Lees die volgende stuk teks twee keer deur en deel met mekaar wat vir jou uitstaan in die teks.
Wat behels dit om 'n profeet te wees?
Hoe het dit prakties in die Ou Testament gelyk?
Hoe lyk 'n profeet vandag?
Wanneer jy dink aan die rol van 'n profeet kom dit neer op 'n boodskap van God, het jy al 'n spesifieke boodskap van God ontvang?
Wat maak 'n profesie anders as 'n normale boodskap van God?
Wat maak 'n profesie besonders?
Daar is vier kern elemente wat 'n profesie moet bevat.
1 - Dit moet in lyn wees met die Woord van God.
Iemand kan byvoorbeeld nie vir jou 'n woord gee wat jou sal aanmoedig om die tien gebooie te breek nie, soos dat dit reg sal wees om iets te steel as dit is van iemand wat meer as jy het nie.
2 - Dit moet tot verligting wees vir die individu wat die woord ontvang.
Dit moet lig werp op jou huidige omstandighede en jou help om dit bietjie beter te verstaan.
3 - Dit moet jou plek in God se plan bevestig, met ander woorde, die Here se plan met jou lewe versterk.
4 - Dit sal vir jou vrede gee, nie vrees nie.
Bespreek hierdie vier elemente van 'n profetiese woord.
Spesifiek wanneer jy woord ontvang om vir iemand te gee asook woord ontvang van iemand af.
Een van die moeilikste aspekte wanneer 'n mens woord ontvang het is die tyd aspek...
Mag jy leer om op die Here te wag, soos die wagte op die more wag, maar ook om dit voortdurend aan die Here se Woord te toets. Bid ook saam met ander gelowiges daaroor en soek die Here se wil.
Hoekom is hierdie proses so moeilik?
Lees weer Handelinge 2:21
Wat staan vir jou uit in hierdie vers?
Watter rol het ons elkeen om dit te bewerkstellig in terme van ons rol as profeet?
Die kern van ons rol as profeet is om vir alle mense om ons te vertel van Jesus se liefde vir hulle.
Een van die naweek wat verby is se lesse oor liefde het gekom vanuit 1 Johannes 4:7-10 waar Biskop Michael Curry ons herinner het hoe kragtig die liefde is. Liefde en die verkondiging daarvan deur profete los mense nooit onveranderd.
Mense soos die moordenaar langs Jesus se kruis - Lukas 23
Die vrou wat op owerspel betrap is - Johannes 4
Die tollenaar - Lukas 19
Onskuldige kinders - Matteus 18
Waar roep die Here jou om 'n profeet te wees vir die mense om jou? Om hulle te vertel van die liefde wat God vir elkeen van hulle persoonlik het?
Mag jy opnuut besef jy is 'n profeet!
Mag jy opnuut besef hoe belangrike 'n Goddelike woord is!
Mag jy opnuut jou rol speel en God se liefdesboodskap deel met die mense om jou!
Bid saam