Lees die bogenoemde teks, wat staan vir jou uit in die behoefte wat Moses uitspreek teenoor die Here in vers 18?
Wat behels dit vir jou om die Here intiem te ken?
Wat behels dit in die manier wat jy met die Here se woord omgaan?
Wat staan vir jou uit in hierdie vers?
Hoekom dink jy het Moses se gesig geblink?
Wanneer jy die Here intiem ken en saam met die Here wandel "blink" jou gesig ook
Ken jy iemand wie se gesig "blink"?
In hierdie sessie gaan ons na aspekte kyk wat ons elkeen gaan help om God meer intiem te leer ken.
Wat is die dinge in jou lewe waarvoor jy baie lief is?
Hoe weet jy dit raak 'n kern saak in jou lewe en dit is nie meer 'n rand saak nie?
Een van die kern elemente om God beter te leer ken is deur Sy woord te bestudeer.
Jou interaksie met God en Sy woord bepaal jou teologie. Jou teologie bepaal hoe jy God ken.
Een van die gevaarlikste dinge wanneer jy God se woord lees, is wanneer jy dit lees met 'n spieël...
Dit behels dat jy net lees in die Bybel waarmee jy as individu identifiseer, byvoorbeeld jy lees die wet in Eksodus 20, maar nie die 8ste gebod wat behels jy mag nie steel nie of nie die 7de gebod wat behels jy mag nie egbreuk pleeg nie want dit is 'n aspekte waarmee jy nie saam stem nie.
Hoe lees jy die Bybel tans?
Is daar teks gedeeltes wat jy met 'n spieël lees?
Lees die volgende teks?
Is dit jou gebed om die Here werklik te ken?
Lees die volgende teks:
Wat staan vir jou uit in hierdie stuk teks?
Wat behels dit in terme van hoe jy die Bybel lees asook die spieël aspek?
Om die Here intiem te ken - behels tyd saam met die Here in Sy woord...
In een van die episodes van die reeks Greys Anatomy is daar 'n groep van die top finale jaar mediese studente wat die hospitaal besoek om prakties te kyk wat die dokters doen. Hierdie groep bestaan uit die top 10 van hulle jaar groep. Gedurende hierdie besoek het die een individu se bril op 'n pasient se wond geval gedurende 'n operasie. 'n Ander individu het flou geraak toe hy sien hoe 'n aar bars ...
Hierdie bevestig dat mediese kennis nie genoeg is vir die praktyk nie.
Om God intiem te ken, behels nie net klomp kop kennis van die skrif nie, dit moet oorgaan in aksie.
Hoe lyk jou kennis-wat-oorgaan-in-aksie van God?
Sluit af deur Psalm 16 verse 5 en 11 te bid.
Mag jy opnuut die Here intiem leer ken.
Mag jy opnuut die Woord gebruik as riglyn.
Mag jy opnuut saam met die Here wandel en Hom toelaat om jou te leer om te lewe.
Amen