
Luister saam na die volgende liedjie:
Forgiven - Crowder (Click op die rooi)
Wat dink jy van die uitdrukking – “ek sal vergewe maar ek sal nie vergeet nie”?
Wat beteken dit “om ’n wrok te koester”?
Lees die volgende skrifgedeelte:
Na aanleiding van hierdie teks, sou Jesus die reg gehad het om ’n wrok te koester? Hoekom?
Die kruisiging was ’n geweldige wrede straf.
Kyk hierdie clip as jy meer wil weet oor die mediese implikasies van kruisiging op die liggaam:
https://www.youtube.com/watch?v=T-EVfxABSoU
Romeinse owerhede sou gekruisigde misdadigers langs hoofweë los om ’n baie duidelike boodskap en sielkundige impak te laat – wat dink jy wou hulle oordra met hierdie wreedheid?
Dink jy dit is ’n effektiewe boodskap?
God se koninkryk wou ook ’n boodskap oordra daardie dag toe Jesus gekruisig is:
“Kyk hoe lief het ek jou”; “Kyk hoe belangrik is dit vir My dat daar versoening is tussen ons”; “Kyk wat ek bereid was om deur te maak om vir jou vergifnis en verlossing te bring”
Wat beteken dit vir jou dat Jesus hierdie dood vir jou gesterf het?
Wat dink jy sou gebeur het as Jesus dit nie wou doen nie? As daar nie Paasfees was nie?
Ons is nie net ontvangers van genade nie, ons is ook verspreiders van genade.
Is dit vir jou maklik of moeilik om te vergewe? Hoekom?
Hoekom dink jy verwag Jesus van ons om te vergewe? (Selfs 70x7 keer - Lees Matteus 18:21-23)
As jy gemaklik voel, deel met mekaar as daar iemand is wat jy sukkel om te vergewe.
Sluit af deur vir mekaar te bid dat julle hierdie week sal leef as vergeefde mense.