Wat beteken paasfees vir jou?
Lees die volgende stuk teks:
Wat staan vir jou uit in die teks?
Jesus het gesterf - Hy het Sy lewe gegee sodat jy die ewige lewe kan kry!
Jesus het die dood oorwin!
Lees die volgende stuk teks:
Wat staan vir jou uit in hierdie teks?
Petrus preek hier vir Kornelius - Petrus vertel die storie van Jesus.
Petrus groei in geloof stap vir stap - in hierdie groei kom ons agter dat bekering 'n daaglikse keuse is...
In hierdie daaglikse keuse kom daaglikse groei in die verstaan van Jesus Christus -
Hoe verstaan jy die vers hieronder:
Wat beteken hierdie stuk teks vir jou?
Watter groei perspektiewe het jy van Jesus Christus ontdek die afgelope paar jaar?
Hoe het dit jou help om anders te dink, praat en te leef as kind van Jesus Christus?
Wat behels 'n daaglikse bekering?
Hoe lyk jou groei in bekering tans?
Wat illustreer hierdie volgende skets?
Hoekom is dit belangrik om soos Petrus onsself en ander te herinner aan hierdie storie?
Jesus se narratief is die kern van jou bekering en die kern agter ons geestelike groei in Hom.
Wat gebeur as ek en jy vasgevang raak in verkeerde bekering beginsels?
Kyk die volgende clip:
Wat staan vir jou uit in hierdie clip as jy dink aan iemand wat die verkeerde "God's begrip het" en 'n bekerings moment moet ervaar in 'n aspek van sy of haar geloof? (byvoorbeeld Petrus wat moes leer dat Jesus vir almal gesterf het)
Waar begin die skuif in jou daaglikse bekering?
Lees die volgende stuk teks:
Mag jy groei in jou daaglikse bekering...
Mag jy groei in jou vernuwing van denke...
Mag jy groei in die verstaan van Paasfees en Jesus wat die dood oorwin het...
Bid saam...