aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

Sessies

Hoop in die donker

Hope 1.1

Het jy grootgeword in ’n huis/omgewing waar jy veilig gevoel het om twyfel en vrae na God te bring?

Hoekom dink jy voel dit so ‘scary’ om God te bevraagteken?

Dink jy om God te bevraagteken kan ook iets wees wat jou geloof versterk?

Lees saam Habakuk 1:2-4

Hope 1.2

Wees baie eerlik: het jy al ooit gevoel "as ek God was sou ek dinge darem baie anders gedoen het?"

Vertel van ’n tyd wat jy ervaar het dat jy met God worstel?

Habakuk se naam beteken, "Om te omhels en te worstel". Baie keer ervaar mens iets wat jou op 'n geestelike bergtop plaas - alles is wonderlik - dan gebeur die lewe en die bergtop verander in 'n vallei - vrae, seer, onsekerheid, twyfel - en jy kom by 'n punt wat mens 'n 'geloofskrisis' kan noem. Jy het een van 3 keuses wanneer jy daar kom: 1) Ignoreer die onsekerheid en forseer jouself terug op die bergtop; 2) besluit om weg te loop van God; 3) om God so goed moontlik te omhels, terwyl jy met Hom worstel.

Lees saam Jakobus 1:2-4

Hoe help dit ons persepsie oor moeilike tye?

Die feit is, wanneer ons met God worstel en omhels gaan dinge nie dadelik beter gaan nie - baie keer gaan dit vir lank slegter.

Lees saam Habakuk 1:5-11

Wat antwoord God op Habakuk se klag? Dat Hy dit nou sal laat beter gaan?

Habakuk het een van 3 keuses - om te ignoreer wat rondom hom gebeur, om sy rug op God te draai, of om God te omhels en te worstel

Hope 1.3

Lees saam Habakuk 1:12-13 hieronder en kyk die wisselwerking tussen Habakuk wat met God worstel, maar ook bly omhels.

12U is tog van altyd af daar, Here (omhels); U is my heilige God (omhels); ons sal nie sterwe nie (omhels). U, Here, het die Galdeërs aangestel om die vonnis te voltrek (worstel), U, ons Rots (omhels), het hulle die mag gegee om ons te straf (worstel). 13U oë is te rein om toe te kyk terwyl daar verkeerd gedoen word (omhels), U kan tog nie sien dat daar ellende is en niks doen nie(worstel)!

Wat leer jy uit die manier hoe Habakuk vir God bevraagteken?

Onthou! Dit is moonlik vir 'n toegewyde gelowige om opregte vrae aan God te stel en nogsteeds 'n hegte verhouding met Hom te hê - dit hoef nie net die een of die ander te wees nie!

Hierdie clip beeld die boodskap baie mooi uit deur te verwys na die proses wat 'n saadjie deurgaan om te groei (kliek op die rooi):

https://www.youtube.com/watch?v=4_0G1-hS1QY

Hope 1.4

Bid vir mekaar - as iemand huidiglik in so 'n moeilike situasie is, bid spesifiek vir 'n Habakuk ingesteldheid.

  • Afrikaans (ZA)
  • English (UK)

Website Developed and Hosted by
greendoor 12 - software it and hosting