aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

Sessies

Jou Vreugde slegs by God

Ons fokus hierdie week op die enigste plek waar jy vir vreugde kan gaan soek.

God

As jy jou oë toe maak en dink aan wat jou alles bly maak wat kom alles na vore?

As jy alles wat jy begeer kry of bereik glo jy, jy sal volkome bly/gelukkig wees?

Bespreek die volgende twee vrae en maak seker om eerlik te antwoord

.Slide3.jpeg

Hierdie twee vrae is die fondasie van ons pad na ware vreugde.  

As 'n uitdaging sê vir die volgende 21 dae elke oggend: "God is goed en Hy wil hê ek moet in blydskap leef."

Die volgende verse sal jou help om dit vas te maak in jou identiteit.

Slide4.jpeg

Slide5.jpeg

Slide6.jpeg

God se goedheid en ons vreugde is nie iets wat ons kan doen nie maar wat ons is-  

In die pad van verhouding met God is dit belangrik om alle skrif en openbaring deel van ons identiteit te maak.

Leer ken die Woord van God nie alleenlik uit jou kop uit nie, maar in jou identiteit.

As jy kyk na die lewens van die apostels wat was hulle benadering as dit gekom het by hulle eie geluk?

Wat kan ons by hulle leer?

Kyk na die volgende stelling en bespreek wat dit vir jou lewe en jou geluk beteken-

Slide10.jpeg

Die koning van die heelal is nie daar om aan ons voorvereistes te voldoen nie.  Hy het 'n sekere plan en ons uitvoer van daardie plan is deel van ons verkryging van blydskap.

Ons het die vermoë om magtige dade te verrig deur Hy wat ons krag gee, maar beperk baie male dit deur ons eie "beeld" van wat moet gebeur te skep.

Slide11.jpeg

Wat is jou prentjie van die perfekte lewe?

Wat is jou idee van sukses?

Bespreek met mekaar waar jy jouself in 5 jaar sien?

As skepping van God het ons die gawe om ook te skape en die beeld/visie wat ons skep het baie keer 'n vashou op ons dade en ons idee van sukses.

God roep ons elkeen om daardie beelde oor te gee en op Hom te vertrou om vir ons die regte prentjie vir ons lewens te gee.

Slide13.jpeg

As dit kom by blydskap is daar min verse so bekend soos Filippense 4:4.  

Hierdie vers is egter in 'n sekere konteks geskryf.

Met die skryf van hierdie brief was Paulus 'n gevangene van Rome en al was Hy geboei het hy nogsteeds geskryf van blydskap.

Hy het nie toe gelaat dat sy omstandighede sy vreugde bepaal nie, maar die Here alleen.

Dit is hier waar hy dan 'n baie kragtige stuk gesrkyf het om mense te inspireer om alles vir die Here te gee en in die vreugde te vind.

Slide15.jpeg

Hoe sou hierdie benadering van Paulus jou help in vandag se tyd om besluite te maak?

Hoe sou jou lewe lyk as jy vreesloos was in jou besluite?

Wat is sekere dele in jou lewe waar jy weet jy nog nie vir God toegelaat het om Sy wil te verrig nie?

Wat is dit wat jou vashou en keer dat jy waarlik gelukkig kan wees?

Slide1.jpeg

Die Here wil hê ons moet hierdie lewe wat een groot avontuur is saam met Hom geniet.

 Ons sal baie keer nie verstaan hoe ons moontlik gelukkig sal kan wees in sekere omstandighede waar Hy ons plaas nie, maar as ons vertrou in Hom en Sy wil doen sal Hy vir ons ware ewige vreugde gee.

 

Bid saam

 

LEWE VAN AANBIDDING

worship

Waaraan heg jy ongelooflike waarde in die lewe?  Wie of wat is vir jou so belangrik dat jy dit met jou lewe koester?  Ons almal het dinge of mense wat vir ons onskatbare waarde inhou en wat ons in die lewe "worship", aanbid.  

Jou lewe is dikwels 'n refleksie van wat jy in jou hart en diepste wese waardeer en admireer - hoe jy praat en dink, wat jy doen, waar jy betrokke is, wat jou kwaad en opgewonde maak.  Die lewe is 'n spieël en wys nie hoe jy graag die lewe wil hê nie, maar dikwels hoe jy is.  Wat beteken dit vir jou?  Hoe laat dit jou voel?

jesaja6

As ons deur die boek Jesaja werk, het ons verskillende wonderlike eienskappe van God se identiteit teegekom - Sy soewereiniteit, heiligheid, almag, grootheid, goedheid, regverdigheid, liefde, genade.  

In Jesaja 6 het Jesaja 'n heilige ontmoeting met God gehad en was hy met groot bewondering aangeraak deur die grootheid van God.  Dit het tot gevolg het dat hy met ope arms geroep het: "Hier is ek, Here!  Gebruik my!"

handreach

Raak jy nog opgewonde wanneer jy 'n afspraak met die Here het?  In die Sondae eredienste?  In jou kleingroep?  By 'n doop of belydenisaflegging of ander rituele wat ons as deel van ons godsdiens doen?  Verwag jy nog om bedien te word deur God by hierdie geleenthede?

Wanneer jy God ontmoet het, en besef watter onskatbare waarde Hy het - Hy is Alles - kan jou lewe nie dieselfde daarna wees nie, jy kan nie aangaan sonder 'n lewe van bewondering en aanbidding nie.

jesaja58

Kom ons lees Jesaja 58:1-11.  Vers 2-3 - Die Israeliete vra vir God hoekom beskerm Hy hulle nie, hoekom gebeur daar steeds slegte goed met hulle al vas hulle en beoefen godsdiens?  

Vers 3-7 - Die antwoord is omdat hulle dit nie doen om God se grootheid te eer en Sy Naam te heilig en aan Hom lof en aanbidding te toon nie.  Hulle harte is nie vol bewondering vir God nie, hulle hou steeds vas aan hul eie agendas.  En dan vers 8-11 - die beloning is ewige beskerming, rus vir jou siel en vrede soos lewende water, nie net vir jouself nie, maar jy word 'n bron van lewende water vir ander.

Hoe hou hierdie teks verband met ons godsdiens?  Hoe vergelyk dit met ons eredienste en rituele en byeenkomste, plekke waar ons die Here ontmoet?

psalm 91

Psalm 91:1-4 praat van hierdie beskerming waarna almal hunker.  Wat beteken Psalm 91 vir jou?  Waarvan verwag jy moet God jou beskerm, waarvan is jy gevrywaar?  Psalm 91 klink ietwat romanties as ons lewe in duie stort, daar swaarkry en hartseer en pyn en lyding in ons lewe is...  

Wat dikwels gebeur is dat ons agter God se grootheid en goedheid, Sy beskerming, wegkruip.  

wegkruipertjie

Ons gebruik ons godsdiens en rituele, ons Christenskap, God se grootheid, as 'n skerm waar agter ons skuil en ons gebruik dit as 'n verskoning om steeds aan te gaan met ons eie agendas, ons oortredings, valsheid...  Lees Jesaja 29:13-16.  Wat staan vir jou uit in hierdie gedeelte?  Hoe moet ons lewens verander om God te dien soos wat Hy wil hê?

jesaja29

Het jy al vir God jammer gesê en belydenis gevra... maar dan gaan jy maar weer terug na jou ou gewoontes toe?  Al is God genadig en liefdevol om ons te vergewe, doen dit 'n oneer aan Sy beeld en identiteit.  Hoe laat dit jou voel?  Aan watter voorbeelde kan jy nog dink waar mense Christenskap net as 'n rookskerm gebruik vir hul eie agendas?

weekly

Die antwoord is 'n totale oorgawe aan God.  'n Lewe van aanbidding.  Is jou Maandag tot Saterdag aanbidding 'n refleksie van jou Sondag ontmoetings met God?  Of is jou Sondag aanbidding 'n refleksie van wat in die week vooraf gebeur het?  

Ons bid nie net tot God vir ons voorsiening nie, maar ons aanbid die grond waarop Hy loop met ons hele lewe.  Hoe kan jy jou week so inrig dat jy eer en dankbaarheid toon vir wie God is?  Hoe spoel jou waardering van wie God is oor na jou werk, jou huisgesin, die man op straat en ander areas van jou alledaagse lewe?

mirror

Kies jy om God te vergroot, die kollig op Sy almag te plaas, deur 'n lewe van aanbidding?  Of kies jy om die vrot kolle, eie begeertes en swakhede van die mens terug te reflekteer na die wêreld?  Dink net hoe sal dinge anders lyk as ons diepste waardering die grootheid en goedheid van God is wat ons na die wêreld to reflekteer!  Ons sal mense se lewens verander!  Ons sal verwondering by mense bring, troos, hoop!

appel

Is daar nog 'n stukkie van jou lewe wat jy agter die skerm van God se beskerming in stand hou, koester en waardeer - wat jy dalk nie bereid is om op te gee in totale oorgawe aan God nie?  Dalk gaan jy Sondae werk toe, maar behandel jou werkers Maandag met minagting... Dalk sonder jy jou vir die Here af in 'n vas of geestelike ritueel, maar jy sien nie die nood van jou buurman of die man op straat raak nie?  Dalk is dit woede, valsheid, skynheiligheid, eie plesiertjies wat jou daarvan weerhou om in totale opgewondenheid en oorgawe aan die Here te leef...  

Wat staan in die pad, hou jou terug, van totale oorgawe aan God?

steen

'n Vrou het 'n ring wat sy geërf het deur 'n juwelier laat waardeer.  Die waardeerder het dit van alle kante bekyk en die tekstuur, gehalte, lig, snit, grootte, gewig en alle fasette van die steen evalueer en op die ou einde besef die ring is die raarste, waardevolste steen wat hy nog teegekom het.  Die vrou se lewe het verander - sy kon nie maar net die ring weer in 'n gewone laai bêre nie - sy moes die steen poleer en blink vryf en beskerm en koester met haar hele lewe, sy wou dit aldag en heeldag dra en terselftertyd dit in haar kluis bêre, want sy het die waarde daarvan besef.  

Besef jy die waarde van God se nalatenskap vir jou - hier en nou? Besef jy die waarde van Sy almag?  Leef dit dan voluit!

celebrate

Mag jou lewe 'n lied wees wat uitroep teen alles wat skade aan God se beeld doen!  Mag jou lewe 'n lied wees wat uitroep oor al die mooi en goed wat God vir ons wys in ons lewe!  Mag jou lewe 'n lied wees tot eer van God, want Hy is groot en goed!  

AMEN

 

Wat maak jy met jou uitnodiging?

Screenshot 2020 10 12 at 12.00.50 PM

Ons is besig met 'n reeks oor Jesaja wat ons 'n beter verstaan gee oor Psalm 91 wat handel oor ons siel-

Twee weke terug het ons gekyk na die Jesaja 43:1-4 wat handel oor die riviere en die flamme wat nie ons siel sal weg spoel of skroei nie-

Screenshot 2020 10 12 at 12.06.19 PM

Laas week het ons gesels oor die belangrikheid van belydenis van dinge wat nie in lyn is met die woord van die Here nie. Ons het gekyk na Jesaja 6:1-7 - belydenis skep 'n ruimte vir die Here om ons te kan vul met Sy heiligheid-

Screenshot 2020 10 12 at 12.06.26 PM

Hierdie week kyk ons na Jesaja 55:1-13

Screenshot 2020 10 12 at 12.41.32 PM 

Lees hierdie teks saam as groep

Wat staan vir jou uit in hierdie gedeelte?

Hierdie gedeelte het drie dele:

1. Die uitnodiging

2. Die frustrasie

3. Die feesviering

Wanneer ek en jy dink aan talle gelowiges wat passievol was oor die Here en nou.... nie meer is nie.

Hoe laat dit jou voel?

Screenshot 2020 10 12 at 4.40.21 PM

Paulus skryf in 2 Timoteus 4:7 die volgende; maar hoe doen ons dit prakties?

Screenshot 2020 10 12 at 4.40.47 PM

Jesaja 55 help ons as gelowiges om opnuut te fokus op die uitnodiging van die Here-

Screenshot 2020 10 12 at 4.40.57 PM

 

Om te besef dis 'n daaglikse Ja, Here Jesus ek sal U volg-  

 Screenshot 2020 10 12 at 5.01.08 PM

Wanneer ons praat oor die uitnodiging van die ewige verbonds God moet ons Genesis 17:7 saam lees. 

Wat beteken dit vir jou as jy weer vers 3 lees?

Wat beteken dit vir jou as daar so duidelik verwysing is na Dawid ook in vers 3?

Screenshot 2020 10 12 at 5.01.14 PM 

Lees weer Psalm 51 - hierdie is die hartklop van 'n man wat besef sy siel het gegryp na 'n ander uitnodiging wat nie ewige waarde het nie- 

God nooi jou en my uit - wat gebroke is en vol sonde - wat maak jy met die uitnodiging?

Screenshot 2020 10 12 at 5.07.03 PM

Hoe moet ons vers 6 verstaan van Jesaja 55?

Screenshot 2020 10 12 at 4.46.37 PM

Wanneer jy dink aan menslike frustrasies behels dit baie keer die gevolge van die dinge wat ons najaag.

Screenshot 2020 10 12 at 4.47.37 PM

Een van die kern beginsels van die menslike kondisie is die verlange om iets te wees, om iets te hê en die gedagtegang wanneer ek daar is sal ek geluk hê-

Hierdie is een van die menselike kondisies wat talle frustrasies gee - wat opgelos kan word om eerder in die nou en hier net tevrede te wees met Jesus as jou redder!

Wat is daar wat jy miskien jaag - met die denke as ek maar net ....

Wanneer laas het jy dit evalueer?

Screenshot 2020 10 12 at 4.51.24 PM 

Wanneer jy Jesaja 55:12-13 lees draai die teks na 'n fees tema.

 Screenshot 2020 10 12 at 5.03.18 PM

Lees weer Jesaja 55:5

Wat sal so aanloklik wees in 'n gelowige dat nasies na gelowiges sal hardloop?

Die grootste opdrag is om mekaar lief te hê -

 Screenshot 2020 10 12 at 5.03.25 PM

Ons lees in 1 Johannes 4:7-12 hierdie liefdes tema - wanneer ek en jy op 'n daaglikse basis die Here Jesus Christus se uitnodiging aanvaar en vir hom leef!

Wanneer ons daagliks vir ons self vra - is ons groei in ons geloof in Jesus Christus ons doel waarna ons nastreef kan jy nie anders as om aanloklik te leef vir nie-gelowiges!

Screenshot 2020 10 12 at 4.51.00 PM

Bid saam

Mag jy opnuut elke dag sê - Ja Here - dankie vir die uitnodiging

Mag jy daagliks dink oor die dinge wat jy jaag

Mag jy liefde leef sodat nie-gelowiges God in jou sien en hulle dors geles kan word deur jou woorde aan hulle

Amen

  1. Heilig Heilig is die Here die Almagtige
  2. Leef jou siel vir God?
  3. Jou ligaam se Roeping
  4. Gemak na roeping - jou werk

Bladsy 3 van 65

  • Begin
  • Vorige
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • ...
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • 10
  • Volgende
  • Einde
  • Afrikaans (ZA)
  • English (UK)

Website Developed and Hosted by
greendoor 12 - software it and hosting