Wanneer jy dink aan die "berge" in jou lewe - die uitdagings wat voor jou lĂȘ - hoe sou jy hulle beskryf?
Hoe sal jy die geestelike "berge" (die uitdagings) in jou lewe beskryf?
Wanneer jy dink aan die dissipels wat saam met Jesus gewandel het vir 3 jaar hoe het hulle "berge" gelyk?
Lees die volgende stuk teks:
Wat staan vir jou uit in hierdie teks as jy dink aan geestelike "berge"?
Hoekom is hierdie stuk teks so moeilik?
Wat het ek en jy verniet by Jesus ontvang?
Wat is die hoof rede (die berg) wat ons laat sukkel om dit verniet weg te gee?
Wat keer jou? Wat sien en ervaar jy tans as 'n geestelike "berg"?
Elkeen van ons is op ons eie pad.
As ons vers 8 weer lees, besef ons dit is nie 'n opsionele versoek nie.
Dis 'n imperatief - 'n opdrag om alles wat ons verniet ontvang van Jesus weer verniet te deel.
Waar op jou huidige pad wat jy stap kan jy meer deel na ander toe?
Wat is die berge wat jou keer?
Twee van die stories in die Bybel wat ons versterk om geestelike "berge" te oorkom is die storie van Simson wat deur die Gees versterk is om 'n leeu te beveg en Petrus wat versterk is om op te staan en te begin preek. Die resultaat ... 'n dooie leeu en 3000 mense wat tot bekering gekom het!
Hoe vertrou mens meer op die Heilige Gees?
Hoe raak die eie ek minder en die Heilige Gees meer?
Lees die volgende stuk teks:
Wat staan vir jou uit in hierdie stuk teks as jy dink aan geestelike "berge"?
Hoekom dink jy raak Jesus hier ongeduldig met die dissipels?
Soveel keer stuur ons iemand anders om te gaan bid, het jy al ooit probeer om dit self uit geloof en onder leiding van die Helige Gees te doen?
Waar in jou lewe is daar areas waar jy meer onder die leiding van die Heilige Gees jou geestelike "berge" moet klim?
Waar het jy dalk jou eie beperkings op die werk van die Helige Gees ingestel wat jy opnuut moet gaan ondersoek?
(Byvoorbeeld, "Ek kan nie vir siek mense bid nie, hul gaan elkgeval nie gesond word as ek bid nie".)
Lees die volgende stuk teks:
Hoe versterk hierdie teks jou om jou Goddelike roeping te gehoorsaam?
Sluit jou groep vir hierdie week af deur die volgende stuk teks saam te bid:
Wat hoor jy in hierdie teks wat jy voor moet bid in terme van jou geestelike "berge" en hoe die Heilige Gees jou kan versterk om hierdie berge te klim?
Kyk die volgende clip:
Bid saam...