aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

Sessies

Wie is God vir jou?

Screen Shot 2018 01 15 at 8.49.36 AM

Wie is God vir jou? 

Hierdie is die belangrikste vraag wat jy vir jouself in hierdie lewe kan vra.

Hoekom...? Want alles wat jy in hierdie lewe doen word beinvloed deur hierdie vraag - byvoorbeeld as jy dink oor God as iemand wat net 'n stel reëls afdwing en mense straf as hulle nie die reëls gehoorsaam nie - dan gaan jy ook 'n lewe leef van wit en swart. God is ook liefdevol, en genadig en 'n pa figuur wat saam met elkeen van ons persoonlik die lewe wil stap.

Lees die volgende stuk teks:

Screen Shot 2018 01 15 at 8.57.34 AM

Watter eienskappe van God gee hierdie Psalm vir jou en my om jou vraag beter te antwoord; "Wie is God vir jou?"

Wat staan vir jou persoonlik uit in hierdie teks?

Lees ook die volgende stuk teks:

Screen Shot 2018 01 15 at 8.57.46 AM

Wat staan vir jou uit in hierdie stuk teks wat jou help om hierdie week se vraag beter te antwoord?

Hoekom speel vers 10 so belangrike rol in die verstaan van God se liefde vir my en jou as individu?

Kyk die volgende clip:

Who is God?

Wat staan vir jou uit in hierdie clip?

Screen Shot 2018 01 15 at 9.09.51 AM 

 Hoe help hierdie aanhaling van Timothy Keller jou om jou vraag van die week te antwoord?

Screen Shot 2018 01 15 at 9.15.28 AM

Karl Barth een van die 19de eeu se grootste teoloë is op 'n geleentheid in die VSA gevra, wat is die belangrikste evangeliese waarde van God?

Met ander woorde hoe antwoord jy die vraag; "Wie is God vir jou?"

Hy het lank gevat en toe die liedjie begin sing; "Jesus loves me this I know, for the Bible tells me so"

Miskien is dit wat jy vandag weer moes hoor - Jesus is lief vir jou!

Die kleur wat die meeste geassosieer word met liefde is rooi - mag jy nooit vergeet dis ook die kleur van bloed.

Jesus se bloed het gevloei vir my en jou op die naam!

Screen Shot 2018 01 15 at 9.29.05 AM

In die oorlog in Vietnam het 'n bom 'n kinderhuis raak geskiet. Daar was 'n klein dogtertjie wat baie seer gekry het en bloed nodig gehad het. Die dokter en die suster het getoets of hulle bloed sou werk, maar dit was nie die regte bloed groep nie. Hulle het toe via die tolke gevra wie van die kinders bereid sou wees om bloed te gee. Daar was toe 'n jong seuntjie wat ingestem het. Hy was baie op sy senuwees en het baie gebewe in die bloedskenk proses. Sy bloed het toe die dogtertjie se lewe gered. 'n Paar dae daarna vra die suster vir hom hoekom was hy so bang en op sy senuwees? Hy het toe met haar gedeel dat die tolk het verduidelik dat hulle iemand soek om al hulle bloed vir die dogtertjie te gee. Dis suster was baie verras en vir hom gevra hoekom het hy dan ingestem? Sy antwoord was eenvoudig sy was my maatjie...

Screen Shot 2018 01 15 at 9.34.08 AM

Mag jy opnuut die vraag vir jouself vra; "Wie is God vir my"

Mag jy opnuut besef hoe belangrik hierdie vraag vir jou bestaan is.

Mag jy opnuut jou antwoord aan die woord van God kalibrieër.

Screen Shot 2018 01 15 at 9.36.16 AM

Bid saam

Gaan luister na die preek by: https://soundcloud.com/user-535977761/14-januarie-ds-ernst-coetzee

  • Afrikaans (ZA)
  • English (UK)

Website Developed and Hosted by
greendoor 12 - software it and hosting