aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

Sessies

Jy KIES wat jy in die gaping sit

 

Hoe ervaar julle die beginsels (of Life Apps) waaroor ons die laaste paar weke gesels?

Watter een van die beginsels tot dusvêr het julle die meeste mee gesukkel - Vergifnis, Skuldbelydenis, Rus ...?

Hierdie week praat ons oor vertroue. Wat veroorsaak dat ons sukkel om mense te vertrou?

Lees saam 1 Korintiers 13:4-7

In jou sterkste verhouding, hoeveel van hierdie beginsels kan jy afmerk?

In jou swakste verhouding, hoeveel van hierdie beginsels kan jy afmerk?

Vers 7 gee vier baie kort belangrike frases: die liefde bedek, glo (kan ook met 'vertrou' vertaal word), hoop, verdra alles (kan ook met 'altyd' vertaal word)

Wat maak dat hierdie vier frases so belangrik is vir 'n gesonde verhouding?

In elke verhouding is daar 'n gaping tussen my verwagting van die ander persoon en my ervaring van die ander persoon.

Ons het aannames oor hoe sekere verhoudings moet werk (by die huis, werk, sportveld ens.) en ook verwagtinge dat wanneer iemand iets sê hulle dit so sal doen, maar daardie aannames word meeste van die tyd nie aan voldoen nie en baie keer doen mense nie wat hulle gesê het hulle sal den nie. Wat maak ons dan met die gaping?

Kan iemand jou ooit forseer om 'n sekere reaksie of optrede in die gaping tussen jou verwagting en ervaring te sit?

Paulus redeneer dat ons KIES om die 'beste te glo' wanneer iemand 'n gaping veroorsaak tussen ons verwagting en ons ervaring van hulle, of ons kies om die 'slegste te verwag'.

Om die beste te glo beteken - "ek glo jy het 'n goeie verduideliking vir hoekom daar 'n gaping tussen my verwagting van jou en my ervaring van jou is."

Hoe het dit al verhoudings in jou lewe beïnvloed wanneer jy ervaar het dat die ander persoon jou nie vertrou nie, of agterdogtig is oor jou? Het dit die verhouding goed gedoen?

Paulus sê dat die liefde altyd probeer om die integriteit van 'n verhouding te behou, omdat verhoudings vir ons as mense, en veral vir Christene, so belangrik is - dit beteken ons vreet so bietjie meer op en buig so bietjie meer en gee so bietjie meer toe as die gemiddelde mens. Maar as ons nie meer kan buig nie, dan kies ons om te konfronteer - terwyl ons steeds die beste glo en hoop.

Hier is 5 commitments wat sal help met 'n uitleef van Paulus se raad oor verhoudings - gesels so bietjie oor elkeen en of jy dink dit sal jou kan help of nie.

  • Afrikaans (ZA)
  • English (UK)

Website Developed and Hosted by
greendoor 12 - software it and hosting