As jy terug dink aan jou mamma....
Wat behels ma-wees?
Wat is die grootste werk van 'n mamma?
Kyk die volgende clip:(Click op rooi)
Wat staan vir jou uit in die clip as jy dink oor MA-wees?
As jy hierdie aanhaling lees-
"As God jou Vader is, is die kerk jou Moeder"
Watter gedagtes en assosiasies maak jy oor jou kerk?
Wat is die kerk se kern werk?
Lees die volgende teks?
"U leer my hoe om te lewe. By U is daar oorvloedige blydskap. Uit u hand kom net wat mooi is."
As dit die kern werk van die kerk is, onder leiding van die Heilige Gees-
Wat is die kern eienskappe van die kerk jou Moeder?
As jy na hierdie beeld kyk is die rooi individue in die kerk.
Mag jy besef kerk wees stop nie op 'n sondag nie, waar almal wat gelowig saam verkeer nie.
Wat is kern elemente wat sondae by die kerk aangeleer moet word om gedurende die week
wanneer jy kerk moet wees - letterlik Jesus se hande, voete en tong tussen die
nie gelowiges moet wees? (blou individue)
Hoe help hierdie beeld om kerk-wees beter te verstaan?
Lees die volgende teks:
Wat staan vir jou uit as jy hierdie teks lees?
Wat is die effek van die golwe op gelowiges wat nie goed opgelei is tussen die blou individue?
Watter geleenthede kan jy as gelowige mis as jy nie goed groot gemaak is deur jou Ma (die Kerk)?
Van die grootste aspekte wat ons by die Kerk (ons Ma) kan leer is om gehoorsaam te wees
aan die klein opdragte en dinge in die lewe.
Watter klein dinge is jy tans besig om mis te kyk en ongehoorsaam te wees?
Lees die volgende teks:
Dawid moes eers kos neem na sy broers, iets kleins doen voordat hy Goliat kon verslaan.
Baie keer leer jou Ma jou om gehoorsaam te wees aan die klein dinge, sodat jy
die groot reuse kan aan vat-
Waaraan moet jy meer aandag gee, wat jy miskien afgemaak het as iets kleins?
Bid vir God se kerk-
Bid vir die kerk se gehoorsaamheid aan die klein dinge
Bid vir die kerk juis wanneer hulle kerk moet wees in die wêreld tussen ander nie-gelowiges
Amen