aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

Sessies

Heilig Heilig is die Here die Almagtige

Screenshot 2020 10 05 at 11.43.14 AM

Wanneer jy die woorde lees, Heilig, Heilig, Heilig is die Here die Almagtige- watter gedagtes kom by jou op?

Hoe sou jy die hoogste vorm van heiligheid aan iemand verduidelik?

Lees die volgende stuk teks:

Screenshot 2020 10 05 at 11.45.57 AM

Wat staan vir jou uit in hierdie teks gedeelte?

Hoekom is dit so belangrik om te verstaan dat ons as gelowiges geroepe is om anders te lewe?

Wat behels dit prakties van jou as gelowige?

Lees die volgende teks gedeelte?

Screenshot 2020 10 05 at 11.49.19 AM

Wat leer hierdie teks gedeelte ons oor God se heiligheid?

 Wanneer ons dink en praat oor God se heiligheid kan ons dit maklik vergelyk met die son - dit is menslik onmoontlik om tot by die son te kom, om rede die son net te warm is.

Niemand het al ooit God gesien nie omdat God die hoogste vorm van heiligheid behels-

Dink aan Moses in die Bybel wat in die teenwoordigheid van God was. Deel met mekaar hoe hierdie ontmoeting beskryf kan word?

Screenshot 2020 10 05 at 11.58.42 AM

Wanneer jy dink aan 'n definisie vir heiligheid behels dit 'n van en 'n vir komponent-

Wat beteken dit prakties vir jou as gelowige?

Lees die volgende stuk gedeelte:

Screenshot 2020 10 05 at 12.00.20 PM

Wat staan vir jou uit in die storie van Jesaja?

Hierdie teks gedeelte bevestig die Heiligheid van God en ons as mens se onvermoë om vanuit ons eie heiligheid te bewerkstellig-

Die begin punt om heilig te raak is om te belei hoe onheilig ons as individue is-

Heiligmaking kom van God af, nie van ons as mense nie-

Wat staan vir jou uit in hierdie beginsel?

58c6a8b1d7947ea6e7c028ce7fd31672

Hoe sou jy dit vir iemand verduidelik?

Hoe help 1 Johannes 1:5-9 ons met die verstaan van die heiligheid in die praktyk?

Screenshot 2020 10 05 at 12.05.26 PM

Wat is daar in jou lewe waarvan jy moet afstand doen sodat jy nader aan God kan wees?

Lees die volgende teks gedeelte veral vers 16

Screenshot 2020 10 05 at 12.07.30 PM

Wat behels hierdie Goddelike opdrag vir jou; "wees Heilig want Ek is Heilig"

Screenshot 2020 10 05 at 12.09.17 PM 

Bid saam 

Mag jy opnuut besef die begin punt van heiligmaking is ons beleidenis 

Mag jy opnuut dit deel maak van jou daaglikse wandel met die Here

Mag jy in wysheid optree waarvan jy onttrek sodat jy nader aan die Here kan leef

Amen

 

 

Leef jou siel vir God?

 Screenshot 2020 09 27 at 2.34.14 PM

Deel met jou groep dinge waaroor jy tans baie bekommerd is en dinge wat vir jou baie belangrik is in jou lewe?

Een van die dinge wat ons ervaar tans is hoe talle dinge wat seker was, net nie sekerheid gee nie-

Lees Psalm 91  

Screenshot 2020 09 27 at 2.37.22 PM

Wat staan vir jou uit in hierdie Psalm?

Hierdie Psalm het 3 dele; verse 1-4; 5-13 en 14-16

Wat staan vir jou uit in die eerste 4 verse?

Hoe dink jy sal iemand dit lees wat tans in 'n krises leef waar alles wat sekerheid gegee het besig is om te verkrummel?

Screenshot 2020 09 27 at 2.41.51 PM

Verse 1-4 is baie mooi en gee vir baie gelowiges vrede, maar dit verwys nie na die tydelike nie-

Vertrou jy God met die ewige dinge?

Lees die tweede deel van Psalm 91

Screenshot 2020 09 27 at 2.43.09 PM

Wat staan vir jou uit in die gedeelte en hoe sou jy hierdie verduidelik aan iemand wat tans deur 'n krises gaan?

Daar is soveel gelowiges wat tans in massiewe uitdagings hulself bevind...

Screenshot 2020 09 27 at 2.44.33 PM

 Wanneer die vraag kom hoekom die Here gelowiges laat swaarkry... 

Hoe sou jy dit antwoord?

Met die lees van Psalm 91 kan baie mense se redenasie wees;  glo net meer, bid net meer, lees net meer die Here se woord...

 Lees weer vers 12

Screenshot 2020 09 27 at 2.45.11 PM

 Wat? Rerig?

Beteken dit dan wanneer jy 'n gelowige is, sal jy net geseënd wees met alles in die lewe?

Nee...

Job se vriende het ook daai gedagte-gang gehad.

Lees die volgende teks in Job 42:7

Screenshot 2020 09 27 at 2.45.24 PM

 God self sê vir Elifas jy het nie waarheid oor My gepraat nie-

Hierdie valse waarheid word vandag nog gepreek en talle gelowiges wandel in die denke-

"wanneer ek 'n gelowige is sal dit net goed gaan en ek sal geseënd wees"

Die geseënd word baie sterk gekoppel met die tydelike- met die wêreld se dinge

Jesus word ook so in die versoeking gelei deur die satan:

Matteus 4:6 ""As U die Seun van God is, spring af! Daar staan mos geskrywe: Hy sal sy engele oor jou opdrag gee en: Op hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy nie jou voet teen 'n klip sal stamp nie."

Hierdie is van die gevaarlikste teks gedeeltes wat die Duiwel ook gebruik -

Screenshot 2020 09 27 at 2.45.35 PM

 Wat dink jy is die grootste motivering hoekom mense nie in God glo nie?

Mense kan nie glo hoe 'n liefdevolle God, gelowiges kan laat swaar kry-

Hoe kon God my pa/ma/kind kanker laat kry....

Hoe kon God my besigheid op die rotse laat kom...

Hoe kon God my verhouding breek...

Screenshot 2020 09 27 at 2.45.47 PM

 Kyk die volgende clip -

God is goed (click op die rooi)

 Wat staan vir jou uit in die clip?

Screenshot 2020 09 27 at 3.02.56 PM 

 Reg deur die Bybel werk ons met karakters wat swaarkry, dink aan Jakob en Josef.

Deel die storie van Josef met mekaar -

Dink net in Gensis 45 waar Josef omself bekend stel aan sy broers met die woorde; "julle het my verkoop, maar God het my gestuur"

Wanneer ons teks gedeeltes lees soos Romeine 8

Screenshot 2020 09 27 at 3.03.03 PM

Dit het alles te doen met jou siel en nie jou fisiese welstand nie -

Lees die volgende teks in Lukas

Screenshot 2020 09 27 at 3.07.01 PM

Wat staan vir jou uit in die teks?

'n Lewe van 'n gelowige, iemand wat sy/haar siel vir die Here gee is nie 'n gewaarborge sorgelose lewe nie-

Die duiwel wil dit so aan ons verkoop en dis nie die waarheid nie-

Die verwysing in vers 18 is 'n direkte verwysing na jou siel - nie die fisiese wat tydelik is nie-

Screenshot 2020 09 27 at 3.07.07 PM

Die groot vraag is- waaraan verkoop jy jou siel?

Want die effek wanneer jy dinge waaraan jy jou siel verkoop tydelik is begin val en breek - het jy geen hoop, geen ewige vastigheid en anker nie

Hierdie kan mooi adel dinge wees soos - jou familie, jou man/vrou, jou werk, finansies- alles dinge wat baie mense sien as mooi en 'n geseënde  lewe-

MAAR as jy nie jou siel aan die Here gee nie is alles tydelike ankers...

Lees Jesaja 43:1-5

Screenshot 2020 09 27 at 3.11.24 PM

Hierdie teks maak net sin as jy dit lees vanuit die perspektief dat dit met jou siel geseënd sal gaan-

In vers 2; waters en die vure sal kom in die lewe - oor gelowiges ook...

Maar jou persoonlike riviere en flamme sal jou siel nie breek nie- 

Dit kan nie! Wanneer jou ewige deel by die tydlose en almagtige God is het jy vrede, Goddelike vrede.

Wat beteken dit vir jou?

Lees weer Psalm 91:13-16

Screenshot 2020 09 27 at 3.16.35 PM

Hierdie woorde kan net realiseer wanneer ek en jy ons siele vir die Here gee.

Wanneer ons die Here ken op 'n intieme manier deur ons siel 

Screenshot 2020 09 27 at 3.16.42 PM

Wanneer jy dink aan die fliek - the 6th Sense.

Besef mense eers aan die einde Bruce Willis is dood die hele fliek.

Wanneer jy weer die begin kyk dan kom jy ook agter almal met wie hy praat kyk nie vir hom nie. Dit gee 'n hele ander betekenis aan die verstaan van die fliek.

Wanneer jy die fliek weer kyk van die begin is alles anders - 

Wanneer ek en jy besef om geseënd te wees gaan alles oor jou en my siel - die ewige deel van elkeen van ons - verander alles!

Wanneer ek en jy besef die kern agter 'n gelowige se lewe is om ons siel vir die Here te gee - om te lewe vanuit ons siel vir God.

Die duiwel se grootste leuen is om gelowiges te oorreed dat jy moet geseën wees met die tydelike dinge in die lewe-

Hierdie breek baie mense - want hulle mis die punt! Dit gaan oor jou siel -

Kan jy sing "it is well with my soul?"

Screenshot 2020 09 27 at 3.21.41 PM

Daar is 'n baie mooi storie van 'n arend wat haar kuikens onder haar vlerke beskerm het gedurende 'n hael storm. Die haal storm het haar lewe geneem, maar haar beskerming onder haar vlerke het die lewe gegee vir haar kuikens-

Onder wat soek jy skuiling?

Is jou siel by God?

Watter tydelike adel dinge is tans jou veiligheid?

Hierdie jaar het ons as gelowiges opnuut geleer water en vuur verwoes maklik tydelike sekuriteite en skuilings.

Screenshot 2020 09 27 at 3.25.28 PM

Mag jy opnuut vir die Here dank - dat Hy sy Seun vir ons gegee het sodat ons siel verewig by Hom kan wees

Mag jy opnuut vandag jou siel vir die Here gee

Mag jy opnuut Goddelike vrede ervaar, tenspyte van die riviere en flamme om jou!

Screenshot 2020 09 27 at 3.25.34 PM

Bid saam 

Jou ligaam se Roeping

Slide1.jpeg

Vir die afgelope paar weke het ons gepraat oor hoe die Here ons uit ons gemaksones roep na 'n lewe meer gefokus op Sy wil.  Hierdie week gaan dit alles oor hoe die Here jou liggaam fisies roep en gebruik om gehoorsaam te wees teenoor Sy wil. 

Hoe baie in jou lewe het die Here jou fisiese ligaam gebruik om Sy wil te doen?(waar jy prakties iets gaan doen het)

Hoe baie het jy al God se Woord gebruik om jou fisies te versterk?

Slide2.jpeg

Met die koms van die Heilige Gees in ons lewens is daar 'n nuwe dinamika in ons Geestelike en Fisiese lewens.  

Die Here wil met elke deel van jou 'n verhouding hê en stuur dus die Heilige Gees om jou te help om in so verhouding te wees met Hom.  

Hierdie is nie net geestelik nie, maar ook fisies.  Jou liggaam is belangrik vir die Here se wil.  En alles wat Hy met jou deel vloei dus oor na jou liggaam en dit wat jou liggaam doen.

Wat beteken dit as ons sê dat ons liggaam 'n tempel is?

Hoe verheerlik jy die Here met jou liggaam?

Slide4.jpeg

Slide5.jpeg

Hier bo lees ons wat die woord "tempel" beteken.

Glo jy dit is moontlik vir jou liggaam om in hierdie betekenis te val? (fokus op punt 2 en 3)

Slide11.jpeg

Wanneer die Here ons roep gee Hy vir ons 'n "bouplan" om 'n gesonde verhouding met Hom te bou.

 Hierdie gesonde verhouding is dan waar jou geestelik en fisiese die wil van die Here soek.  

Met alles wat jy is.  

Die moeilike deel is om te verstaan hoe die Here prakties jou liggaam wil gebruik.  

Hoe nader ons aan God beweeg hoe meer gaan ons die volle prentjie sien van hoe God ons met alles wat ons is gebruik.

Het die Here al vir jou 'n geestelike "bouplan" gegee?(wat jy geestelik moet bereik)

Het die Here al vir jou 'n fisiese "bouplan" vir jou lewe gegee?

Het jy al die Here se leiding gevra om vir jou te wys wat jy tot alles in staat is deur Sy krag?

Slide16.jpeg

In Hebreërs 11 lees ons van die helde van geloof.  Wie deur hulle geloof in die Here fisies tot aksie gegaan het en so hulle en die om hulle se omstandighede fisies en geestelik verander het.

Geloof in die Here is nie net 'n filosofiese beginsel nie, maar 'n aktiewe lewensbesluit wat jy maak.  

Slide22.jpeg

Hoe dink jy sal om

1. Die Bybel meer en meer te lees.

2. Gedurig te vas en te bid, en

3. Jou leefstyl te verander na een na God se wil

jou fisies kan verander?

Hoeveel meer sal jy moet bid en Bybel lees om dit fisies te begin voel?

Glo jy dit is nodig om jou kapasiteit vir Bybel lees en bid te vermeerder en wat sal die impak op jou en die om jou se lewens wees?

Slide23.jpeg

Die Here vra vir elkeen van ons om sterk te staan in moeilike tye.  

Hierdie vat nie net geestelike maar ook fisiese uithouvermoë. 

Deel in groep waar jy moontlik hierdie week sal moet "sterk staan" in jou geloof en waar jy moontlik die Krag van die Here nodig het om te doen wat gedoen moet word.

Bid saam

  1. Gemak na roeping - jou werk
  2. Gemak na Roeping - Finansies
  3. Comfort to Calling: Verhoudings
  4. Die dag uit die koper-berge

Bladsy 4 van 65

  • Begin
  • Vorige
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • ...
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • 10
  • Volgende
  • Einde
  • Afrikaans (ZA)
  • English (UK)

Website Developed and Hosted by
greendoor 12 - software it and hosting