aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

Sessies

Jou ambag gee lewe

Screenshot 2020 07 12 at 9.02.27 PM

Lees Sagaria 1:18-21

Met jou eerste lees van hierdie teks gedeelte watter gedagtes kom by jou op?

Screenshot 2020 07 12 at 9.04.07 PM

In hierdie teks gedeelte word daar baie direk verwys na die die vier horings- waarna dink jy verwys dit?

Screenshot 2020 07 12 at 9.06.22 PM

In hierdie teks gedeelte word daar ook verwys na die vier ambagsmanne - waarna dink jy verwys dit?

Het jy al ooit gedroom of 'n stuk teks gelees en gewens iemand kan vir jou help dit verklaar?

Deel van die dieper verstaan van hierdie teks gedeelte begin met die vier horings-

Screenshot 2020 07 12 at 9.08.38 PM

Die vier horings verteenwoordig die nasies wat Israel verstrooi het - 

Wat leer ons hieruit?

As jy ver van God jouself bevind is die nie God wat beweeg het nie, maar jy...

Wat is die vier dinge tans in jou lewe wat jou weg van God af neem? Vier dinge wat jou weg neem in jou rol in die koninkryk van die Here?

Screenshot 2020 07 12 at 9.10.32 PM

Wat behels die koninkryk van die Here vir jou?

Ons glo dis 'n beweging - 'n beweging van mense wat saam ander nader trek na die hartklop van die evangelie, 'n lewende verhouding met Jesus Christus.

Lees die volgende teks gedeelte in Efesiërs

Screenshot 2020 07 12 at 9.18.11 PM

Wat staan vir jou uit in hierdie teks gedeelte?

Hierdie verwys na die vier ambagsmanne - manne wat die wapenrusting aan het om so vas te staan in die evangelie.

Screenshot 2020 07 12 at 9.20.07 PM 

Wanneer ons ambagsmanne en die wapenrusting met mekaar koppel bring dit ons by die beeld van Simba

Screenshot 2020 07 12 at 9.21.53 PM

Simba se brawe poging om teen die hiënas te veg was nutteloos tot Mufasa sy pa hom kom help het. 

Simba wou die donker deel sien alhoewel sy pa vir hom gesê het nee.

Dan dwaal hy af, letterlik raak die donker deel, die olifant begrafplaas vir hom een van die horings waarna die teks verwys-

Dan raak Mufasa vir hom soos een van die vier ambagsmanne- 'n redder uit sy noodlot.

God stuur vir jou en my ambagsmanne - manne wat spesfiek bekwaam is om jou en my te red uit ons konteks.

Maar - God wil jou ook gebruik as ambagsman!

Watter talente het jy? Spesiefieke opleiding om ook 'n redder ambagsman/vrou vir iemand te wees?

Lees die volgende stuk teks in Efesiërs

Screenshot 2020 07 12 at 9.28.10 PM

Wat staan vir jou uit in hierdie teks gedeelte?

God se wapenrusting lyk nie net mooi nie, maar dit het 'n doel

Ambagsmanne/vroue werk baie keer alleen, maar ook baie deel as 'n span. 

Wat is jou rol?

Waar kan jy vir iemand 'n Mufasa wees, 'n redder waar jy jou God gegewe talente kan gebruik om iemand terug te bring na die hartklop van die evangelie?

Screenshot 2020 07 12 at 9.31.46 PM

Daar is min dinge so sleg as iemand wat homself of haarself uitgee as iemand wat hy of sy nie is nie- 

Byvoorbeeld om met krag drade te werk as jy niks daarvan weet nie... jy stuur af op 'n ramp.

Waar wil die Here jou aanwend?

Jou en my identiteit lê in ons identiteit wat die Here vir ons gee deur sy gawes - mag jy opnuut dit gebruik om ook so vir iemand 'n ambagsman/vrou te wees

Mag jy opnuut stil raak by die Here

En opnuut hoor waar die Here jou wil gebruik

Screenshot 2020 07 12 at 9.36.32 PM

Bid saam

Sagaria 1:7-17

Screenshot 2020 07 05 at 8.48.51 PM

Lees die teks gedeelte in Sagaria 1:7-17

Hierdie visie gee ons as gelowiges baie hoop vir die tyd waarin ons tans leef. Om dit beter te verstaan moet ons dit stap vir stap opbreek-

Screenshot 2020 07 05 at 8.52.23 PM

Die perde verteenwoordig die engele wat vir die Here inligtig gee oor die gang van sake op die aarde, so belangrik dat ek en jy weer opnuut moet hoor en besef dat God weet waar jy jouself tans bevind. God weet dit -

Screenshot 2020 07 05 at 8.54.09 PM

Dan kom die vraag van die mense; Here hoe lank nog? Hierdie verwys na die Israeliete wat in die tyd van Daniël in ballingskap weggevoer is na 'n vreemde land as slawe. Hierdie is die konteks waarin die Here hulle kom bemoedig en kom herinner van sy liefde vir hulle-

Screenshot 2020 07 05 at 8.57.12 PM

Dis interresant hoe na 70 jaar verwys word - letterlik 'n geslag wat in taai moeilike omstandighede leef, en die Here vra, Here help ons!

Screenshot 2020 07 05 at 8.58.49 PM

Dan kry ons in vers 13 die engel wat vriendelik en bemoedigend antwoord met die woorde in vers 14 

Screenshot 2020 07 05 at 9.00.59 PM

Die Here die almagtige is hartstogtilik begaan oor jou! Die Here gebruik die teks vandag om vir jou en vir my te herinner - Hy is lief vir jou waar jy is en Hy weet van jou omstandighede-

Screenshot 2020 07 05 at 9.02.56 PM

In vers 16 lees ons die Here gaan Jerusalem herbou - die ou vertaling vertaal dit met die gebruik van 'n meetsnoer, 'n maatband. Hierdie word slegs gebruik met die op bou van dinge. Hier is 'n groot stuk opbouende hoop vir elkeen van ons in die teks-

Screenshot 2020 07 05 at 9.06.16 PM

Om vandag in hierdie jaar 2020 te hoor - stede gaan weer oorstroom word met voorspoed en genade...

Wat beteken hierdie teks vir jou?

Screenshot 2020 07 05 at 9.18.51 PM

Een van die kern beginsels wanneer mens prakties raak vanuit die teks behels die "hoekom"

Simon Sinek is 'n meester om ons daarmee te help- 

As gelowiges begin die belangrikheid van hierdie teks ook in die hoekom? Hoekom gee dit hoop?

Screenshot 2020 07 05 at 9.10.38 PM

Dit gee hoop vir gelowiges wat opnuut hoor

1. Die Here sien my 

2. Hy weet presies waar ek is en Hy hoor my vraag- hoe lank nog?

3. Die Here is hartstogtelik lief vir my

4. Die Here spreek woorde van opbou (maatband taal)

5. Voorspoed in genade... is my voorland

Hierdie punte in die teks die week gee my baie hoop - dit gee my die moed om juis anders die lewe te gaan leef, praat en doen-

Wat hoor jy nog in Sagaria 1:7-17?

 Screenshot 2020 07 05 at 9.20.33 PM

Die boek is geskryf oor besighede wat nie net fokus op wins, maar wat mense eerste stel -

Wanneer ons as gelowiges leef in slegte en moeilike tye soos vandag staan die volgende geloofsoortuigings vir my uit - 

Screenshot 2020 07 05 at 9.20.58 PM

Om te weet jy is 'n verbonds kind - die Here is elke geslag se Here (ook joune)

Die Here beskerm jou selfs in donker tye

Die Here wil jou gebruik om verder te bou - maatlyn stories... soos geskrywe in Sagaria 1

Screenshot 2020 07 05 at 9.39.20 PM

Hierdie maak die manier hoe gelowiges leef in taai tye soos die waarin ons tans lewe "kerk" die beweging van gelowiges onweerstaanbaar- 

Wanneer ek en jy leef vanuit 'n geloofsoortuiging van Sagaria 1:7-17 weet ons daar is hoop!

Praat, doen en leef ons anders- dis aanloklik!

Screenshot 2020 07 05 at 9.30.25 PM 

Hierdie raak jou realiteit selfs in die moeilikste omstandighede - hierdie is die woorde van Stefanus net voor hy gestenig word-

Screenshot 2020 07 05 at 9.34.06 PM

Hebreers 12:1-3 help ons hiermee - om ons fokus op Jesus te hou-

Wat staan vir jou uit in die Heb 12:1-3?

Ons elkeen is in ons eie omstandighede, maar ons geloof in die Here is dieselfde-

Mag jy opnuut weer hoor God sien jou!

Mag jy opnuut besef die Here gee vir jou ewige hoop in Sy genade

Mag jy opnuut dit weer gaan leef in die maraton wat jy tans hardloop-

Bid saam -

Screenshot 2020 07 05 at 9.33.23 PM 

Nie my wil nie, maar U wil

Hierdie week kyk ons na die apostel Paulus se lewe en na sy voorbeeld in Handelinge.  Paulus word deur Jesus geroep om die goeie nuus van Jesus, die evangelie, met mense te gaan deel.  Paulus het 'n lewe geleef, waar ons met oortuiging kan sê dat sy lewensleuse was: "Nie my wil nie, maar U wil."

qwe.JPG

 

 

asa.JPG

Lees Handelinge 21:1-16 saam.  Wat staan vir jou uit in hierdie gedeelte? Kyk weer na vers 13.  Wat sê dit vir jou van Paulus en wat beteken dit vir jou in jou eie lewe?

Handelinge 21.JPG

 

HAND21v1t6.JPG

 

HAND 21v7t9.JPG

Ter agtergrond, onthou dat Paulus oppad Jerusalem toe is om die evangelie van Jesus Christus te gaan verkondig.  Paulus is deur die Heilige Gees aangemoedig om Jerusalem toe te gaan en die Heilige Gees waarsku hom oor die gevangenskap en die vervolging wat op hom wag. 

Lees Handelinge 20:22-24 saam.  Wat sê Paulus nou eintlik in hierdie gedeelte?  Hoe lyk jou besluite en lewe in die aangesig van bedreiging?  Hoe sien jy jou rol as Christen in 'n sondige wêreld in die lig van hierdie teks?

HAND 20.JPG

Na wie se planne luister jy in die aangesig van bedreiging?  Is jy bereid om steeds God se wil na te volg al kry jy teenkanting en al stem niemand met jou saam nie?

Paulus se vriende het hom gewaarsku om nie te gaan nie, maar hy was oortuig dat hy moes en het voortgegaan om die wil van die Here te volg.

HAND 21v 7t10.JPG

HAND 21 laste.JPG

As Christene moet ons weet dat daar teenkanting en vervolging gaan wees, ons moet dit verwag ook - maar dit moet ons nie van stryk af bring nie.  Na wie se stem luister jy?  Waarop basseer jy jou besluite en die rigting wat jy inslaan? 

Paulus het sy roeping 100% verstaan en daarom het hy gesê dat hy tronk toe sal gaan vir Jesus en selfs sal sterwe vir Jesus. Hy stel die wil van die Here bo sy eie wil en daarom maak die nagevolge nie vir hom saak nie, solank hy gehoorsaam is aan die Here.  

CALLED BY GOD.JPG

As geroepene van die Here, hoe word jou keuses en lewe beïnvloed deur die wil van die Here?  Wat kan jy vandag begin doen om die wil van die Here te gehoorsaam en daarvolgens te lewe? 

HAND APPLIC.JPG

 

BID SAAM.

HAND PRAY.JPG

  1. Is jy deel van die puzzle of speel jy met wolwe
  2. Aanspreeklik vir mekaar
  3. Verander, Bestemming en Impak
  4. Vrymoedigheid van die Heilige Gees

Bladsy 8 van 65

  • Begin
  • Vorige
  • 3
  • ...
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • ...
  • 11
  • 12
  • Volgende
  • Einde
  • Afrikaans (ZA)
  • English (UK)

Website Developed and Hosted by
greendoor 12 - software it and hosting