aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

Sessies

Christen...dis nie wat jy dink nie

Christen 1.1

Sou jy saamstem met een ou se opinie: "Christene is veroordelende, homofobiese, moraliste, wat dink hulle is die enigstes wat hemel toe gaan, en in die geheim lekker kry dat almal anders hel toe gaan"?

Gee jou beste definisie van wat 'n Christen is en behoort te wees?

Hoe het jy 'n Christen geword?

Wat dink jy van die gesegde: "As jy Christen is omdat jy in 'n Christen huis groot geword het kan jy bly wees jy het nie in 'n garage groot geword nie, want dan was jy 'n kar"?

Hier is 'n belangrike waarheid: "As jy wil weet wat iemand bedoel deur wat hulle sê, kyk wat hulle doen" - Ons leef in 'n land waar 80% van die bevolking self-identifiseer as Christene. Wat dink jy is meeste mense se idee van die minimum vereistes om 'n Christen te wees?

Lees saam Handelinge 11:19-30

Christen 1.2

Wat tref jou in hierdie teks?

Kan jy jouself indink om te ly vir jou geloof? Hoe dink jy sou jy dit hanteer het?

In vers 26 staan dat dit in Antiogië was wat Jesus se volgelinge die eerste keer Christene genoem was - wat was hulle genoem voor dit?

Dink jy dit is nodig om onderskeid te tref tussen die naam Christen en die naam Dissipel? Is dit maar net woordspeletjies of lê daar 'n dieper onderskeid?

Wat is jou definisie van 'n 'Dissipel'?

Christen 1.3

Rob Bel het in sy Nooma reeks eenmaal verwys na 'n antieke seën wat jy kon uitspreek oor die dissipel van 'n sekere leermeester of Rabbi: "Mag die stof van jou Rabbi se voetstappe op jou klere val" - wat dink jy het hulle met hierdie seën bedoel?

Wat beteken dit vir ons verhouding met Jesus? Hoe kan ons dissipels wees op so 'n manier dat die denkbeeldige stof van sy voetstappe op ons klere val?

Lees Johannes 13:34-35

Wat kan julle meetbaar-prakties doen hierdie week om so lief te hê dat ander na julle sou kon verwys as Jesus se dissipels?

Kyk die volgende clip die week wat handel oor die stof van 'n Rabbi

Dissipel wees behels stof

Screen Shot 2018 10 10 at 7.23.00 AM

Bid vir mekaar vir die krag om doelgerig dissipels te wees hierdie week

  • Afrikaans (ZA)
  • English (UK)

Website Developed and Hosted by
greendoor 12 - software it and hosting