Lees die volgende stuk teks
Lees weer vers 4 -
Hierdie is die storie van die dissipels wat moes wag op die Heilige Gees-
Jesus beveel hulle om spesifiek terug te gaan na Jerusalem en te wag vir die Heilige Gees
Wanneer jy dink aan wag - watter gedagtes kom by jou op?
Wag is seker een van die dinge wat die meeste mense niks van hou nie-
Wag is soms 'n eemalige wag vir 'n spesifieke aksie die ander soort wag behels 'n proses-
In hierdie proses is daar baie groei wat gebeur met die individu wat wag -
Hierdie groei proses behels 'n Goddelike proses-
Daar is soveel individue wat moes wag - dink aan Abraham wat moes wag vir sy seun, Moses wat 40 jaar in die woestyn kyk na bokke/skape en dan Jesus wat self eers sy bediening betree het op 30 jarige ouderdom.
Daar is 'n Goddelike proses wat gebeur gedurende die wag proses -
Ons het 'n paar weke terug gekyk na die teks wat Jesus die menigte innig jammer kry, die rede was want hulle was soos skape sonder 'n herder-
Dit het my laat dink aan die EMI se logo "listen to his masters voice"
Daar is 'n oomblik wanneer 'n hond luister na sy baas se stem - waar sy kop draai en hy seker moet maak dis sy eienaar se stem, voor hy reageer...
In daai wag is daar 'n groei proses - 'n proses waar jy onderskei:
Wat is jou roeping?
Wat is jou taak?
Wat is God se wil vir jou lewe nou?
Deel met groep 'n tyd wat jy moes wag om die wêreldse geraas stil te maak in 'n wag proses op die Here...
Dit is die stiltes tussen die note wat die musiek maak - daai stiltes behels die wag vir die note
Wanneer jy wag - raak die musiek meer spesiaal!
Wanneer jy wag op die Here gebeur die volgende:
1. Jy raak bewus van jou tekortkominge
2. Jy raak deeglik bewus van die uitdagings
3. Net deur die Here se krag kan jy die uitdagings van die lewe tackle
Wanneer ons na die Bybel kyk is daar ook soveel stories waar mense nie gewag het nie...
Dink aan 'n paar en deel dit met jou groep-
Daar is 'n storie van 'n skip wat in 'n storm beland het. Op die skip was daar 'n jong man wat heen en weer op die dek gehardloop het. In die proses het hy baie van die ander passasiers ontsenu en bang gemaak. Die kaptein het vir die man gevra om aan een van die toue styf vas te hou. Hierdie proses het die kaptein vir die man bemoedig sou help in die hantering van die storm. Na afloop van die storm het die jong man orals rond geloop en gespog hoe hy die skip help seil het deur die storm. Die kaptein het daarvan gehoor en hom geroep. Sy woorde aan die jong man was - al rede hoekom jy die tou moes vashou, was om jou weg te kry van die ander pasesiërs...
Hoeveel keer hanteer ons nie 'n storm swak in ons lewe omdat ons nie bereid is om te wag op die Here nie?
In die Bybel is daar talle individue wat ook nie kon wag nie -
Mag jy ook leer wag -
Wag op die Here om vir jou te versterk en leiding te gee!
Bid saam-
As jy deur die Bybel blaai is daar baie stories wat te doen het met mense wat wegkruip.
Wegkruip vir 'n vyand, wegkruip vir God en wegkruip vir foute wat hulle gemaak het.
Ons lees van profete, konings en disipels wat wegkruip. Die groot vraag is dan.
Is wegkruip 'n Bybelse beginsel en as dit is wat is die regte manier om dit te doen?
Hier is waar jy vir jouself moet vra.
Vir wat en hoekom kruip ek weg?
Lees Genesis 3:7-13 saam
Die heel eerste storie van wegkruip is baie bekend en leer vir ons dat wegkruip alles te doen het met eerlikheid.
Dat daar tye gaan wees waar jy skaam, bang of onseker is en dat in daardie tye God vir jou roep "Waar is jy?'
Kyk na die vrae wat God vir Adam en Eva gevra het en bespreek wat jou antwoord nou sou wees:
Waar is jy?
Hoekom is jy daar?
Wat het jy gedoen?
Ons vind onself baie in omstandighede waar ons nie wil wees nie en dit is tye soos dit dat ons, hoekom ons daar is en hoe God ons wil lei ons hoof fokus moet maak.
Lees Kolossense 3:1-5(As moontlik lees uit Amplified vertaling)
Wat verstaan jy onder die beginsel van om in Christus verskuil te wees?
Hoe sou jy prakties in "Jesus skuiling vind?"
Wat is die beginsels wat as ons daarmee aanhou gaan lei na gevaarlike en ongewensde toestande?(bv. om jou vertroue in finansies of wêreld se strukture te plaas)
Hoe sou jy jou perfekte skuiling beskryf?
Lees saam in Psalm 32:6-7 oor wat Dawid oor skuiling gesê het.
Ons het almal 'n beskrywing van ons idee van veilig wees en soos kinders wat wegkruipertjie speel ons gunsteling wegkruipplek.
God vra vir elkeen van ons om eerlik met Hom te wees oor wat ons voel en wil dan hê dat elkeen van ons Hom as daardie veilige hawe sien.
Deur meer en meer ons vertroue en veiligheid in God te soek leer ons dat wêreldse omstandighede nie ons veiligheid en sekerheid kan bepaal nie.
Wat sou jy sê sou God se opinie wees oor hoe jou wegkruipplek lyk en waar dit regtig moet wees? (dink aan Adam en Eva se bos en vyeblare)
Lees Johannes 20:19-23
As mense is een van die realiteite van ons lewens dat ons gaan bang word.
Hierdie is nie noodwendig oor jy jou lewe sal verloor nie, maar oor daar 'n negatiewe impak gaan wees wat jy nie kan beheer nie.
Jesus kom stap tussen ons en roep vrede uit. 'n Vrede bo ons verstand maar in ons vermoë om te behaal.
Wat is die opdrag wat Jesus vir Sy dissipels gee?
Waarna glo jy stuur die Here jou om vrede te bring?
Bespreek hoe om te vergewe, vrede kan bring?
Wat sê Jesus se opdrag en woorde vir ons oor die skuiling wat Hy bring?
Spandeer tyd saam in gebed waar jy jou vrees, bekommernis en twyfel met mekaar en God deel en deel moontlike openbarings wat God vir jul wys.
Lees Matteus 9:36-38
Wanneer jy hierdie teks gedeelte lees wat staan vir jou uit as jy dink aan die motivering vir Jesus se gebed in vers 38?
Wanneer ons die woorde lees "innige meegevoel of jammer kry" dan begels dit die woord "compassion" in engels-
Hierdie woord behels 'n diep meegevoel met mense- om letterlik hulle situasies en dinge waarmee hulle worstel self aan die lyf te voel -
In die grieks beteken dit letterlik dat jou binneste geroel word deur dit wat jy ervaar en sien in terme van die mense om jou-
Wat roer jou binneste tans?
Roer jou binneste ook vir die dinge wat Jesus se binneste geroer het?
Hier sien Jesus 'n groot skare mense wat soos die teks beskryf soos skape rond loop, hulpelose skape sonder 'n herder wat na hulle omsien-
Dan kom die gebed in vers 38, lees dit weer-
'n Tydlose gebed wat deur die eeue gebid word sodat gelowiges nie net om hulle eie redding fokus nie, maar ook diep bewus raak van die verlore "skape" om hulle.
Wie is tans om jou wat soos die hulpelose skape is in Matteus 9?
Die geskenk wat Jesus se liefde en goeie boodskap behels is seker die grootste kosbaarste geskenk wat jy vir enige iemand kan gee
Dit behels letterlik om 'n "weerlose skaap" te koppel aan die goeie herder-
So baie mis ons die geleenthede om regtig geroer te word in ons binneste soos Jesus om mense om ons innig jammer te kry en te bedien met die lewend-gewende woord van Jesus wat die vermoë het om mense te versterk en te vernuwe "nes hulle is, waar hulle is"
Steven Covey vertel die storie - hy ry op 'n stil trein, eweskielik stop die trein en 'n man klim op met 3 kinders waar die kinders net alle rus en vrede versteur.... na 'n rukkie stap hy oor na die man en spreek hom aan oor sy kinders wat so onrustig raas en die rus versteur. Die man kyk hom aan met die reaksie ons kom nou van die hospitaal waar ons my vrou en hulle moeder verloor het aan 'n jare lange worstel met kanker...
Die storie het my laat dink aan ons verlies aan ons vermoë om regtig mense om ons se seer te kan sien, want ons fokus net op die "eie ek" en ons eie gemak.
Die ou vertaling sê dit so mooi: "Ek sien uit na regs en kyk, maar daar is niemand wat my ken nie; die toevlug is vir my verlore; niemand vra na my nie."
Hoeveel mense om jou en my bevind hulself hier...
Wanneer laas het ek en jy werklik die Here Jesus se gebed ook gebid - "Here maak my 'n arbeider in die oes?"
Soveel keer sien ons mense in nood, maar doen of sê niks nie want ons is bang-
Soveel keer is ons ook geirriteerd of selfs verongerief deur mense in nood soos die trein storie...
Mag ek en jy nooit vergeet ons word versterk deur Jesus wat ons hart vashou om daar "lewe te spreek"
Lees weer Matteus 9:36-38
Mag dit ook jou gebed wees om mense raak te sien en te bedien wat hulpeloos is en soek na Jesus
Bid saam