Wat is die doel van die strepies-kode?
Gestel jy het een blikkie baked beans en een blikkie bully beef – hoekom sal hulle nooit dieselfde strepies-kode ophê nie?
Kan ek die baked beans na bully beef verander deur net die ander blikkie se strepieskode daarop te plak?
Baie Christene dink so oor hulle geloof: Ek hoef net ’n paar Christelike rituele te doen van tyd tot tyd of aan ’n geloofsgemeenskap te behoort om gered te wees en eendag Hemel toe te gaan; my hart en my leefstyl hoef nie saam te verander nie – m.a.w. ek het die strepies-kode van ’n Christen, maar die inhoud van my ‘blikkie’ hoef nie ooreen te stem nie.
Dit gaan vir God in die eerste plek oor WIE jy is aan die binnekant – die regte WIE sal die regte WAT doen.
Lees saam:
Wat hoor jy in die teks?
Watter kommentaar lewer dit op die sogenaamde ‘Sondags-Christenskap’?
Hoekom keer hierdie tipe Christenskap mense om Jesus aan te neem?
Wat dink jy van die slagspreuk: “Christians aren’t perfect, just forgiven?”
Beteken die feit dat ons vergewe is o.g.v. ons geloof in Jesus, dat ons nie hoef te strewe na perfeksie nie?
Wat beteken hierdie aanhaling vir jou?
Hoekom dink jy is daar soveel Christene wat net aan die ‘minimum vereistes’ voldoen en nie gedissiplineerd strewe om geestelik te groei nie?
Dink gou waar jy verlede jaar op jou geestelike reis was – het jy gegroei? gestagneer? Sukkel jy nog met dieselfde goed, of het jy nuwe uitdagings?
Die probleem is dat baie Christene dink die ‘pay-out’ van ons geloof skop eers in na die dood = ewige lewe, Hemel, God se teenwoordigheid en is hulle daarom tevrede met ’n minimum-onder-die-radar Christenskap. Jesus het egter in Joh. 10:10 gesê dat Hy gekom het sodat ons lewe in oorvloed kan hê – nou, hier – deur te leef soos Hy ons geleer het om te leef. Baie Christene mis die kans om nou reeds ’n ewige-tipe-lewe te leef.
Stem jy saam hiermee? Hoekom/hoekom nie?
Jesus het gesê: “Bekeer julle want die Koninkryk van die Hemel het naby gekom.” M.a.w. geloof hou nouliks verband met ’n sekere tipe leefstyl. Die vroeë Christene het die wêreld verander nie deur die verkondiging van teologie nie, maar die naleef van dit wat Jesus hulle geleer het.
Droom saam: hoe sal Windhoek en Namibië se probleme anders lyk as elkeen wat meen dat hy/sy ’n Christen is, begin leef soos ’n Christen?