Fresh glo daarin om na buite te leef en die verskil te wees waar jy is.
Toere
Toere behels uitreike om die hoop wat ons het na ander uit te dra en sosiale toere om selfs dieper verhoudings te bou as met funksies.
Living Ball
Living Ball is in Suid-Afrika begin deur Manie du Toit met die doel om mense met die Evangelie van Jesus Christus te bereik deur sport en sport toerusting.
Fresh Namibia bestuur die verspreiding van die living balls in Namibia.
Living balls bestaan uit rugby, sokker en netbal balle wat versprei word na skole, sport spanne en Christen bedieninge wat hierdie balle met hul verskillende kleure gebruik om die Evangelie boodskap aan mense te verduidelik.
Die boodskap van die Living Ball:
Swart |
Verlore in Sonde |
Rooi |
Gered deur Jesus se bloed |
Wit |
Gevul met Sy Heilge Gees |
Groen |
Groei in Christus |
Shelter
Die “Shelter” is by NG Moedergemeente en is Fresh se voortdurende uitreik na Windhoek se haweloses.
Huis Maerua
Huis Maerua kinderhuis in Windhoek is 'n veilige hawe vir kinders wat nie by hulle ouers kan woon nie.
Fresh is by Huis Maerua betrokke deur die personeel te ondersteun met weeklikse geestelike sessies en individuele kinders met berading te ondersteun volgens behoefte.
Besoek hul facebook blad by: Huis Maerua
Kunene vir Christus
Kunene vir Christus bedien die evangelie op 'n relevante wyse aan die inwoners van Namibie se Kunene streek - deur praktiese hulp te verleen en die Woord in 'n verstaanbare taal en met verstaanbare hulpmiddels te verkondig.
Martelare vir Christus
Martelare vir Christus ondersteun vervolgde Christene in lande waar volgelinge van Jesus Christus onderdruk en vervolg word.
Webtuiste: MARTYRS FOR CHRIST