aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

Sessies

PSALM 42

psalm42

Lees die teks twee maal deur.  Wat staan vir jou uit in hierdie teks?  Wat merk jy op?

Ons bevind ons tans in omstandighede waar die wêreld rondom ons heel anders lyk as waaraan ons gewoond is - werk en kerk en die normale gang van die lewe sien heeltemal anders daarna uit, net soos vir die psalmdigter.  Lees weer vers 5.  Wat mis jy die meeste van jou normale roetine?  Watter nuwe gewoontes het jy in hierdie tyd geleer wat vir jou beter is as jou gewone roetine?

drinkwater

Lees weer vers 2-4. As ons onsself in hopelose situasies bevind, is dit vir ons moeilik om God raak te sien.  Omdat die sigbare rondom ons verander het, dink ons God is ook ver weg en nie meer sigbaar nie.  In hoe 'n mate is jy van iemand anders afhanklik om God deel van jou weeklikse roetine te maak?  Waarin is jou daaglikse hoop gegrond?  Wat maak dit vir jou moontlik om hoopvol te wees in moeilike omstandighede?

different

Die hoop in 'n donker wêreld lê in my en jou verhouding met die lewende Here.  God verander nie, nooit nie, maar omstandighede verander.  Trauma, krisis, droogte, swaarkry, afsondering is betekenisloos as dit jou nie tot 'n dieper verhouding met Christus laat groei nie.  Nou dat ons nie gemeenskaplike byeenkomste het nie, nou dat ons nie meer die gewone roetine het wat ons altyd aan die gang gehou het nie, hoe kan jy jou persoonlike verhouding met Christus verdiep?  Wat leer jy oor God in tye soos hierdie?  Watter nuwe geloofsgewoontes leer jy aan of kan jy dalk nou begin doen?

Het jy dinge vir lank op dieselfde manier gedoen, al die regte boksies getiek en "goed" aangegaan?  As jy werklike groei wil beleef, is die uiters belangrik om nuwe patrone, nuwe maniere, nuwe roetines aan te kweek, ook in jou verhouding met Christus.

deep

Lees weer vers 7.  Kan jy jou vereenselwig met die psalmdigter?  Waarmee sukkel jy op hierdie stadium?

God roep ons daagliks tot 'n intieme, diep verhouding met Hom.  Hy het vir Adam en Eva geroep waar hulle weggekruip het, Hy het vir Hagar geroep toe sy weggehardloop het, hy het sy skape gaan soek toe hulle die vlak vol was.  Antwoord jy hierdie roepstem van God tot 'n persoonlike verhouding?  Doen jy moeite om jou diepste seer, vreugde, vrae, onsekerheid met 'n onveranderlike God te deel?  Hoeveel van jou tyd in afsondering spandeer jy saam met God?

Lees Matteus 6:6 en Psalm 3:4.  Wat leer jy uit hierdie teksgedeeltes?  Wat leer dit jou van God?

tekste

God is nie noodwendig sigbaar in die wêreldse dinge wat rondom ons verander nie, maar Sy hoop lê in jou en my en ons verhouding met Christus.  Jesus was aan die kruis verwyder van Sy Vader, 'n diep lewende verhouding met Sy Vader.  Lees vers 2 en vers 10 en 11.  Jesus se afsondering aan die kruis het dit moontlik gemaak vir my en jou om nooit verwyder van God te wees nie, maar Hom op nuwe, intieme maniere te kan ken.  Wat verander hierdie wete aan jou daaglikse roetine?  Watter verskil maak dit aan jou hoop vir die toekoms as jy dit hoor?

REST IN YOU

Luister na hierdie pragtige lied as jou gebed tot God.  God kan nie verander nie, maar jy MOET verander...

Bid tot God en vra Hom om jou te beloon met selfs meer tyd saam met Hom.  

Time wasted on God gets a double return on investment...

PSALM 23

herder1

Psalm 23 is een van die bekendste psalms en ook baie gepas vir die tyd waarin ons ons nou bevind, want Dawid was waarskynlik ook in afsondering met God en sy skape.  Lees weer vers 1 en 2 en word daaraan herinner dat God ons voorsiener is.  

Hoe voorsien God in jou fisiese behoeftes?  

Hoe voorsien God in jou geestelike behoeftes?  Die antwoord lê ook in vers 3.  

Lees ook Johannes 10:27.  Wat vra hierdie teksgedeelte van jou?

herder2D

Die Here beskerm ook ons, nes 'n herder sy skape beskerm teen onheil.  Dawid moes vlug van sy vyande en het geweet dat hy net by God beskerming gehad het.

Lees ook Jesaja 53:6 - wat beteken dit vir jou opnuut dat God jou beskerm?  

Waarvan het Hy jou aan die kruis beskerm en wat beteken dit vir jou vandag?  

Hoe behoort dit jou te laat voel in moeilike tye?

herder3

Lees vers 5 en 6 weer.  Dit laat 'n mens dink aan die keer toe Jesus sy dissipels vir die laaste maaltyd genooi het.  

herder5

Jy sien dalk nou uit na 'n heerlike ete by 'n restaurant.  Of na 'n oorsese vakansie.  

Waarna kan ek en jy uitsien aan die tafel van Christus?  Watter van hierdie belonings kan ons nou al ervaar en geniet?  Al is dit moeilik om raak te sien, is daar nou ook ongelooflike voordele en belonings wat God vir ons in moeilike tye gee.  Hy seën ons met meer as wat ons voor kan vra.  

Maar bowenal kan ons uitsien na die groot feesmaal in die toekoms.  Hoe maak dit Christene se verstaan van swaarkry en teleurstellings anders as ongelowiges se siening van die toekoms?

ekis

Die Here is jou herder - dit beteken Hy voorsien, Hy beskerm en Hy seën jou.  Dit is 'n daaglikse belofte, nie net wanneer dit goed of sleg gaan nie.

Waarmee moet jy God vandag vertrou?  Waarvoor is jy bang, wat moet jy by God se voete kom neerlê?  As jy ver weg van God af voel, is dit dalk nodig om by Sy tafel te kom aansit en te geniet wat Hy vir jou voorberei.  As jy moeg en onseker is, moet jy dalk weer rus kom vind in groen weivelde.  

Bid saam.

EGTHEID VAN GELOOF KWEEK HOOP

romeine-5-1-5-n.jpg

Romeine 5:1-5

"1God het ons dan nou vrygespreek deurdat ons glo. Daarom is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus. 2Deur Hom het ons in die geloof ook die vrye toegang verkry tot hierdie genade waarin ons nou vasstaan. En ons verheug ons ook in die hoop om deel te hê aan die heerlikheid van God. 3Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, 4en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; 5en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het."

Soos julle weet, fokus ons al vir die afgelope 3 weke by aandKerk op VOLHARDING. Maar dit is werklik een van daai dinge waaroor n mens so maklik kan gesels, maar n ongelooflike moeilike ding om toe te pas. Om vir iemand wat swaarkry te sê, “toemaar man, alles sal okay wees, jy moet net vasbyt en op God vertrou en staat maak op Hom.” Maklik gesê, moeilik toegepas.

Hierdie week fokus ons op vers 4. "... en egtheid van geloof kweek hoop;"

Slide3.JPG

Ek is baie bly ons hang so lank op dieselfde verse vir die maand sover, want nou is dit al so deurboor in my gedagte, dat wanneer iets nie te lekker oor my pad kom nie, kom ek gou agter ek word herinner oor Romeine 5:1-5. Nie noodwendig gedurig die “nie so lekker” tydjie nie, maar na die tyd. En dit is die belangrike ding vir my. Om te besef ek moet volhard, besef ek moet op Jesus vertrou en op Hom staat maak. Omdat Hy daar is vir my, kan ek volhard, en ek leer dan hoe om die situasie volgende keer baie beter te hanteer, want as ek nou weer in die selfde of soortgelyke situasie geplaas word, is dit vir my baie makliker om dadelik te dink aan wat Jesus sou doen in soortgelyke omstandighede.

Slide4.JPG

Dit is om soos Abraham blindelings te pak en op God te vertrou. Soos Daniel wat nie huiwer om God te dien, al gaan dit teen die koning se opdragte nie, maak nie saak wat die omstandighede is nie. Soos Dawid wat vreesloos na die Reus toe stap, want hy weet, God is met hom. Soos Noag om sonder huiwer die ark te bou, al word hy uit gejou en gespot. Hulle almal het een baie groot eienskap in gemeen – VERTROUE OP GOD! Hoekom?

  • Hulle het geweet in wie hulle glo

Slide6.JPG

Ons mag dalk hoop om eendag n goeie werk te hê en om suksesvol te wees.

Ons mag dalk hoop om n goeie verhouding met mense te hê, en om n gelukkige lewe te hê.

Ons mag dalk glo dat ons gesond oud gaan word.

MAAR – hoe lyk die hoop waarvan ons lees in die Bybel?

Want hoe ons “hoop” baie gebruik is soos om te wens.. “Ek wens dit en ek wens dat”, lyk die selfde as ons, “Ek hoop dit en ek hoop dat”….

 Slide7.JPG

Paulus gebruik vir Abraham as n voorbeeld as hy verduidelik wat geloof is.

(Romeine 4:17 – 18)17soos daar geskrywe staan: “Ek het jou die vader van baie nasies gemaak.” Dít is hy in die oë van God in wie hy geglo het, God wat dooies lewend maak en dinge wat nie bestaan nie, tot stand bring deur sy woord.18Toe daar geen hoop meer was nie, het Abraham nog gehoop en geglo, en so die vader van baie nasies geword volgens die belofte: “So sal jou nageslag wees.”

Slide9.JPG

Hebreers 11:1 sê “Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.”

  • Wat is en hoe lyk EGTHEID VAN GELOOF?
  • Wat is en hoe lyk HOOP?

Slide10.JPG

Ons glo, dat Jesus die Seun van God is en dat Hy vir ons gesterf het sodat ek en jy sondeloos voor God die Vader kan staan, en n lewende verhouding met Hom he. 

Ons glo dat Hy opgestaan het en die sonde oorwin het. Ons glo dat ons ewige lewe het en dat ons by God in Sy ewige Koninkryk gaan wees.

So hierdie tydelike swaarkry wat ons in die leeftyd op aarde beleef maak ons sterker omdat ons weet waar ons hoop le. Ons hoop is in God.

Slide11.JPG

  1. Volharding in Jesus bring egtheid van geloof
  2. Wie is jy?
  3. Swaarkry wat lei na Volharding
  4. Wag op die Here

Bladsy 15 van 67

  • Begin
  • Vorige
  • 10
  • 11
  • 12
  • 13
  • ...
  • 15
  • 16
  • 17
  • 18
  • 19
  • Volgende
  • Einde
  • Afrikaans (ZA)
  • English (UK)

Website Developed and Hosted by
greendoor 12 - software it and hosting