Ons is steeds besig met die fresh reeks oor ons huise "oikos"
Een van die belangrikse keuses wat jy en die mense met wie jy 'n yskas deel behels die keuse - om die Here te dien.
Hierdie keuse om die Here te dien - ego Josua 24:20. Dit vra dade en duidelike rolle te om te speel -
Jou rol in jou huis word bepaal deur jou verhouding met Jesus. Die kruis is 'n mooi illustrasie van jou verhouding met Jesus - vertikaal. Dit leer ons elkeen hoe ons rol horisontaal met mense om ons moet lyk -
Lees die volgende twee teks gedeeltes:
Hoe help hierdie twee teks gedeeltes jou om jou rol implikasies te verstaan interme van jou verhouding met Jesus en kind wees van God?
'n Geloof wat nie oorgaan in dade is dood. Paulus help ons om weer te kyk na elke lid in jou"oikos" se rol.
Lees die volgende teks saam:
Wat staan vir jou uit in die teks gedeelte as jy dink aan elkeen van jou huishouding se rol?
Kyk die volgende clip (click op die rooi)
Jy kan in tools 'n groot spanner maak werk -
Baie belangrik om te verstaan elkeen het sy eie rol - ons kan nie ander se rolle speel nie. Dis nie soos die clip waar jy 'n te groot spanner kan maak pas nie...
As jy die teks lees, wat dink jy is jou kern rol in jou "oikos"?
Lees weer vers 18-
'n Vrou se rol behels om geestelike onderdanig te wees aan haar man-
In ons huidige samelewing werk 'n Man en vrou. Beide het verskillende rolle in die huis. Om geestelik onderdanig te wees, bevestig om nuut dat die man die geestelike hoof is in die huis soos Efesiërs 5 ons leer.
Hoe verstaan jy 'n vrou se rol?
Om geestelike onderdanig te wees aan die man, moet die man in die huis sy rol verstaan interme van die gesin se ritme bepaal in terme van bybel lees, bid en saam kerk toe gaan.
Kern element hiervoor is beide man en vrou wat geestelik onderdanig aan God moet wees.
Hoe lyk dit prakties?
Waar moet jy veranderinge maak in jou oikos?
Lees weer vers 19-
Wat verstaan jy van die man se rol volgens vers 19?
Die kern hiervan lê weer in die geestelike onderdanig wees van man en vrou aan God?
Een van die belangrikste aspekte van die man is om sy vrou lief te hê- hierdie is 'n Goddelike opdrag.
Dit is nie 'n eenmalige aksie nie - dis 'n daaglikse keuse -
Lees 1 Johannes 3:18 - hoe help die vers mans om hulle rolle beter te doen?
Hoe lyk dit prakties?
Lees weer vers 20 -
Wat staan vir jou uit in vers 20? Hoe moet ons dit verstaan?
Dink weer terug aan die 10 gebooie, die 3de gebod behels "eer jou Vader en jou Moeder"
Wanneer mens praat oor eer beteken dit maak hulle bly. Die grootste vorm van eer behels gehoorsaamheid. Hoe kan jy as kind meer gehoorsaam wees? Hoe kan jy as ouer jou kind help om gehoorsaamheid beter te verstaan ook in die lig van die 3de gebod.
Ouers lees weer vers 21 - wat is daar wat jy moet verander of verbeter in jou huis?
Wanneer mense dink aan jou huis.... is jou huis 'n voorbereidings plek vir die wêreld daar buite.
Ons elkeen werk buite die huis vir iemand - wat leer jy uit vers 22-24?
Hoe kan jy as ouer dit beter implimenteer en beoefen in jou huis?
Om hierdie woorde te realiseer behels om oor te gaan in aksie!
Ons elkeen het 'n bepaalde rol! Baie enkel ouers moet vir wysheid vra van die Here om dubbel rolle te vertolk
Huise is die bousteen van gesonde samelewings -
Hou die week huisvergadering en bevestig weer opnuut elke lid van jou huis se rol in die huis -
Hierdie oefening skep veiligheid by jou huis - Hierdie oefening skep verantwoordelikheid by jou huis.
Mag jy opnuut jou rol speel saam met Jesus wat jou begelei en die Heilige Gees wat jou versterk
Bid saam
Hierdie week gesels ons verder oor Familie.
Ons gaan uit Kolossense 3:1-17 lees, om beter te verstaan hoe ons as nuwe mense moet optree in hierdie gebroke wêreld.
Kolossense is 'n ongelooflike brief wat Paulus geskryf het, terwyl hy vir 2 jaar in 'n Romeinse tronk gesit het. Hy het dit aan die nuwe Christenne geskryf wat heidenne was voor Epafras die goeie nuus van Jesus met hulle gedeel het.
Epafras, wat ook 'n Disipel was het die kerk in Kolosse gevestig, en hy het vir Paulus in die tronk kom vertel van al die groei wat in die kerk plaas gevind het, en daarom skryf Paulus vir hierdie gemeente 'n brief, om hulle te bemoedig om te volhart in Jesus deur hulle geloof.
Lees Kolossense 3:1-4.
Wat staan vir julle uit in hierdie verse?
Paulus begin die hoofstuk deur ons te herinner dat ons ons ou lewens afgesweer het, dat ons in onsself gestef het en dat ons nuwe lewe in Christus het. Ons het toe ons die goeie nuus van Jesus gehoor het gesê dat ons ook deel aan Sy heerlikheid wil hê en dat ons deur Hom vergewe wil wees vir al ons sondes.
Ons het in Christelike huise groot geword, maar almal van ons was al in sonde vas gevang, waar dit so deel van ons lewens geword het dat dit eintlik maar tweede natuur geword het. Ons ken almal daardie sê ding, "Jy leer nie jou kind hoe om 'n tantrim te gooi nie, hulle doen dit sommer vanself."
Dink aan jou eie lewe. Beleef jy dat sonde deel van jou lewe is?
Hoe hanteer jy dit?
Daarom kom herinner Paulus ons in hierdie teks om ons gedagtes op die dinge wat daar bo is te rig en nie op die dinge van die aarde nie.
Hoekom wil ons dit doen?
Kol3:3, "want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God. 4Wanneer Christus, wat julle lewe is, by Sy wederkoms verskyn, sal julle ook saam met Hom verskyn en in Sy heerlikheid deel."
Lees verder... Kol 3:5-11.
Ons sien al hierdie eienskappe van die sondige natuur, dan besef ons hoe baie ons steeds in hierdie lewe leef as sondaars. Dit is nie daar om ons sleg te laat voel nie, maar om ons wakker te laat skrik. Ons fokus nie genoeg of gereeld genoeg op die dinge daar bo nie, op die wil van die Vader nie, en ons vergeet soms dat ons nie meer die ou, sondige mens is nie. Maar ons verval so vinnig in sonde in.
Dit is hoekom ons daagliks saam met Jesus moet wandel. Dat ons onsself kan herinner dat ons nie meer hierdie ou, sondige gebroke mense is wat in die donker rond wandel nie, maar dat Jesus Sy lewe vir ons gegee het en dat ons vergewe is en vrygespreek is van hierdie sondige natuur.
Dit gaan nie oor wat jou kultuur is nie. Dit gaan nie oor wie die mooiste voertuig ry nie. Dit gaan nie oor hoe baie skape jy het nie. Dit gaan nie oor al hierdie aardse goed nie. Alles gaan oor Jesus! Hier is Christus alles en in almal.
Ons moet dit elke dag vir onsself hardop sê: "Alles gaan oor Jesus."
Ons is nie meer die sondige mense wat ons was nie. Ons is lewend gemaak in Jesus en ons het 'n nuwe manier van dink en 'n nuwe manier van lewe gekry.
Dit is hoekom Paulus skryf: "5Daarom moet julle die aardse dinge doodmaak wat nog deel van julle lewe is:"
Lees verder... Kol 3:12-17.
Hier is waar ek en jy wil uitkom.
Ons wil deur ons lewens te leef Jesus se goedheid en liefde verkondig. Alles wat ons doen moet gedoen word in die Naam van die Here. Wanneer ons dit reg kry sal ons baie vinnig besef dat dit moeiliker en moeiliker word om te verval in die sondige natuur.
Paulus sê presies hier watter tipe eienskappe deel van ons lewe moet wees. Dalk moet ons begin fokus daarop dat ons so sal leef.
Hy maak dit ook duidelik dat ons deel van Jesus se liggaam is en dat ons as eenheid, in vrede met mekaar moet leef.
Hier kom die Familie aspek sterk deur. Ons moet mekaar vergewe, ons moet in vrede met mekaar leef, ons moet mekaar lief hê, en dit is hoe ons die band van eenheid in Christus sal hê.
Maar dit is vrek moeilik om dit te doen, nê?
Gelukkig doen ons dit nie op ons eie nie. Ons gaan baie sukkel as ons hierdie nuwe mens probeer wees as ons op ons eie krag staat maak...
Jesus het Sy Heilige Gees gestuur om ons elke dag van ons lewens te lei en te onderrig in die waarheid van God. Ons kan net hierdie nuwe mense wees wat in Jesus is as ons op Hom staat maak en op Hom vertrou.
Dit is presies hoe die Israeliete die laaste plaag oorleef het. Hulle het op Hom vertrou om hulle te red toe hulle die lammetjie se bloed op hulle deur koesyne geverf het. Hulle kon niks gedoen het nie, NET GEHOORSAAM GEWEES EN NET VERTROU HET.
Jesus het in my en jou plek gesterf en Hy het deur Sy dood die sonde oorwin. Hy het opgestaan uit die dood uit en Hy gee vir ons hierdie ewige lewe deur Sy genade.
Wat moet ons doen om dit te kry? Ons moet GEHOORSAAM WEES EN ONS MOET IN HOM VERTROU. Deur Sy genade red Hy ons, en deur Sy teenwoordigheid in ons lewens kom verander Hy ons van die ou mens af, na die nuwe mens toe.
Dink aan jou eie lewe.
Is ons steeds besig om die ou mens lewendig te hou, of is ons besig om te lewe in die nuwe mense wat ons deur Christus is?
Bid saam
"oikos" is die griekse woord vir huis.
Wat onthou jy van jou huis waar jy groot geword het?
Deel met die groep watter gedagtes by jou op kom as jy terug dink aan die huis waar jy as kind gebly het.
Dis belangrik wanneer ons dink aan huise -
"'n gesonde huis bou 'n gesonde samelewing"
Lees die volgende teks gedeelte as groep saam.
Paulus is hier aan die woord, die boek Efesiërs as geheel handel oor sy boodskap aan die mense in Efese om anders na hulself te kyk.
Hulle is soos vers 19 sê nie meer bywoners nie, maar medeburgers. Deel van die "oikos" van God.
Deel van die hemelse gesin.
Wat staan vir jou uit as jy dink oor die teks gedeelte?
Lees ook Efesiërs 2:11-13
Wat staan vir jou hierin uit as jy dink wie ons as gelowiges was en wie ons nou is?
Hoe leef jy dit elke dag?
Leef jy dit in 'n manier dat ander dit kan sien?
Wanneer jy aan jou eie "oikos" dink lyk nie een van ons sin dieselfde nie-
Elkeen se huis word uit uniek geskep. Die mense met wie jy 'n yskas deel - dis jou oikos.
Wat is jou kern aksies wat jy daar doen om jou oikos op Jesus as hoeksteen en fondament te bou?
Om hierdie te verstaan en die belangrikheid daarvan moet jy vir jouself vra - "hoekom is dit nodig?"
Dit te verstaan moet ons terug gaan na die 10 plae - die laaste een help ons die essensie van 'n gelowige oikos, 'n huis wat saam met die Here leef beter verstaan.
Dit gaan tendiepste oor jou identiteit in Jesus - leef jy vanuit Sy bloed?
Leef jy as 'n wedergebore gelowige -
Iemand wie se huis gemerk is - wat anders die lewe doen as 'n bywoner, maar as 'n inwoner van die Here se geestelike oikos?
Dis letterlik 'n saak van ewige dood of ewige lewe-
Hoe lyk jou oikos tans?
Die vroeë kerk se huisgesinne het anders gelyk - dit was mense wat nie kon lees nie- maar hulle het elke dag hulle kern geloof met mekaar gedeel dit vir mekaar gesê.
Doen dit nou - belei jou geloof hardop met mekaar -
Kyk die volgende clip (click op die rooi)
Is jou huis aanloklik aansteeklik met die evangelie?
Belei jou beleidenis die week hardop met almal met wie jy 'n yskas deel - elke dag vir 'n week
Een van die kern evangeliese beginsels behels dat Jesus het nie gekom vir die mense wat nie siek is nie -
Jesus het juis gekom vir mense soos ek en jy wat gebroke is.
Mense wie se huise "oikos" nie perfek is nie. Om hierdie rede mag ons wat saam met Jesus in Sy huis woon en lewe - nooit op 'n plek kom waar ons, onself verhef bo ander nie -
Ons almal het familie of vriende wie se huise gebroke is - ons almal se huise ook...
Mag ons ook opnuut besef - Jesus nooi hulle ook-
Hoe gaan jy jouself bewus hou van jou eie gebrokenheid die week?
Hoe gaan jy die week jou geloof anders uitleef na dele in jou familie wat ook gebroke is?
Wat staan vir jou uit in vers 20?
Wat wonderlik is dat die apostels en profete het nooit oor hulself getuig - maar altyd oor wat Jesus vir hulle gedoen het -
Hoe kan jy dit prakties uitleef in jou oikos?
Wat getuig jou huis?
Hoe kan jy dit verbeter?
Bid saam