aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

Sessies

Jou rol as dissipel

 Screen Shot 2018 10 15 at 12.45.59 PM

Wat is die verskil tussen iemand wat net op papier 'n aanduiding gee dat hy of sy 'n Christen is en iemand wat 'n dissipel van Jesus is?

Lees die volgende teks:

Screen Shot 2018 10 15 at 12.46.59 PM

Wat staan vir jou uit in hierdie teks?

Dissipels in die vroeë kerk, die eerste 300 jaar na Jesus Christus, het op 'n baie besonderse manier die samelewing verander. Hierdie verandering is geleef, gespreek as ook gekorrigeer met tye.

Die vroeë kerk was klein groepe mense wat saam met mekaar geleef en gewandel het - hulle was ook baie besorg oor mekaar en het hulle verantwoordelikheid teenoor mekaar baie ernstig opgeneem.

Om hierdie rede het die kerk baie vinnig gegroei en is gelowiges wat as dissipels van Jesus gewandel het hoog geag. 

Screen Shot 2018 10 15 at 12.47.11 PM

 Lees die volgende teks:

 Screen Shot 2018 10 15 at 2.48.52 PM

Wat staan vir jou uit in die manier hoe Paulus die gemeente in Korinte aanmoedig om verantwoordelik mekaar te korrigeer of reg te help?

Wat maak dit moeilik?

Hoekom is verse 12-13 so belangrik in die konteks van dissipelskap en verantwoordelik wees vir mekaar?

Screen Shot 2018 10 15 at 2.04.11 PM

Wanneer jy dink aan die Jesus "brand" en die betekenis en die "brand" krag - hoekom is ons verantwoordelikheid teenoor mekaar se optrede so belangrik?

As jy dink aan die gemeente in Korinte en die 1 Korintiërs 5 teks - hoekom lê Paulus soveel klem op vers 12 en 13?

Wat is die effek van 'n swak "brand"?

Screen Shot 2018 10 15 at 2.06.25 PM

Elkeen wat al deel van 'n gesin was sal weet - elke gesin het sy eie stel reëls en bepalings.

Elke gesin het sy eie manier om jou te korrigeer as jy buite hierdie reëls en bepalinge begin handel.

Wat maak Jesus se dissipels anders in die manier hoe hulle mekaar korrigeer?

Wie is daar in jou lewe wat jy weet 'n dissipel van Jesus is, in wie se lewe jy moet reghelp of korrigeer?

 Screen Shot 2018 10 15 at 12.46.59 PM

Mag jy opnuut hierdie belangrike proses ook vanuit Johannes 13:34-35 doen en praat.

Mag jy opnuut besef hoe belangrik ons as dissipels se dade en woorde in die wêreld is.

Mag jy opnuut streef om in liefde te handel!

Screen Shot 2018 10 15 at 2.12.10 PM

Bid saam

 

  • Afrikaans (ZA)
  • English (UK)

Website Developed and Hosted by
greendoor 12 - software it and hosting