Ons maak hierdie week ons reeks klaar wat gebasseer is op Jakobus 1:22 - dit is goed om te hoor, maar beter om te hoor en te doen!
Wat staan vir jou uit in hierdie reeks sover?
Hierdie week fokus ons op "bemoediging" - om iemand eerder te bemoedig as om te kritiseer.
As jy na hierdie volgende beeld kyk - hoekom dink jy is mense eerder geneig om te kritiseer as om te bemoedig?
Wat maak die effek van bemoediging anders as kritiek?
Wat was die effek van goeie bemoediging in jou eie lewe?
Statistiek beklemtoon dat mense 6 keer meer kritiek lewer as bemoediging.
Hoekom dink jy lyk die statistiek so?
Hoe lyk jou eie persoonlike statistiek? Bemoedig jy voor jy kritiseer of kritiseer jy eerder?
Hoe kan mens dit verander?
Lees die volgende stuk teks:
Wat staan vir jou uit in hierdie teks?
Die Griekse woord vir bemoedig is "PARAKALEU".
Wat is die grootste effek van "parakaleu"?
Hoekom dink jy sukkel die meeste mense om ander te bou?
Lees die volgende stuk teks:
Wat stdcd Wat staan vir jou uit in hierdie teks as jy dink aan Goddelike bemoediging?
Wanneer jy dink aan jou eie woorde en jou woorde van kritiek versus woorde van bemoediging, watter invloed dink jy het jy in die volgende drie sirkels?
Jou binnekring mense?
Jou invloed kring (mense wat jy op 'n gereelde basis sien)?
Mense wat jy adhoc of minder gereeld sien?
Kyk die volgende clip: Click op die rooi
Een van die hartseerste goed in baie mense se lewens is wanneer mooi en bemoedigende woorde eers op 'n roudiens of begrafnis oor individue gespreek word.
Moenie wag tot iemand nie meer by jou is nie!
Mag jy in al drie jou invloed kringe mense seën met Goddelike bemoediging.
Bid saam