Hierdie is die derde week wat ons gesels oor die rol van dissipels. Jesus het sy volgelinge dissipels genoem en nie Christene nie.
Dissipels is individue wat intesioneel agter Jesus aan loop en soos Hy leef - 'n lewe waar ander kan sien deur hulle liefde vir ander dat hulle dissipels is.
Lees die volgende stuk teks:
Wat staan vir jou uit in hierdie teks?
Hoe lyk dit prakties as ons hierdie teks sou toepas?
Wanneer ons praat oor Jesus en sy manier van leef is daar twee fasette waarop op hierdie week gaan fokus - genade en waarheid.
Lees die volgende stuk teks:
Wat staan vir jou uit in hierdie teks?
Wat is genade? Wat is waarheid? Hoekom is hierdie twee aspekte van Jesus se bediening so uiteenlopend?
Hoekom is daar spanning tussen genade en waarheid?
Wanneer jy in die moeilikheid is verkies jy baie eerder genade as die naakte waarheid.
Wat is die kern verskil tussen genade en waarheid?
Wanneer ons na Jesus se lewe kyk sien ons keer op keer die spanning tussen genade en waarheid.
Dink weer oor die volgende 3 stories in die Bybel:
Die Samaritaanse vrou in Johannes 4:5-30
Hoe handel Jesus hier in terme van genade en waarheid?
Jesus se interaksie met Matteus die tollenaar?
Jesus se aksies met die vrou wat op owerspel betrap is in Johannes 8?
Wat staan vir jou uit in hierdie drie stories?
Wanneer ons dink aan ons eie aksies wat Jesus en sy liefde moet weerspieël ... hoe doen en leef jy dit?
Lees die volgende stuk teks:
Hierdie teks gaan oor Elisa wat vir koning Joas aanmoedig om sy pyle te skiet - hy word kwaad wanneer die koning nie die pyle aanhou slaan en so volharding toon nie.
Hierdie is een van ons as gelowiges se kern roeping in hierdie lewe - om te verstaan dat ons pyle van genade en waarheid 'n radikale effek in mense se lewens om ons kan hê!
Dus moet ons geen pyle los vir die volgende lewe nie. Elke pyl behels 'n goddelike geleentheid om iemand te konfronteer met die heilige ongemak ...
... die heilige ongemak van genade of waarheid.
Hoe gebruik jy jou pyle tans? Elke pyl wat jy in jou koker los... behels 'n verlies aan 'n heilige ongemak in iemand se lewe.
Mag jy opnuut verstaan hoe belangrik die spanning tussen genade en waarheid is.
Mag jy opnuut leef vanuit jou verhouding as dissipel van Jesus.
Mag jy nooit ophou pyle skiet vir Jesus nie!
Bid saam