aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

Sessies

Jou jaar in Sy hande

635895403205678682-1247910095_serving-hands.jpg

Die nuwe jaar lê voor met al sy uitdagings en opwinding.  Dit is belangrik om te weet dat God 'n plan vir jou lewe het en dat jou jaar nie dieselfde as 2017 mag lyk nie.

Ons moet dus fokus op wat God se wil vir ons jaar is en hoe Hy ons wil lei om daar te kom.  Dit is tyd dat ons wêreldse metodes en maniere weg sit en op 'n nuwe Goddelike manier die jaar aanpak.

Lees saam Eksodus 17:8-16

maxresdefault.jpg

Wat is jou vooruitsigte of die planne wat jy vir 2018 het?

Hoe beplan jy om dit te bereik?

Hoe vorm God deel van daardie planne?  Word Hy aan die hoof gestel of net geraadpleeg omtrent hierdie planne?

Hoe sou jy God die Hoof maak van jou planne vir 2018?

Hoe sou jy gereageer het as jy van Moses se plan in Eksodus 17 gehoor het?

Wat was die doel van die wyse waarop hulle gewen het?

Op watse wyse getuig jou planne die grootheid van God?

Lees saam Johannes 2:13-22

6459dc-20170826-melrose-01.jpg

Hoe sou jy opgetree het as jy in Jesus se skoene was?

Hoe belangrik was wat die mense van hom gedink het teenoor om iets volgens die wil van God  te doen vir Jesus?

Hoe kan hierdie voorbeeld wat Jesus gestel het vir ons iets van ons eie planne leer?

Wat het Jesus bedoel met die "afbreek" en "opbou" van die tempel?

Wat is die goed/planne in jou lewe wat al vir "46 jaar" so gedoen word (op dieselfde manier) wat afgebreek moet word en deur Jesus op 'n nuwe manier opgebou moet word?

hephaestus-sculpture-scott-eaton.jpg

Die Here het 2018 soos 'n bol klei voor jou neergesit en wil hê jy moet met Sy hulp 'n beeld van dit maak.

Lees saam Eksodus 20:4-5

maxresdefault (1).jpg

 

Met Sy hulp wil God hê jou jaar moet jou nader en nader aan Hom laat beweeg en nie aan ander "beelde" nie.

Hoe sal jou planne vir die jaar verander as die doel is om meer en meer God se grootheid, liefde en genade deel van jou lewe te maak?

cropped-74519322.jpg

God roep jou om hierdie jaar in Sy wil te wandel en deel te raak van Sy liggaam.

Hierdie beteken dat jy saam met die res van die gemeenskap van gelowiges 2018 'n jaar gaan maak waar die grootheid van God getuig gaan word deur die dade van Sy kinders.

 

  • Afrikaans (ZA)
  • English (UK)

Website Developed and Hosted by
greendoor 12 - software it and hosting