Lees 2 Korintiƫrs 3:18
Wat staan vir jou uit in hierdie teks?
Ek en jy word geroep om God se "heerlikheid" te weerkaats.
Hoe lyk dit prakties?
Wat het mens nodig om dit te kan doen?
Lees Genesis 1:27-28
Wat staan vir jou hier uit?
"Tselem" is die Hebreeuse woord wat gebruik word vir die beeld van God. Elkeen van ons is geskep om God te weerkaats.
Ons lees in Genesis 2:7 dat God sy lewensgewende asem (in Hebreeus "neshomah") in ons ingeblaas het - hierdie asem is die vermoƫ wat God aan elkeen gee om 'n mede-skepper te wees.
Dit vra van ons om alles wat ons het oor te gee aan God.
Lees 2 Konings 4:1-7. Die weduwee was gehoorsaam, sy het letterlik haar alles uitgegooi.
Ons lees in Matteus 14:17 van 'n seuntjie wat al 5 sy brode en altwee visse vir Jesus gegee het.
Wat keer jou om jou alles vir die Here te gee?
Waarvoor is jy bang?
Wat het jy wat jy vir die Here kan gee?
Johannes 15:5-6 leer ons hoe om jou alles aan die Here te gee.
Waarin is jy tans gewortel?
Van die moeilikste gebede is, "Buig my, O Here".
"Here, hier is my alles, alles vir U..."
God is getrou... dink weer aan die Matteus 14:7 en 2 Konings 4:1-7
Lees llLl Lees Filippense 2:5-8
Wat staan vir jou uit in hierdie teks gedeelte spesifiek vers 8?
Wat maak dit so moeilik?
Wat maak dit maklik?
Mag jy groei in jou gehoorsaamheid.
Mag jy groei in jou verstaan van God se Woord.
Mag jy groei in jou verstaan van jou rol op aarde.
Bid saam