HULLE HET GEWOOND DAARAAN GERAAK OM BESIT TE WEES DEUR N ANDER NASIE OF KONING.
NET SOOS GOD DIE NASIE UIT DIE ANDER LAND STREKE OM JERUSALEM ROEP OM TERUG TE KOM NA JERUSALEM, WAAR HY HULLE SAL BESKERM EN WAAR HY TEENWOORDIG SAL WEES, ROEP HY VIR MY EN JOU UIT ONS OMSTANDIGHEDE VAN SONDE EN ONS SLAWERNY AAN SONDE UIT OM NA HOM TOE TE KOM EN AAN HOM TE BEHOORT.
MISKIEN HET ONS OOK GEMAKLIK GERAAK IN ONS ONGEMAKLIKE OMSTANDIGHEDE, MAAR GOD ROEP ONS DAAR UIT OM NA HOM TOE TE KOM, OM VERLOSSING TE ONTVANG EN OM VRY TE LEWE.
BID SAAM