Lees hierdie teks saam en laat elkeen deel in groep wat vir hom of haar uitstaan in die teks?
Wanneer jy dink oor die Heilige Gees - watter gedagtes kom by jou op?
Wat is die doel van die Heilige Gees?
Jesus is baie ernstig as hy vir die dissipels terug stuur na Jerusalem en vir hulle beveel wag tot die Gees oor julle kom.
Jesus weet dat ons as mense kort Sy begeleiding in die proses wat ons getuig oor Hom-
Handelinge 1:8 is seker een van die bekendste teks gedeeltes oor die Heilige Gees- dit het twee dele
Julle sal krag ontvang - "dunamis" hierdie is een van die wonderlikste aspekte van die Heilige Gees-
Die Heilge Gees versterk die wat swak is, dit gee jou en my die vermoeë om dinge te kan doen en sê wat nie uit ons eie menswees gedoen of gesê kan word nie.
Wanneer die vraag kom waarvoor is ons versterk - waarvoor is hierdie krag? Lê die antwoord in die tweede deel van Handelinge 1:8
Ons ontvang die krag van die Heilige Gees om te getuig "martyr"
Hierdie is die kern van ons Christelike geloof - ons word geroep om te getuig oor die lewende opgestaande Christus nes ons is, waar ons is elke dag-
Daar is 'n storie van 'n jong pastoor wat by 'n ou pastoor gaan kuier het. Met sy aankoms stap die jong pastoor in die ou pastoor se kantoor in. Teen die muur hang 'n groot wêreldkaart. Die ou pastoor vra toe vir die jong man deur te wys na die wêreldkaart waar is jou area waar jy moet gaan getuig oor die lewende Jesus Christus?
Hierdie storie laat my altyd dink aan die opdrag - gaan en maak dissipels
Hierdie kan slegs gebeur wanneer ons getuig deur die krag van die Heilige Gees
Wanneer ons praat oor die Heilige Gees behels dit die Gees van God wat in ons kom woon om ons te versterk en begelei in die proses om oor Jesus getuienis te gee.
Dis die Gees van God wat ons daagliks versterk om daar waar jy is - 'n getuie vir die lewende Here te wees.
Dit gee jou en my die vrymoedigheid en die onderskeiding wat om te sê - wat om te doen sodat God alle eer sal kry in die proses.
Dit is soos 'n tram- vir die tram om te kan beweeg moet die tram heeltyd gekoppel bly aan die kragdrade bo die tram.
Hierdie kragdrade bekragtig die tram om te kan beweeg, die tram kan nie op sy eie beweeg nie-
Dit is presies hoe die Heilige Gees werk- ons krag om te getuig kom nie van onsself nie -maar ons word versterk deur die Heilige Gees.
Waar het jy krag nodig om te getuig oor Jesus?
Wat staan vir jou uit in die vers?
Ons hoop behels die krag van die Heilige Gees wat ons gaan bekwaam om te getuig oor die Here Jesus-
Mag jy ook met groot vrymoedigheid waar jy is getuig oor Jesus
Mag jy ook ervaar hoe die Heilige Gees jou versterk om kragtig 'n Goddelike getuienis te gee waar jy is
Mag jy groei in jou getuienis om God alleen die eer te gee
Bid saam
Lees die volgende stuk teks
Lees weer vers 4 -
Hierdie is die storie van die dissipels wat moes wag op die Heilige Gees-
Jesus beveel hulle om spesifiek terug te gaan na Jerusalem en te wag vir die Heilige Gees
Wanneer jy dink aan wag - watter gedagtes kom by jou op?
Wag is seker een van die dinge wat die meeste mense niks van hou nie-
Wag is soms 'n eemalige wag vir 'n spesifieke aksie die ander soort wag behels 'n proses-
In hierdie proses is daar baie groei wat gebeur met die individu wat wag -
Hierdie groei proses behels 'n Goddelike proses-
Daar is soveel individue wat moes wag - dink aan Abraham wat moes wag vir sy seun, Moses wat 40 jaar in die woestyn kyk na bokke/skape en dan Jesus wat self eers sy bediening betree het op 30 jarige ouderdom.
Daar is 'n Goddelike proses wat gebeur gedurende die wag proses -
Ons het 'n paar weke terug gekyk na die teks wat Jesus die menigte innig jammer kry, die rede was want hulle was soos skape sonder 'n herder-
Dit het my laat dink aan die EMI se logo "listen to his masters voice"
Daar is 'n oomblik wanneer 'n hond luister na sy baas se stem - waar sy kop draai en hy seker moet maak dis sy eienaar se stem, voor hy reageer...
In daai wag is daar 'n groei proses - 'n proses waar jy onderskei:
Wat is jou roeping?
Wat is jou taak?
Wat is God se wil vir jou lewe nou?
Deel met groep 'n tyd wat jy moes wag om die wêreldse geraas stil te maak in 'n wag proses op die Here...
Dit is die stiltes tussen die note wat die musiek maak - daai stiltes behels die wag vir die note
Wanneer jy wag - raak die musiek meer spesiaal!
Wanneer jy wag op die Here gebeur die volgende:
1. Jy raak bewus van jou tekortkominge
2. Jy raak deeglik bewus van die uitdagings
3. Net deur die Here se krag kan jy die uitdagings van die lewe tackle
Wanneer ons na die Bybel kyk is daar ook soveel stories waar mense nie gewag het nie...
Dink aan 'n paar en deel dit met jou groep-
Daar is 'n storie van 'n skip wat in 'n storm beland het. Op die skip was daar 'n jong man wat heen en weer op die dek gehardloop het. In die proses het hy baie van die ander passasiers ontsenu en bang gemaak. Die kaptein het vir die man gevra om aan een van die toue styf vas te hou. Hierdie proses het die kaptein vir die man bemoedig sou help in die hantering van die storm. Na afloop van die storm het die jong man orals rond geloop en gespog hoe hy die skip help seil het deur die storm. Die kaptein het daarvan gehoor en hom geroep. Sy woorde aan die jong man was - al rede hoekom jy die tou moes vashou, was om jou weg te kry van die ander pasesiërs...
Hoeveel keer hanteer ons nie 'n storm swak in ons lewe omdat ons nie bereid is om te wag op die Here nie?
In die Bybel is daar talle individue wat ook nie kon wag nie -
Mag jy ook leer wag -
Wag op die Here om vir jou te versterk en leiding te gee!
Bid saam-
As jy deur die Bybel blaai is daar baie stories wat te doen het met mense wat wegkruip.
Wegkruip vir 'n vyand, wegkruip vir God en wegkruip vir foute wat hulle gemaak het.
Ons lees van profete, konings en disipels wat wegkruip. Die groot vraag is dan.
Is wegkruip 'n Bybelse beginsel en as dit is wat is die regte manier om dit te doen?
Hier is waar jy vir jouself moet vra.
Vir wat en hoekom kruip ek weg?
Lees Genesis 3:7-13 saam
Die heel eerste storie van wegkruip is baie bekend en leer vir ons dat wegkruip alles te doen het met eerlikheid.
Dat daar tye gaan wees waar jy skaam, bang of onseker is en dat in daardie tye God vir jou roep "Waar is jy?'
Kyk na die vrae wat God vir Adam en Eva gevra het en bespreek wat jou antwoord nou sou wees:
Waar is jy?
Hoekom is jy daar?
Wat het jy gedoen?
Ons vind onself baie in omstandighede waar ons nie wil wees nie en dit is tye soos dit dat ons, hoekom ons daar is en hoe God ons wil lei ons hoof fokus moet maak.
Lees Kolossense 3:1-5(As moontlik lees uit Amplified vertaling)
Wat verstaan jy onder die beginsel van om in Christus verskuil te wees?
Hoe sou jy prakties in "Jesus skuiling vind?"
Wat is die beginsels wat as ons daarmee aanhou gaan lei na gevaarlike en ongewensde toestande?(bv. om jou vertroue in finansies of wêreld se strukture te plaas)
Hoe sou jy jou perfekte skuiling beskryf?
Lees saam in Psalm 32:6-7 oor wat Dawid oor skuiling gesê het.
Ons het almal 'n beskrywing van ons idee van veilig wees en soos kinders wat wegkruipertjie speel ons gunsteling wegkruipplek.
God vra vir elkeen van ons om eerlik met Hom te wees oor wat ons voel en wil dan hê dat elkeen van ons Hom as daardie veilige hawe sien.
Deur meer en meer ons vertroue en veiligheid in God te soek leer ons dat wêreldse omstandighede nie ons veiligheid en sekerheid kan bepaal nie.
Wat sou jy sê sou God se opinie wees oor hoe jou wegkruipplek lyk en waar dit regtig moet wees? (dink aan Adam en Eva se bos en vyeblare)
Lees Johannes 20:19-23
As mense is een van die realiteite van ons lewens dat ons gaan bang word.
Hierdie is nie noodwendig oor jy jou lewe sal verloor nie, maar oor daar 'n negatiewe impak gaan wees wat jy nie kan beheer nie.
Jesus kom stap tussen ons en roep vrede uit. 'n Vrede bo ons verstand maar in ons vermoë om te behaal.
Wat is die opdrag wat Jesus vir Sy dissipels gee?
Waarna glo jy stuur die Here jou om vrede te bring?
Bespreek hoe om te vergewe, vrede kan bring?
Wat sê Jesus se opdrag en woorde vir ons oor die skuiling wat Hy bring?
Spandeer tyd saam in gebed waar jy jou vrees, bekommernis en twyfel met mekaar en God deel en deel moontlike openbarings wat God vir jul wys.