aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

Sessies

Vervulling van God se Woord in jou

In hierdie reeks waar ons meer fokus op die krag van die Heilige Gees is een van die belangrikste eienskappe van die Gees om ons te lei in die lees en verstaan van God se Woord.god-spoke-xmas.jpg

Lees Matteus 5:17-20

Hoeveel tyd spandeer jy om regtig te verstaan wat God vir jou probeer sê as jy die Bybel lees?

Wat is die stappe wat jy neem om God se Woord nie net nog 'n informasiestuk te maak nie, maar 'n manier om 'n karakter transformasie in jou lewe te maak?

Lees saam die volgende stukke in die Bybel waar ons te doen het met die Woord van God.

Genesis 1:3

Eksodus 3:1-10

1 Samuel 16:11-13

Lukas 1:30-33

bible-on-a-wooden-desk-PBEE7YJ.jpg

Hoe baie het God vir jou gesê toe Hy in hierdie dele gepraat het?

Hoe baie het God gepraat teenoor hoe baie die opdrag behels het?

Hoe het al die karakters se stories verander vanaf God met hulle gepraat het?

Hoe baie verander jou storie as jy te doen het met die Woord van God?

Hoe het God hulle voorberei, moontlik voor en na die tyd, vir die opdrag wat Hy hulle gegee het?

Glo jy dat God jou voorberei voor en na jy tyd met die Bybel spandeer? Hoe en Hoekom?

 bible-films-christ-walking-disciples-1127657-wallpaper-1470x980.jpg

Lees Galasiërs 1:11-24

Lees nou Galasiërs 1:11-12 - Glo jy God kan direk met jou praat deur sy Skrif en ander gelowiges? Hoe kan jy meer en meer soos Paulus openbarings van die Here ontvang?

Lees nou Galasiërs 1:13-14 - Glo jy jou verlede speel enigsins 'n rol in God se openbaring in jou lewe of hang dit alles af van wie God is en wat Hy sê?

Lees nou Galasiërs 1:15-19 - Hoeveel tyd spandeer jy aan Bybel lees, boeke oor die Bybel lees, preke en stil word en waar glo jy kry jy die meeste openbaring van die Here?

Lees nou Galasiërs 1:20-24 - Glo jy dat God jou wil transformeer met elke skrifgedeelte wat jy lees en tyd wat jy aan sy Woord spandeer?

 Screen Shot 2018 05 14 at 4.01.37 PM

Mag jy besef dat God met elke tree wat julle saam loop jou lewe wil verander in iets wat van Sy glorie en liefde getuig en mag jy met die hulp van die Heilige Gees 'n nuwe diepte in jou lewe ervaar elke keer wat jy tyd met die Woord van God spandeer.

 Screen Shot 2018 05 14 at 4.02.15 PM

Bid saam

  • Afrikaans (ZA)
  • English (UK)

Website Developed and Hosted by
greendoor 12 - software it and hosting