aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

Sessies

Jesus in jou skoene

Screen Shot 2018 03 19 at 12.34.11 PM

Ons fokus teks in hierdie week se sessie is uit die Johannes evangelie. Om hierdie evangelie se hartklop te verstaan lees die volgende teks gedeelte: Johannes 20:30-31

Wat staan vir jou uit in hierdie gedeelte?

Lees die volgende teks gedeelte:

Screen Shot 2018 03 19 at 12.35.57 PM

Wat staan vir jou uit in hierdie teks gedeelte?

Wanneer ons dink aan Jesus wat die Christus is  - was daar baie mense wat na Hom gestroom het gedurende Sy aardse bediening.

Dis so ironies dat daar 'n aantal Grieke na Jesus gekom het om meer oor die evangelie te leer, hierdie selfde Grieke was beskou as tweede vlak gelowiges in die Joodse geloof wat net in 'n sekere deel van die tempel toegelaat is.

So ironies dat hulle toegang het tot Jesus Christus, maar nie totale toegang na die tempel, die ontmoetingsplek met God nie.

Wat staan vir jou uit in hierdie ironie?

Screen Shot 2018 03 19 at 12.46.18 PM 

Hierdie ironie word beklemtoon met een van die mees bekendste teks gedeeltes in Johannes se evangelie -

Johannes 3:16

 "God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat die wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê"

Screen Shot 2018 03 19 at 1.03.12 PM

Lees weer Johannes 12:24-26

Die les wat ons leer uit die koringkorrel - behels dat vermeerdering volg wanneer jy jouself tweede stel en die behoeftes van ander eerste!

Wat staan vir jou uit in hierdie beginsel?

Heiligmaking behels juis dit! Jesus maak ons heilig deur Sy lewe te gee vir elkeen van ons op die naam - 

Ook hulle wat ons miskien sien as tweede vlak gelowiges wat nie alles doen volgends ons eie persoonlike geloofsoortuigings nie.

Screen Shot 2018 03 19 at 1.07.23 PM

Wanneer laas het jy gaan nadink oor wat Jesus vir jou op die naam aan die kruis gedoen het?

Lees weer Johannes 12:26-28

Wat staan vir jou uit in hierdie gedeelte?

Kyk die volgende clip: (click op die rooi)

Volg Jesus se voorbeeld - trek iemand anders se skoene aan...

Wat staan vir jou uit as jy dink aan jou eie roeping as volgeling van Jesus en Johannes 12:25-26?

Screen Shot 2018 03 19 at 1.14.52 PM

Om die proses van heiligmaking te verstaan wat Jesus vir elkeen van ons gedoen het - behels 'n proses van jou "oorfone" af te haal en jouself in ander se skoene te plaas.

Jou "oorfone" kan soms goeie en slegte goed wees - wat keer jou om jou "oorfone" af te haal?

Jesus het dit met jou en my gedoen.

Screen Shot 2018 03 19 at 1.49.08 PM 

Mag jy opnuut besef Jesus het Sy hemelse skoene geruil met joune en myne

Jesus se ruil proses het aan die kruis geëindig

Jesus het jou en my heilig gemaak

 

Mag jy dit ook gaan doen aan ander om jou! 

 

Bid saam

 

 

 

 

 

 

 

  • Afrikaans (ZA)
  • English (UK)

Website Developed and Hosted by
greendoor 12 - software it and hosting