aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

Sessies

Jou verantwoordelikheid

Screenshot 2020 11 16 at 10.15.54 AM

 Wanneer jy dink aan die beginsel van verantwoordelikheid - wat beteken dit vir jou?

Wat beteken dit om 'n verantwoordelike gelowige te wees?

Lees die volgende teks:

Screenshot 2020 11 16 at 10.36.41 AM

Wat staan vir jou uit as jy dink aan verantwoordelikheid as gelowige?

Lees die volgende teksgedeelte:

Screenshot 2020 11 16 at 10.16.04 AM

 Wat staan vir jou uit in vers 11-12 as jy dink aan jou verantwoordelikheid teenoor ander gelowiges?

Elkeen van ons het 'n primêre verantwoordelikheid om heeltyd gekoppel te wees aan die gemeenskap van die gelowiges.

 Screenshot 2020 11 16 at 2.01.34 PM

Hierdie koppeling kan maklik verduidelik word met die blaar wat aan die stam gekoppel moet wees vir water en voeding.

 Screenshot 2020 11 16 at 2.01.27 PM

Jy kan eers ander help sodra jou koppeling gevestig is.

Hoe sou jy hierdie koppeling verduidelik aan iemand?

Wanneer ons kyk na Hebreërs 6:11-12 is dit belangrik om te verstaan dat ons elkeen ook 'n verantwoordelikheid het teenoor mede gelowiges.

Kyk die volgende clip (Kliek op link)

Wat is jou verantwoordelikheid in jou geestelike huis?

 Wat staan vir jou uit in hierdie clip as jy dink aan jou verantwoordelikheid as gelowige?

Lees die volgende teks

Screenshot 2020 11 16 at 1.57.04 PM

 Wat staan vir jou uit in hierdie teks?

Screenshot 2020 11 16 at 1.57.11 PM

Een van die hartseer aspekte is dat baie gelowiges die dominee of pastoor sien as die verantwoordelike persone vir die Here se werk

Wat is daar wat jy anders kan doen die week - om jou rol beter te speel as 'n verantwoordelike gelowige?

Kyk die volgende clip (kliek op link)

Wat Jesus sê om te doen 

Wat staan vir jou uit in hierdie clip?

Wat is die verskil tussen Jesus se woorde ken en Jesus se woorde leef?

Screenshot 2020 11 16 at 2.01.45 PM

Mag jy opnuut jou verantwoordelikheid leef met woord en daad.

Bid saam

 

 

 

 

 

 

 

 

 

GEESTELIKE VOLWASSENHEID

hebreers

Lees Hebreers 5:11-14

Wat staan vir jou uit in hierdie teksgedeelte?  Hoe dink jy het hulle opgetree dat Paulus hulle moes vermaan?  Hy maak onderskeid tussen melk en vaste kos in hul geestelike lewens.  Wat sou jy sê is die verskil tussen melk en vaste kos?  Hoe tree babas en kinders dikwels anders as volwassenes op?

kindera

Die realiteit is dat volwassenes ook baie kinderagtig kan wees omdat ons selfsugtig God se vrede en vreugde nastreef vir onsself.  Ons doen al hoe meer dinge, streef na meer vriende, groter en beter en verder opsoek na vreugde en vrede, maar net soos melk tydelik troos bring, voel ons steeds leeg en uitgeteer in ons soeke na geluk en tevredenheid.  

boompies

God wil ons nie net gelukkig hou nie, hy wil ons heel maak, vol maak met krag en energie wat ewigdurend is.  Dan kan ons ook 'n bron van vreugde en vrede vir ander wees!

andy

Wat beteken hierdie stelling vir jou?  Hoe probeer ons mense tevrede te stel en gelukkig te hou?  Hoe wil God hê moet ons dit doen?  Dit beteken dat in plaas daarvan om beter, meer en wyer te gaan in ons soeke na vreugde en vrede, vra God dat ons 'n honger en 'n passie sal hê om meer by Hom te wees.  Dink maar aan Martha wat in die kombuis probeer vreugde en vrede bring vir ander, terwyl Jesus gesê het sy moet eintlik by Sy voete sit!

petrus

Lees 1 Petrus 2:2-3.  Wat beteken dit dat Christus die hoeksteen is?  Watter effek behoort dit op ons lewe te hê?  Net soos wat 'n plant wat vlak in die grond geplant is, meegesleur word deur allerande dinge, val ons ook vir enige iets as ons nie diep gewortel en geanker in Christus is nie.  

Geestelike groei tot volwassenheid beteken dus nie om te groei in ons kennis en eie vreugde nie.  Dit beteken ook nie om te groei in die plekke en dinge waarby ons betrokke is nie.  Dit beteken om te groei in ons liefde vir Jesus, want daardeur groei ons in ons liefde vir ander.  Het jy al beweeg van kerkganger/ bywoner/ lidmaat na dissipel in jou verhouding met Christus?  Leef jy radikaal vir Jesus?  

rad

Radikaal kom van die woord "radiks" in Latyn wat beteken "wortel" - naby aan die oorsprong, wortels te bly.

kol 2

Lees Kolossense 2:6-10.  Wat beteken dit om diep gewortel en geanker in Christus te wees?  Wat is die effek hiervan op jou alledaagse lewe?  God vra nie van ons om meer te doen en nuwe goed te probeer nie - hy vra van ons om dieper te gaan met Hom.  Hoe kan ons passievol vir Christus wees en nie lou of koud nie?  God vra nie 'n oppervlakkige verbintenis met Hom nie, maar 'n diep, gewortelde verhouding.

vvv

 Dieper met God beteken vertroue in Hom gewortel.  Jy vertrou Hom met alles in jou lewe en jy basseer jou besluite op vertroue.  Hoe kan jy hierdie beginsel toepas op jou geestelike lewe, jou persoonlike lewe en jou persoonlike verhoudings?

Dieper vertroue kom uit dieper verhoudings.  Hoe kan jy jou verhouding met Christus verdiep, jouself in die Woord verdiep?  Hoeveel diep en betekenisvolle verhoudings het jy met naastes?  Maak ons nog tyd vir mekaar om regtig 'n pad te stap saam met iemand in geloof?  

Dieper verhoudings vra volharding - om aan te hou om die regte dinge te doen, dis 'n proses van groei.

dependent

 God nooi ons as kinders in Sy koninkryk in, maar Hy wil met ons 'n pad stap na geestelike volwassenheid - dit beteken groei in ons liefde vir Hom en 'n diepe verbondenheid aan Hom.  Dalk is dit tyd vir meer betekenisvolle en dieper konneksies met God.  Dalk moet ek tyd maak om op 'n ernstiger manier by Hom uit te kom sodat ek Sy volheid kan beleef en dit kan uitstraal na ander.

Lees Efesiers 4:13-16 as 'n gebed saam.  Mag ons gewortel wees in God sodat ons opnuut passievol is oor hoe wyd, ver, hoog en diep Sy liefde vir ons is - dis 'n lewe van geestelike volwassenheid!

efesiers

 Amen.

 

Vrede vir julle

Screenshot 2020 11 01 at 3.06.45 PM

Paulus begin amper al sy briewe met Genade en Vrede vir julle - Jesus is die prins van vrede.

Wanneer jy hierdie woorde hoor; "vrede vir julle" - wat beteken dit vir jou?

Lees die volgende teks gedeelte:

Screenshot 2020 11 01 at 3.07.15 PM

Lees weer vers 7 - wat staan vir jou uit in vers 7 as jy dink aan vrede?

As jy vers 6 lees wat is die kern bestandele vir vrede in vers 7?

As jy dink aan Bybel Karakters wat die vrede in vers 7 gehad het; wie kom by jou op?

Screenshot 2020 11 01 at 3.15.59 PM

 Ken jy mense wat floreer op bekommerd wees? 

Kommer is een van die grootste aspekte wat ons vrede steel - 

Screenshot 2020 11 01 at 3.35.56 PM

Die realiteit van kommer dis soos 'n wiegstoel - hoe meer jy wieg hoe minder beweeg jy na nêrens.

Kyk die volgende clip-

Wat gebeur met jou as die lewe jou druk?

 Wat gebeur met jou tans as die lewe jou druk? Straal jy vrede uit of nie?

Screenshot 2020 11 01 at 3.40.13 PM

God se vrede is gewortel in die volgende hoofaspekte - lees die volgende drie teks gedeeltes

Screenshot 2020 11 01 at 3.42.06 PM

 

Screenshot 2020 11 01 at 3.42.28 PM

Screenshot 2020 11 01 at 4.02.19 PM

Wat staan vir jou uit in die drie gedeeltes oor vrede?

 Wat is daar tans in jou lewe wat jou vrede steel?

Hoe kan jy die vrede in jou lewe vergroot?

Wanneer laas het jy opgekyk?

Screenshot 2020 11 02 at 12.12.46 PM

 Wanneer laas het jy besef dat jy in elke liewe oomblik van angs en negatiewe emosies net kan opkyk-

Opkyk is Bybels- opkyk help jou om jouself vrede te gee en jouself te herinner - ek is 'n verbondskind!

Dit gaan oor in die beginsel van Johannes 16:33 (lees dit saam)

Die griekse woord "moed" behels om die dinge te geniet om jou, om te lag en te speel - dit neem ons na jou omgewing om jou- 

Screenshot 2020 11 02 at 12.12.54 PM

 Ons kern teks die week Filippense 4:6 praat van 'n lewe van danksegging en gebed- wat is tans om jou wat jy meer kan geniet, meer oor kan lag en meer oor kan speel -

Hierdie is alles aksies wat lei na dieper Goddelike vrede waarvan Filippense 4:7 praat - 

Screenshot 2020 11 02 at 12.24.09 PM

Dawid help ons met talle voorbeelde in Psalm 103 waarvoor ons kan dankbaar wees vir dinge om ons-

Waarvoor kan jy tans die Here dank wat om jou is?

Screenshot 2020 11 02 at 12.13.01 PM

 Seker een van die grootste angs skeppings faktore in ons lewens is die onsekerheid van more - 

Wanneer laas het jy vir jouself herinner dat die Here - jou verbonds God is reeds in jou more-

Gee ook more se "kommer" aan God nou - met die woorde "Here soos U vandag saam met my wandel, sal U ook more"

Screenshot 2020 11 02 at 12.13.09 PM

Bid saam

 

  1. Jou Vreugde slegs by God
  2. LEWE VAN AANBIDDING
  3. Wat maak jy met jou uitnodiging?
  4. Heilig Heilig is die Here die Almagtige

Bladsy 2 van 65

  • Begin
  • Vorige
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • ...
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • 10
  • Volgende
  • Einde
  • Afrikaans (ZA)
  • English (UK)

Website Developed and Hosted by
greendoor 12 - software it and hosting