Hoe dink jy het dit gebeur dat Rome, wat die sentrum van Christelike vervolging was teen 65 nC, vandag die stad met die meeste kruise in die wêreld is?
Lees saam, uit verskillende vertalings, die toespraak wat die hele Jesus beweging aan die gang gesit het: Matt 5:1-12
Klink die beskrywing van die tipe mense wat Jesus in sy beweging ingesluit het na die tipe mense wat die magtige Roomse Ryk kon verower, sodat die Christelike geloof sy amptelike ryks-godsdiens geword het?
Hoe dink jy het die dissipels hierdie woorde gevat, hulle wat verwag het dat die Messias 'n militêre en politieke mag sou oprig om Rome te verower?
Jesus gee verder vir hulle twee woordprentjies om vas te lê wat Hy verwag van mense wat deelneem aan sy 'Brand' (Christen) - In Matteus 5:13 sê Hy: "Julle is die sout vir die aarde" - wat beteken dit vir jou?
Wat is al die verskillende toepassings wat hierdie woordprentjie op ons lewe kan hê as jy dink aan al die kwaliteite van sout: preserveermiddel, ontsmettingsmiddel, gee smaak ens.
In Matteus 5:14 sê Jesus: "Julle is die lig vir die wêreld." Hy verwys ook na 'n stad op 'n berg en 'n lamp op 'n lampstaander.
Wat presies bedoel Hy hiermee?
Hoe lyk iemand se lewe wat 'n lig vir die wêreld is?
Jesus meen dat ons lewens en dade so buitengewoon goed moet wees dat dit mense se aandag trek - nie ter wille van onsself nie, maar dat ons op daardie manier mense na die Vader kan wys.
Noem 'n paar praktiese goed wat julle commit om die res van die week te doen om 'sout en lig' te wees.
Sluit af deur mekaar krag toe te bid om hierdie goed te doen.