aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

Sessies

Is jy deel van die puzzle of speel jy met wolwe

Screenshot 2020 06 21 at 2.54.31 PM

Ons het laas week gefokus op die verantwoordelikheid wat ons het teenoor mekaar as gelowiges, ons kern twee teks gedeeltes waarna ons gekyk het was die volgende twee teks gedeeltes - lees die volgende twee gedeeltes:

Screenshot 2020 06 21 at 2.55.34 PM

Screenshot 2020 06 21 at 2.56.47 PM

Wat staan vir jou uit as jy dink aan jou verantwoordelikhede teenoor jou mede gelowiges?

Lees die volgende stuk teks - dis ons fokus teks vir die week. Paulus skryf vir die gemeente om hulself op te pas teen die wolwe in die wêreld.

Screenshot 2020 06 21 at 2.43.42 PM

Wat staan vir jou uit in hierdie teks?

Wanneer jy dink aan die laaste vers wat staan vir jou uit in vers 32?

Screenshot 2020 06 21 at 2.44.17 PM

Daar is soveel kerke wat spanning ervaar omdat hulle lede verloor aan die wolwe. Wanneer ek dink aan die wolwe in die wêreld behels dit lede wat los geraak het van die hegte eenheid van die geloofsgemeenskap.

Screenshot 2020 06 21 at 2.44.39 PM

Een van die kern beginsels wat ons leer in vers 28 is die beginsel van genade-

Alles wat ons is, is as gevolg van Jesus se bloed wat gevloei het vir elkeen van ons op die naam-

So wanneer ons vir onsself in die spieël kyk sien ons eintlik iemand wat net is - asgevolg van God se genade-

Screenshot 2020 06 21 at 2.44.53 PM

Die beste manier om na jouself te kyk is om te sorg dat ek en jy deel van die Here se puzzle bly.

Die Here se puzzle is niks anders as die gemeenskap van gelowiges-

Wanneer ek en jy op ons eie belang fokus breek ons weg van die groter puzzle en raak ons vatbaar vir die wêreldse wolwe... 

Screenshot 2020 06 21 at 2.45.04 PM

Wanneer laas het jy evalueer hoeveel tyd en energie jy in jou werk plaas en dit vergelyk met die energie wat jy plaas in jou verhouding met die Here-

Wanneer ek en jy ons energie in ons verhouding met die Here plaas, raak ons al hoe meer bewus van ons genade band met Jesus asook die genade band met die groter geloofs puzzle - die band tussen die puzzle stukke is niks anders as genade...

Screenshot 2020 06 21 at 2.45.51 PM

Die aanvalle op die gelowiges word baie maklik verstaan wanneer almal deeglik bewus is van die genade wat ons koppel aan mekaar en God-

Screenshot 2020 06 21 at 2.46.01 PM

Wanneer ons dink aan die wolwe waarna verwys word - behels dit die volgende:

Wolwe kies altyd die swakker lede - lede wat nie meer gekoppel is aan die groter geloofsgemeenskap 

Die beste manier om die wolwe van die lewe te hanteer is om seker te maak jy is vas aan die geloofsgemeenskap-

Screenshot 2020 06 21 at 2.46.11 PM

Screenshot 2020 06 21 at 3.45.33 PM

Elkeen van ons is vatbaar vir wolwe, ons moet daagliks seker maak ons is deegliks bewus van ons genade band aan die Here en die mede-gelowiges. 

 Screenshot 2020 06 21 at 2.46.45 PM

Ons grootste rol is om mekaar vas te hou - ook die lede "puzzle deeltjies" wat los geword het. Dis ons grootste rol ook die een waarvan Paulus ons herinner in Handelinge 20:28-32

Screenshot 2020 06 21 at 2.47.11 PM

Die kern hiervan ego die grootste gebod - Om die Here met jou alles lief te hê, ook jouself en jou naaste-

Screenshot 2020 06 21 at 2.47.25 PM

Dit begin met genade - 1 Korintiërs 15:10, die bewus wording dat ons elkeen soos 'n klein puzzle blokkie net gekoppel word aan Jesus en die gemeenskap van gelowiges deur genade- 

Genade alleen maak ons wie ons is en genade wat ons ontvang - is die grootste geskenk wat ons kan gee aan verlore stukkies puzzles om weer deel te raak van die groter geloofs gemeenskap

Screenshot 2020 06 21 at 2.47.35 PM

Mag jy opnuut bewus word van jou gawe om mense weer te bedien met die Here se genade

Screenshot 2020 06 21 at 2.47.43 PM

Bid saam as groep  

Screenshot 2020 06 21 at 2.47.51 PM

Aanspreeklik vir mekaar

Slide28

Lees die storie in Handelinge en vertel vir mekaar wat staan vir jou uit.  Paulus, Priscilla en Akwila, asook Apollos het almal verskillende gawes en talente gehad, maar hulle het niks alleen aangepak nie.  Hulle was gedurig in gesprekvoering met mekaar en daar waar die een tekort geskiet het, het die ander een aangevul.  Hulle het mekaar respekteer, maar tog die moed gehad om mekaar eenkant toe te vat en te sê waar daar ruimte vir onderrig is.

Die evangelie bring mense bymekaar.  Die evangelie vorm en verander mense met die krag van die Heilige Gees.  Die evangelie verander ons sodat ons mekaar kan verander.  Het die veranderinge wat daar in jou lewe plaasvind 'n effek op jou geloofsgemeenskap gehad?  Hoe getrou is jy aan hierdie verantwoordelikheid teenoor jou geloofsgemeenskap?

verantwoordelikheid

Lees Hebreërs 10:24-25.  Gemeenskap is nie opsioneel nie - dis 'n goddelike opdrag.  Ons is verantwoordelik vir ons eie keuses en geestelike lewe, maar as ons dit ernstig opneem, sal ons wil hê dat ander ons verantwoordelik moet hou, en sal ons ook die aanspreeklikheid teenoor ander aanvaar as deel van die liggaam van Christus.  Ons is mekaar se geestelike broers en mag nie hierdie verantwoordelikheid versuim nie.  Wat beteken hierdie vriendskapsverhouding vir jou?  Wat sou jy van 'n vriend verwag in terme van jou geestelike groei en verhouding met die Here?

Slide32

Slide35

Lees Spreuke 27.  Die beeld van twee ysters wat mekaar slyp en vorm is treffend.  Wie in jou lewe is daar vir wie jy lanklaas erkenning gegee het vir goeie dade of harde werk of 'n reguit pad wat hulle loop.  Wie in jou lewe is daar vir wie jy versuim om hul aan te praat oor hul gewoontes of eerlik met hulle te wees oor jul verhouding?  Ons het almal 'n verantwoordelikheid om te slyp, en ons moet almal gewillig wees om geslyp te word - verandering ter wille van die evangelie en die eindbestemming waarheen ons almal oppad is.

Slide38

'n Yster kan nie alleen skerp bly nie.  Die Woord van God is die yster waarmee ons geslyp moet word, die Woord van God het krag om te onderrig en te verander.  Lees 2 Tim 3:16.  Ons kan dit nie op ons eie doen nie, ons het mekaar nodig.  Hoe kan jy skerper raak en verdiep in jou geloofsreis?  Watter gawes en talente het jy waarmee jy ander ysters kan slyp?

Dit beteken ons moet naby genoeg aan mekaar leef om 'n impak te kan maak.  Ons moet betrokke raak by mekaar se lewens.  Leef jy ver weg van ander mense?  Is jy bereid om ter wille van die groei in jou eie geestelike lewe mense toe te laat om jou te adviseer, aan te spreek?  Met wie omring jy jou in jou lewe?  Die Here plaas doelbewus mense in ons lewens om ons te waarsku, om ons op die regte pad te hou en ons te slyp om meer soos Hy te wees.  Aanvaar jy dit?

Almal glip of gly een of ander tyd in hul geloof, op hul pad na God se bestemming, niemand is te oud om te leer en onderrig te word nie.  Waar een yster stomp is, moet 'n ander yster hom of haar slyp.  Watter area van jou lewe voel jy is onlangs geslyp?  Is jy verantwoordelik genoeg om dit te erken en aandag te gee aan hierdie areas?  Watter effek het dit op jou as mense jou kritiseer of reghelp of jou foute uitwys?  Hoe kan jy dit beter hanteer in die lig van goddelike groei?

Slide39

Lees Galasiërs 6:1.  Ons slyp mekaar deur mooi en goeie woorde, deur ondersteuning en liefde.  Maar ons slyp mekaar ook deur waarheid en harde aanmanings en korreksies.  Hoe hanteer jy die mense rondom jou?  Waar dink jy moet jy verander om hierdie vriendskapsrol te kan vervul en te aanvaar?  

Lees hierdie praktiese wenke oor hoe om skerp te bly en skerp te maak.  Aanvaar jou verantwoordelikheid as 'n yster wat ander moet slyp... en aanvaar die verantwoordelikheid teenoor jou eie geestelike lewe om ander toe te laat om jou te slyp!

Slide41

BID:

Vir 'n gees van sagmoedigheid om mekaar op 'n mooi manier te kan reghelp.

Vir erkenning van jou eie tekortkominge.

Spreek jou dankbaarheid uit teenoor die mense wat wel betrokke is in jou lewe om jou op die regte pad te hou.

Amen

 

Verander, Bestemming en Impak

 

Slide1.JPG

Verandering was nog altyd een van die belangrikste aspekte van alle mense se lewens en as kinders van God vertel die woord verander of "Metanoia" vir ons 'n storie van identiteit.

God roep elkeen van ons maak nie saak waarnatoe jy oppad is nie om te verander na wie Hy jou geskape het om te wees.

Lees Handelinge 9:1-2 saam.

Slide2.JPG

 Die groot vraag wat hierdie deel van die storie van Paulus se lewe ons vra is: Waarheen is jy oppad?

As jy kyk na die keuses wat jy tot dusvêr gemaak het en die pad wat jy op is wat sou jy sê is jou bestemming? Met hierdie verwys dit nie na 'n denkbeeldige bestemming nie, maar na waar jy jouself prakties gaan vind in die nabye toekoms?

Glo jy Dat dit waarmee jy besig is en wat jy beplan vir jou lewe deel is van God se plan?

Is daar sekere aspekte van hierdie plan wat nie deel is van God se raamwerk en as ja hoekom is hulle nog daar?('n voorbeeld van hierdie kan miskien die erkenning van mens wees of 'n vertroue wêreldse strukture soos die ekonomie in plaas van God)

Wat is die impak wat hierdie bestemming van jou in ander se lewens gaan maak?

Slide4.JPG

Jou bestemming en impak is soos 'n lig wat skyn in 'n groot stad.  Hierdie lig help donker verdryf, maar op sy eie is hy net een lig.  Hoe meer jou impak groei en hoe nader jy aan God se bestemming van jou lewe beweeg hoe meer beinvloed jy ander om ook hul ligte aan te skakel en te skyn.  So kom ons dan by 'n punt waar jou pad na jou bestemming en jou impak 'n legio van ligte agter los wie saam 'n groot "stad van ligte" vir die Here vorm.

Lees Handelinge 9:3-5 en 6-9

Slide5.JPG

Slide8.JPG

As jy kyk na die lewe van Paulus sien ons iemand wat 'n groot impak in baie gelowiges se lewe gemaak het.

Kyk of elkeen in die groep iets van Paulus se lewe kan noem of iets wat hy gesê het wat 'n impak op jou lewe gehad het.

Hierdie is die krag van ware verandering in ons lewens wanneer Jesus ons kom ontmoet waar ons is.

Waar was daar oomblikke in jou lewe waar Jesus jou roete/planne verander het?

Die Here wil ons transformeer sodat ons, soos in die geval van Paulus se lewe, 'n groot rol kan speel in Sy herlewing.

Hierdie herlewing kan slegs volhard as God se kinders verander na wie hulle geskape is om te wees.

Wat verstaan jy onder die woord "transformasie" en "herlewing"? 

Slide9.JPG

Die verandering in jou lewe wat van die Here kom gaan deur Hom gebruik word om in ander se lewens verandering weer te inspireer.  Hierdie vorm van herlewing is nie dan net 'n groep mense wat net doen nie, maar 'n gemeenskap wat is. 'n Familie is, 'n kultuur is en belangrikste is van alles: 'n impak is.

Slide10.JPG

Wat verstaan jy as jy hierdie boonste stelling lees?

Waar in jou lewe was daar tye waar jy moes baklei of staan vir iets wat jy oor passievol was?

Hoe het dit jou laat voel?

AS ons waarlik 'n impak wil maak moet ons passie oorgaan in dade. Om te staan vir jou geloof wat alles te doen het met liefde en genade is die ware impak en bestemming wat hierdie gebroke wêreld nodig het.  God roep elkeen van ons om vrug te gaan dra en soos Paulus te gaan waarheen Hy ons stuur.

Jou liefde is nie gemaak om vir jouself gehou te word nie, maar om as God se lig gebruik te word.

Deel met mekaar hoe jy meer jou liefde kan gaan uitleef en hoe om dit wat jy in Paulus se lewe gesien het te gebruik in die geveg vir mense se harte.

Bid saam

 

  1. Vrymoedigheid van die Heilige Gees
  2. Krag om te getuig
  3. Wag vir die Heilige Gees
  4. Wegkruip

Bladsy 9 van 65

  • Begin
  • Vorige
  • ...
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • ...
  • 11
  • 12
  • 13
  • Volgende
  • Einde
  • Afrikaans (ZA)
  • English (UK)

Website Developed and Hosted by
greendoor 12 - software it and hosting