Hoe lyk jou verhouding met Jesus?
Glo jy dit is moontlik om 'n verhouding met Jesus te hê soos die van die Apostels?
As dit kom by ons verhouding met God plaas ons in baie gevalle onsself in die verkeerde rol in die verhouding. DIt is belangrik om te weet wat God vir ons sê oor wie Hy is en wat Hy vir ons doen en dat dit ons inspireer om dit die kern van ons verhouding met Hom te maak.
Hoe praat jy met God? (gebed, formeel, informeel...)
Hoe praat God met jou?
Dink jy dit hang van jou af of God met jou gaan praat of nie?
Wat dink jy kan jy meer doen om God te "hoor"?
Lees 1 Johannes 4:7-19
Hoe leer ons God ken?
Is dit iets wat ons kan doen?
Wat beteken dit om "mekaar lief te hê"?
Hoe ervaar jy die liefde van God?
Hoe moet jy teen ander optree om aan hulle te bevestig dat God hulle lief het?
Hoe dink jy kan ons ander help om die Here te ken (te aanskou)?
God se liefde is soos 'n storm. In die storm is niks anders meer belangrik nie. 'n Storm het 'n manier om jou te laat vergeet van jou omstandighede - jy gebruik eerder jou energie om ander oor die storm te waarsku. Jou aardse probleme en bekommernis verdwyn. Jy kan nie die groote van die storm bepaal nie en daar is niks wat jy kan doen om meer van die storm te kry of die storm weg te laat gaan nie.
God is lief vir jou.
God is hier.
Lees Johannes 15:12-17
As 'n pa sy kind in die lug gooi is daar niks wat die kind kan doen dat die pa hom nie sal vang nie. Daar is ook niks wat die kind hoef te doen dat die pa hom sal vang nie.
God se liefde is nie gebaseer op ons dade en aksies nie, maar op God, op wie Hy is en wat Hy doen.
Hoe sê Johannes 15:12-17 moet ons mekaar liefhê? (teoreties en prakties)
Hoe kan ons liefde vir ons naaste ander help om God beter te leer ken?
Is hierdie "liefde" iets wat jy doen of eerder deel van wie jy is?
Van waar af kom hierdie liefde en hoeveel beheer moet ons oor dit hê?
Glo jy dit is moontlik om hierdie liefde te verstaan en wat leer dit jou oor hoe jy te werk moet gaan om ander so lief te hê?
Lees 2 Korintiers 12:9 saam.
Wat verstaan jy onder die term "genoeg"?
Hoe moet die wete dat God se genade genoeg is jou dade en jou verstaan van die liefde van God bepaal?
Hoe kan jy "swakker" word sodat God se krag meer in jou kan werK?
Waar in jou lewe wil God kragtig in Sy liefde deur jou werk?
God roep elkeen van ons irrelevant van waar jy jou mag bevind. Dit is jou verantwoordelikheid om te weet dat Hy lief is vir jou en teenwoordig is. Al wat ons hoef te doen is om Hom spasie in ons lewens te gee om met ons te werk en dan gehoorsaam te wees.
God is hier.
Bid saam