aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

Sessies

Staan jy? Lê jy? of Sit jy?

Screen Shot 2017 01 23 at 1.52.04 PM

Wanneer jy dink aan gebed, wat is die eerste gedagtes wat by jou opkom?

Wat dink jy is die beste manier om te bid?

Is daar 'n regte en 'n verkeerde manier om te bid?

Kyk die volgende clip (click op die rooi)

Wat is jou persepsie? Jy mag dalk net verkeerd wees...

Lees die volgende teks gedeelte

Screen Shot 2017 01 25 at 11.27.04 AM

Paulus skryf in al sy pastorale briewe gebede, hy begin die meeste van sy briewe met gebede.

Wat staan vir jou uit van hierdie gebed?

Paulus maak baie van jou houding-

Jou fisiese houding, maar meer belangrik jou geestelike houding

Kyk die volgende clip: (Click op die rooi)

Wat is nederigheid? 

Screen Shot 2017 01 23 at 2.21.53 PM 

Wat staan vir jou uit as jy dink oor jou eie glas?

Hoe lyk jou glas as dit kom by gebed?

Is jy bereid om jou glas leeg te maak?

Waarvan dink jy is jou glas dalk van vol?

Een van die dinge wat jou glas mag van vol kan wees, kan die eie ek wees...

Een van die aspekte van gebed is om te besef dit gaan nie net oor jou eie "van" nie...

Screen Shot 2017 01 23 at 2.25.11 PM

Wanneer laas het jy vir mense om jou gebid?

Wat beteken dit vir jou om vir mense om jou te bid?

PRAY - beteken ...

Screen Shot 2017 01 23 at 2.26.04 PM

Het jy aktief pogings om vir mense reg langs jou te bid?

Wat kan jy doen sodat hierdie mense reg om jou Efesiërs 3:18-19 kan ervaar?

18 Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek.
19 Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God.

Een van die gevaarlikse probleme met gebed is, hoogmoedigheid?

Screen Shot 2017 01 23 at 2.30.17 PM

Gebed se kern handel oor jou hart, wat is jou hartshouding met gebed?

Mag jy ook God se hart klop ervaar in jou gebed

Mag jy ook besef die persone langs jou het ook gebed nodig

Mag jy besef - gebed het 'n kragtige effek - 

Screen Shot 2017 01 23 at 2.31.23 PM

Bid saam

  • Afrikaans (ZA)
  • English (UK)

Website Developed and Hosted by
greendoor 12 - software it and hosting