aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

Sessies

Ondervind die Here

Screen Shot 2017 11 27 at 2.05.20 PM

Lees die bogenoemde teks - 

Wat staan vir jou uit in hierdie teks?

Die woord ondervind kan ook vertaal word met "proe"

Wanneer laas was jy kinderlik opgewonde oor die die Here? 

Wanneer laas het jy met kinderlike afwagting saam met die Here gewandel in afwagting dat die Here jou gaan verras?

Kyk die volgende clip:

Kinderlik opgewonde

Screen Shot 2017 11 27 at 2.06.14 PM

Wat het al gebeur dat jy hierdie kinderlike ervaring en vermoë verloor het?

Wat dink jy is die rede dat soveel mense nie meer so voel oor die Here nie?

Screen Shot 2017 11 26 at 4.21.19 PM

Wat is die dinge wat jou perspektief verander oor die manier hoe jy die Here ondervind?

Wat is die dinge wat jou perspektief oor God se goedheid verander?

Hoekom is dit so hartseer?

Screen Shot 2017 11 27 at 2.24.36 PM

Een van die aspekte om God te ervaar en te ondervind is om dit op 'n kinderlike manier te doen-

Wat behels dit om te glo soos 'n kind?

Wat is die verskil tussen 'n kinderlike geloof en 'n kinderagtige geloof?

Hoe verander mens kinderagtig na kinderlik?

Screen Shot 2017 11 27 at 2.08.05 PM

'n Kerk is niks anders as 'n groep mense wat saam beweeg - hoe lyk 'n kerk waar mense kinderlik opgewonde is oor die Here?

Hoe lyk 'n kerk waar mense kinderlik opgewonde is om die Here te ondervind en te ervaar?

Screen Shot 2017 11 27 at 2.08.13 PM

Mag jy opnuut die Here "proe" en ervaar in 'n nuwe manier.

Mag jy opnuut opgewonde raak soos 'n kind.

Mag jy opnuut saam met die Here wandel in afwagting.

Screen Shot 2017 11 27 at 2.32.05 PM

Bid saam

  • Afrikaans (ZA)
  • English (UK)

Website Developed and Hosted by
greendoor 12 - software it and hosting