Wanneer jy die uitdrukking lees, "hoor is goed, maar doen is beter", wat staan vir jou persoonlik uit?
Kyk na die bekende skildery van Leonardo en die konneksie tussen God en die mensdom hierbo.
Daar is soveel instruksies wat God vir ons gee deur Sy woord.
Hierdie instruksies is vir God se kinders - hoe lyk jou gehoorsaamheid aan God se instruksies?
God gee aan Moses die tien gebooie op die berg, hierdie is spesifiek gerig op Sy volk.
Hoe reageer ons wanneer ons hierdie gebooie lees in Eksodus 20?
Lees die volgende stuk teks:
Wat staan vir jou uit in hierdie stuk teks?
Lees weer vers 22 - wat is die kern van vers 22?
Was jy al in die kerk, kleingroep of besig om Bybel te lees wanneer jy iets spesifiek hoor by die Here.
Jy het in hierdie oomblik dalk 'n warm gevoel gekry van die Here wat met jou praat, jou bewus maak van iets wat nie reg is in jou lewe nie.
Dit was amper asof die Here spesifiek net met jou gepraat het.
Waar het jy bewus geword dat die Here met jou praat en dan nadat jy dit gehoor het nie oorgegaan in aksie nie?
Baie gelowiges sien hierdie proses waar hulle die Here hoor as die einde van die opdrag, maar daar is meer.
Ons moet gaan doen wat ons hoor.
Baie gelowiges sien dit as die einde van die reis met God en verwag dan vergoeding vir die proses van hoor.
Daar is meer ...
Lees die volgende stuk teks:
Wat staan vir jou uit in hierdie teks gedeelte?
Wat maak die proses so dodelik as jy dink aan die woorde van Jakobus 1:23-24?
Wat is die effek van net hoor en "in die spieël kyk" maar nie oorgaan na aksie nie?
Lees die volgende stuk teks:
Wat staan vir jou uit in hierdie teks?
Wat is die effek van hoor en doen?
"Hy sal gelukkig wees" kan ook vertaal word met "xara" wat "vreugde" beteken.
Die bergrede sluit af met die volgende vers - lees Matteus 7:24.
Mag jy opnuut handel volgens wat God vir jou sê.
Mag jy opnuut besef dat geloof wat nie oorgaan in aksie nie is dood.
Mag jy opnuut hoor en doen!
Bid saam