aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

Sessies

Rus 'n bietjie

Screen Shot 2018 09 10 at 12.00.10 PM

Lees Jakobus 1:22- wat staan vir jou uit van hierdie vers?

Hoekom is dit so belangrik om nie net te hoor nie, maar ook te doen?

Ons is besig met 'n reeks om te hoor en doen.

Wanneer laas het jy gerus? 

Hoe lyk jou rus dag in jou weeklikse ritme?

Screen Shot 2018 09 10 at 12.05.39 PM

Wanneer ons aan die wêreld dink en die manier waar mens net meer en meer moet doen met minder en minder tyd - is ons as gelowiges se verstaan van tyd baie belangrik - omrede God self ook 'n gereelde rusdag ingestel het in Genesis 2:1-3. Hoekom sien baie mense dit as teen die normale vloei van die lewe?

Screen Shot 2018 09 10 at 12.14.43 PM

Een van die nadele van menswees is dat soveel mense dink hulle is immuun teen uitbranding. Die realiteit is dat niemand 'n bate is as hy of sy uitgebrand het nie.

Tog dink soveel mense dat hul besige program 'n status simbool is. Hoe kan mens jouself en ander beskerm teen hierdie gevaar?

Screen Shot 2018 09 10 at 12.14.54 PM

Lees die volgende 3 hoofstukke in die Bybel:

Screen Shot 2018 09 10 at 12.15.11 PM

Wat staan vir jou uit in die storie van Elia veral as jy dink aan 19:1-5?

Hoekom dink jy het Elia uitgebrand?

Lang afstand atelete noem dit "hitting the wall". Wat is daar tans in jou lewe wat jy meer of minder van moet doen sodat jy nie die "wall" tref soos Elia nie?

Screen Shot 2018 09 10 at 12.15.21 PM

Hoekom is 'n gereelde rusdag belangrik vir gelowiges?

Hoe lyk dit prakties?

Lees die volgende stuk teks:

Screen Shot 2018 09 10 at 1.15.48 PM

  Wat staan vir jou uit in die manier hoe Jesus gerus het?

Wat keer jou om te rus?

 

Mag jy opnuut besef dat te besig wees nie 'n geskenk van God is nie - dit lei net tot uitbranding.

Mag jy opnuut besef hoe belangrik rus is.

Onthou om rus deel te maak van jou weeklikse ritme.

Screen Shot 2018 09 10 at 1.16.13 PM

Bid saam

  • Afrikaans (ZA)
  • English (UK)

Website Developed and Hosted by
greendoor 12 - software it and hosting