As jy die hartklop van die evangelie van Jesus Christus in een sin moes kommunikeer - wat sou dit wees?
Lees die volgende stuk teks:
Wat staan vir jou uit in hierdie teks?
Wat maak God se liefde anders as die wêreld se liefde?
Een van die kenmerkende eienskappe van die liefde is dat dit universieël oor alle grense kommunikeer.
Kyk die volgende clip (click op die rooi)
Wat staan vir jou uit in hierdie clip?
Wanneer ons Jesus se liefde as die hartklop van die evangelie bestempel - hoekom sukkel die wêreld daarbuite om dit in soveel gelowiges se lewens te sien?
Wanneer ons die Bybel lees is dit belangrik om nie net enkele verse of selfs hoofstukke, buite hul konteks, te lees nie. Paulus skryf die brief aan Korinte omdat hierdie gemeente baie meer klem op ander aspekte van kerkwees lê as die liefde... Hierdie gemeente het baie meer klem op die inhoud en praktyk van kerkwees gelê soos vervat in 1 Korintiërs 12 en 14.
Om hierdie rede verpak Paulus die liefde hoofstuk van 1 Korintiërs 13 tussen 1 Korintiërs 12 en 14.
Lees die volgende stuk teks:
Wat staan vir jou uit in hierdie hoofstuk?
Hoe sou dit lyk as 'n gemeente meer klem lê op hierdie hoofstuk as op die liefde?
Lees die volgende stuk teks:
Wat staan vir jou uit in hierdie hoofstuk?
Hoe sou dit lyk as 'n gemeente meer klem lê op hoofstuk 12 en 14 se praktyke eerder as die liefde?
Hoekom dink jy is dit vir Paulus so belangrik om die gemeente in Korinte terug te bring na die hartklop van die evangelie?
Jesus word ook met hierdie tema gekonfronteer in Markus 12 - Sy antwoord kom terug na "die liefde"...
Mag jou liefde vir God, jouself en vir jou naaste oorgaan in al die mooi aspekte van 1 Korintiërs 12 en 14
Mag Romeine 5:5 vir jou elke dag 'n werklikheid wees: "God het Sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het"
Gaan leef die hartklop van die Evangelie vandag uit!
Bid saam