Lees die boonste teks.
Wat staan vir jou uit in hierdie teks?
Hierdie teks is ongeveer een week na Jesus Christus se opstanding - ons is ongeveer een week na die paasfees -
Watter impak het paasfees in jou lewe gehad en het daar iets in jou lewe verander?
Watter impak het paasfees en die viering van Jesus Christus se dood en opstanding vir jou?
Hoekom dink jy was die dissipels bang?
Hoekom dink jy is mense vandag steeds bang om paasfees se boodskap oor Jesus se opstanding te verkondig?
Lees saam Romeine 12:1-2
God verander mense se denke, woorde en dade oor die eeue heen in die samekoms geleenthede van die gelowiges.
Hierdie geleenthede is kern vir denke oor wat beteken Jesus Christus vir my en jou en die uitlewing daarvan.
Daar is 'n storie van drie studente wat in Europa toer, op die toer loop hulle in 'n klein dorpie verby 'n kerk waar mense besig was om te aanbid. Twee van die studente stel toe 'n uitdaging vir die een om in die kerkie in te gaan en vir die pastoor te sê hy glo nie in Jesus nie. Al drie die studente was ongelowiges en die uitgedaagde student gaan toe die kerk binne. Met die ontmoeting van die pastoor basuim hy sy ongeloof in Jesus uit. Die pastoor het gereageer en gevra dat hy net vir 'n paar oomblikke na die beeld van Jesus aan die kruis te kyk... die student het dit toe gedoen en weer na die pastoor terug gekeer en weer gesê ek glo steeds nie.
Die pastoor het hom nog twee keer uitgedaag om na die beeld te kyk waar Jesus aan die kruis hang... met die student se derde keer by die kruis het hy uitgebars in trane en 'n radikale bekering beleef.
Bekering is nie 'n eenmalige aksie nie - dis 'n groei proses in die verstaan van God se liefde en genade.
Wat staan vir jou uit in hierdie storie?
Tomas was nie by die ander dissipels se ontmoeting met die opgestaande Jesus nie, hoekom weet ons nie...
Wat gebeur met jou as individu by die ontmoeting van die gelowiges?
Lees weer Johannes 20:19-23
Daar is ses aspekte wat Tomas gemis het omdat hy nie by die "koinonia" gemeenskap van die gelowiges was nie...
Vers 19 - God se teenwoordigheid
Vers 19 - Die Krag van die Here
Vers 19 - God se Vrede
Vers 20 - Om God te loof en prys
Vers 21 - Lering oor God
Vers 22-23 - God se voorsienigheid
Wat staan vir jou uit in hierdie ses aspekte wat ek en jy ook gaan mis soos Tomas as ons die byeenkomste van die gelowiges misloop?
Hoekom is dit dan belangrik om die samekomste van gelowiges by te woon?
Daar is 'n verhaal van 'n man wat 'n besonderse nalatenskap wou agterlos. Hy het toe 'n kerkie in sy dorpie gebou. Met die bekendstelling het hy al die families in die dorpie genooi. Toe almal binne die kerkie sit was dit baie donker. Hy het net twee vensters gemaak, maar het toe vir elke familie 'n lamp gegee wat lig gegee het. Elke familie het ook sy eie hangplek gehad vir hulle onderskeie lampe.
Met sy openings woorde het hy gesê wanneer jy die samekoms van gelowiges mis loop - gaan daar 'n tekort aan lig wees in die kerk en dan ook "buite" in die wêreld want jy gaan nie verstaan en geleer word waar die Here wil hê jy jou lig moet skyn nie...
Wat staan vir jou uit in hierdie storie as jy dink aan Tomas wat die byeenkoms van die dissipels gemis het?
Mag jy groei in jou verstaan van Johannes 20...
Mag jy groei in jou verstaan hoe belangrik "koinonia" en die samekoms van die gelowiges is...
Mag jy groei in jou bekering en verstaan van hoe God sy lig deur jou wil laat skyn...
Bid saam